Showing posts with label Liefde. Show all posts
Showing posts with label Liefde. Show all posts

Wednesday, 19 August 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag God se LIEFDE 
jou omring.
Sy SEËNINGE 
jou verstom.
Sy GENADE 
jou verbly! 
Vreugde vir jou!

Wednesday, 12 August 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Jy kan vandag rustig wees,
want jy is 
WAARDEVOL,
DUUR gekoop,
HOOG geag,
KOSBAAR,
want Jesus het jou
LIEF! 

Wednesday, 15 July 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag vandag 'n herinnering wees
aan God se
eindelose SEËNINGE.
Mag jy elke oomblik, 
Sy TEENWOORDIGHEID en
LIEFDE aanvoel rondom jou. 
Stap vorentoe met MOED,
want jy is nooit ALLEEN
op hierdie lewensreis nie!

Wednesday, 24 June 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag hierdie oggend vir jou
VREDE in jou hart
DANKBAARHEID in jou siel 
en SEËNINGE
in elke oomblik bring.  
Loop met HOOP
Leef met LIEFDE 
en VERTROU dat God
jou elke tree BESKERM.

Friday, 29 May 2026

Wednesday, 27 May 2026

Rosetta se goeie wense

Liefde ontstaan uit 'n gevoel van 
barmhartigheid, 
medelye, 
van waarlik omgee vir andere, 
en 'n diep begeerte om hulle gelukkig te sien.

Wednesday, 20 May 2026

Rosetta se goeie wense

Vriendelikheid kos so min, 
en is tog so kragtig 
dat dit mense se woede kan stil, 
hul pyn kan versag, 
en hul help om hulself as waardevolle kinders 
van 'n Hemelse Vader te sien.

Wednesday, 3 December 2025

Rosetta se goeie wense: Blye Boodskap


Desember is die laaste hoofstuk van die jaar.
Mag die Blye Boodskap elke bladsy
vul en jy die grootste geskenk Jesus,
daagliks teen jou hart vasdruk en
koester met oneindige dankbaarheid. 

Wednesday, 19 November 2025

Rosetta se goeie wense: "n Seker wete ...

Jou Vader is getrou in sy liefde en beskerming teenoor jou. Dit is sy belofte aan ons. Gaan leef vandag en elke dag hierna met dié stuk vrede in jou hart. Hou my styf vas, asseblief, Here.

Wednesday, 5 November 2025

Rosetta se goeie wense: Verander is selde maklik


Is jy in 'n groef?
En dit is selde welkom, 
maar is soms absoluut nodig.
As daar geen veranderings in jou gemaak word nie, 
kan jy altyd in 'n groef bly.
Groewe word dieper en dieper en moeiliker om daar uit te kom.
Jy wil nie regtig in 'n groef verval 
totdat jy in 'n graf beland nie?
Want die enigste verskil tussen 'n groef en 'n graf is die afmetings ...

Wednesday, 29 October 2025

Rosetta se goeie wense: Gee die blomme ...


Gee elke dag dit wat aan 'n mens se hart raak.
Moenie uitstel nie, want môre is dit dalk te laat.
Gee die blomme terwyl hulle lewe,
want môre is dit dalk 'n krans
dan is jy te laat.

Wednesday, 22 October 2025

Rosetta se goeie wense: Toe die dag begin ...


het ek in stilte gebid, 
want die SONSOPKOMS sê vir my:
"Ons Skepper het nog 'n dag se GENADE oor ons uitgestort."

Wednesday, 15 October 2025

Goeie wense vir 'n oulike seuntjie

Rosetta se goeie wense: Toon liefde aan mekaar


Hoe klein is ons aardse wêreld nie teen U Groot Skepping, 
hoe sinloos is ons gejaag 
en hoe kortstondig is ons lewens.
Leer ons waaroor die lewe en die Ewigheid werklik gaan,
laat ons die klein dingetjies meer begin waardeer.
Kom ons toon net liefde aanmekaar, 
die lewe is kort. 
Die dag van môre is nie vir almal bestem nie, 
maar hoe sal ons weet?

