Friday 28 June 2024

Binnekringnuus: KJSS se dankie vir die Bybelskool

Korrespondent: Ons is dankbaar trots op ons drie kringleiers wat by die Kerk van die Nasarener 'n geleentheid gekry het om hul leierskapsvaardighede te slyp. 

Ons is dankbaar dat elkeen van die inwoners die geleentheid gekry het om die Bybelskool by te woon - die vervelingsfaktor is goed gekelder deur die erns en die luim wat mekaar afgewissel het.

Ons dankie-sê-bydrae kom in die vorm van 'n choc chip-koekie, met 'n boodskap uit die Bybel. Gaan lees dit, glo dit en leef dit! 350 choc chip-koekies het hulle weg gevind na o.a. elke kind, leier, personeel en werker.

Dankie, ds. Johan en Annelie, saam met julle span, vir wyse waarop julle alles georganiseer en gekoördineer het. Leierskap het die fondament vir spangees gevorm. 

Sterkte en seën met julle mooi en goeie werk. 

No comments:

Post a Comment