Thursday, 21 August 2025

Drie minute dinkstorie: Groot wonderwerk vir ‘n klein boetie


Tessa gaan na haar kamer en agter in haar kas, in ‘n donker klein wegsteekhoekie, haal sy haar glas bottel met al haar spaargeldjies uit. Versigtig gooi sy die kleingeld op haar bed uit en begin die geld te tel. Sy tel die geld drie keer oor, om seker te maak dat die totaal korrek is. Sy gooi die munte terug in die glasbottel en draai die skroefdeksel terug. Versigtig plaas sy die glasbottel in haar rugsak en glip ongesiens by die agterdeur uit. Sy stap ses blokke ver om by die groot apteek in die stad uit te kom.

Geduldig wag sy dat die apteker haar help, maar hy was te besig om haar raak te sien. Tessa skuifel haar voete op die teëlvloer om ‘n skuurgeluid te maak, geen reaksie van die apteker nie. Sy maak op die onaardigste wyse keel skoon, maar steeds geen reaksie nie. Uiteindelik neem sy een van die munte uit haar bottel en tik daarmee op die glas toonbank. Die keer werk dit!
“En wat wil jy hê?” vra die apteker ongeduldig terwyl hy die gesprek met sy broer onderbreek wat kom kuier het. “Ek is besig om met my broer te gesels, wat ek jare laas gesien het,” sê die apteker, sonder om op ‘n antwoord te wag op sy vraag aan Tessa.
“Wel, ek wil met jou gesels oor my broer!,” antwoord Tessa in dieselfde geïrriteerde stemtoon as die apteker. “Hy is regtig baie siek ... ek wil ‘n wonderwerk koop vir hom.”
“Verskoon tog, wat sê jy daar kind?” vra die apteker. “Sy naam is Andries, en hy het iets slegs wat in sy kop groei en my pappa sê slegs ‘n wonderwerk sal hom nou kan red. So, hoeveel kos ‘n wonderwerk hier by julle?”
“Ons verkoop nie wonderwerke hier nie, meisie, ek is jammer ek kan jou nie help nie,” antwoord die apteker in ‘n baie sagter stemtoon.
“Oom, ek het geld om daarvoor te betaal. As dit nie genoeg is nie, sal ek die res in die hande kry. Vertel my tog net ... hoeveel kos so ‘n wonderwerk?”
Die apteker se broer, ‘n welgeklede middeljarige man, was ontroerd deur die klein meisie se pleidooi. Hy stap om die toonbank, gaan buk by die meisie en vra: “Watse soort wonderwerk het jou boetie nodig?”
“Ek weet nie,” antwoord Tessa terwyl die trane opwel in haar klein dogtertjie-oë.”Ek weet net hy is regtig baie siek en mamma sê dat hy ‘n operasie sal nodig hê. Maar my pappa kan nie vir die operasie betaal nie, so ek wil my geld gebruik om vir my boetie ‘n wonderwerk te koop.”
“Hoeveel geld het jy by jou?” vra die apteker se broer.
“Tien rand en vyf en vyftig sent,” antwoord sy in ‘n stemmetjie wat skaars hoorbaar is. “En dit is al die geld wat ek het, maar ek kan nog meer in die hande kry wanneer ek my sakgeld die einde van die maand kry.”
“Wel, wat ‘n toevalligheid is dit nou nie!” glimlag die man. “Tien rand en vyf en vyftig sent - die presiese prys van ‘n wonderwerk vir klein boeties.”
Hy neem Tessa se geld in die een hand en neem haar klein handjie in sy ander hand en sê: “Neem my na waar julle bly. Ek wil jou klein boetie sien en jou ouers ontmoet. Laat ons kan sien of ek die soort wonderwerk het wat jy benodig.”
Die welgeklede man was ‘n chirurg wat gespesialiseer het in neuro-chirurgie. Die operasie is gedoen sonder enige kostes en dit was nie lank daarna nie, toe is klein Andries terug by die huis en blakend gesond.
Ma en Pa het vol vreugde gesels oor hoe wonderlik alles uitgewerk het vir klein Andries. “Daardie operasie,” het Ma gefluister, “was ‘n werklike wonderwerk. Ek wonder wat so ‘n operasie sou gekos het?”
Tessa glimlag. Sy weet presies hoeveel ‘n wonderwerk kos ... tien rand en vyf en vyftig sent ... plus die geloof van ‘n klein kindjie.

‘n Wonderwerk is nie die opheffing van ‘n natuurlike wet nie maar die werking van ‘n hoër wet.

[Geleen op FB]

Wednesday, 9 July 2025

Rosetta se goeie wense: Seënwense


Mag God jou seën
waar jy ookal gaan.
Mag Hy jou lei
met elke besluit wat jy neem.
Mag jou dag gelaai wees
met krag en wysheid,
lag en vreugde,
kalmte en vrede,
en 'n dag wat oorloop van genade.

Wednesday, 2 July 2025

Rosetta se goeie wense: Droom groot ...


Mag die vrede en varsheid
van die Heilige Gees
jou drome en gedagtes oorheers.
Mag daar rustigheid in jou hart wees
en antwoorde op jou gebede.
Mag God se liefde jou koester
en al jou drome waar word.
Droom groot, want jou God is groot.

Thursday, 26 June 2025

Drie minute dinkstorie: Liefde maak ‘n verskil


Maats, ek het hierdie verhaal van ’n Kapenaar raakgelees en dit het my weereens die waarde van onvoorwaardelike liefde en aanvaarding laat besef. Ons daaglikse optrede maak 'n verskil. Ek deel dit graag met julle.

Sabina was elke dag laat vir skool. Soms het sy eers rondom 10:30 by die skool opgedaag.
Haar huiswerk was meestal nie gedoen nie, haar boeke was slordig en syself was geen prentjie van netheid nie. In die klas was sy die een wat oproerigheid veroorsaak het. Die onderwysers het mettertyd begin moed verloor dat sy ooit sal verander. Ná nog ’n hewige oproerig in die klas, het die onderwysers saamgespan en die skoolhoof versoek om Sabina uit die skool te skors. Daar was immers 30 ander klasmaats wat in aanmerking geneem moes word.

Wat hulle egter nie geweet het nie, was dat Sabina se ouers albei alkoholiste was. Wanneer
sy smiddae by die huis aangekom het, was hulle beide reeds dronk. Tussendeur die
konstante rusie in die huisgesin, sou haar pa, wanneer sy wel probeer het om huiswerk te
doen, haar skoolboeke opskeur of in die toilet afspoel. Sabina vertel dat haar toekoms so
donker soos haar hede gelyk het waarvan sy nie kon ontsnap nie.

In stede van ’n skorsing, het die skoolhoof besluit om ’n uitdaging aan Sabina se
onderwysers te gee: Vir een week lank moes hulle alles in hulle vermoë doen om
onvoorwaardelike liefde aan haar te betoon. Die skelwoorde moes plek maak vir woorde
wat motiveer, opbou en inspireer. Hulle moes daarna streef om ’n veilige omgewing vir haar te skep
en haar te laat voel asof hulle haar onvoorwaardelik aanvaar - ten spyte van haar optrede.
 
Dit het na ’n onmoontlike taak geklink. Tog het die onderwysers ingestem om dit vir een
week lank te doen.

Groot was die verrassing toe daar reeds binne ’n paar dae met hulle veranderende houding
teenoor Sabina, ook ’n verandering in haar optrede gemerk kon word.
 
Nie net het sy al vroeër begin skool toe kom nie, haar huiswerk was vir die eerste keer in
maande op datum en soos die een week-uitdaging in weke verander het, het die
onderwysers verstom gestaan oor hoe Sabina van ’n rebel in die klas in ’n presteerder
verander het.

Vandag is Sabina gelukkig getroud en ’n ma van ’n klein seuntjie. Sy het ook ’n suksesvolle
besigheid wat internasionaal sake doen. Wat het die verandering gebring?
 
Onvoorwaardelike liefde en aanvaarding.

Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Dat ons die ekstra myl onvoorwaardelik moet loop.
* Dat my optrede teenoor mense wat my pad kruis, ongelooflik belangrik is.
* Dat ek nie net vriendelik is teenoor mense wat met my vriendelik is nie, maar dat ek ook die boelies, die ongeskiktes en die wat lewensmoeg is, met dieselfde gesindheid sal benader as my beste vriende.
* Besef jy dat God ons elkeen ook onvoorwaardelik liefhet en dat Hy, terwyl ons nog vol
sonde was, sy Seun vir ons gestuur het? In Romeine 5:8 lees ons: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

Wednesday, 25 June 2025

Wednesday, 18 June 2025

Rosetta se goeie wense: Gee om


Dit is nou tyd dat ons
met sagte hande aan mekaar begin vat
met sagte oë na mekaar begin kyk
met sagte tonge met mekaar praat
en 'n daaglikse dosis lag inkry!