Showing posts with label Definisies. Show all posts
Showing posts with label Definisies. Show all posts

Saturday, 27 December 2025

Ruben-humor: Lawwe definisies

* Wat is die definisie van rolskaatse?
Dit is tekkies sonder remme.

* Wat is die definisie van 'n kat?
Iets wat aanmekaar in ander mense se erwe en lewens is, in plaas van in sy eienaar s'n.

* Wat is die definisie van 'n hond?
Iets wat snags verskriklik blaf en hopies probleme skep.

Saturday, 5 July 2025

Ruben-humor: Lawwe definisies

* Wat is die definisie van 'n slak?
Dis 'n slymbal met 'n valhelm op.
 
* Wat is die definisie van 'n snor?
Dis 'n bolip wat uitrafel. 

* Wat is die definisie van 'n tiener?
Iemand wat hom soos 'n peuter gedra wanneer hy nie soos 'n grootmens behandel word nie.

* Wat is die definisie van 'n skinderbek?
Dit is 'n persoon wat nooit 'n leuen sal vertel as die waarheid meer kwaad kan aanrig nie.

Saturday, 7 June 2025

Ruben-humor: Lawwe definisies

* Wat is die definisie van 'n tiener?
Iemand wat alles weet, nie bang is om dit vir die wêreld te vertel nie, maar nie genoeg kennis het om eksamen te skryf nie.

*  Wat is die definisie van 'n kalender?
'n Kaart wat jy volg om by Kersfees uit te kom.

* Wat is die definisie van 'n hond?
'n Vel vol blaf.

* Wat is die definisie van selfvertroue?
Dit is as jy jou Huisgenoot-blokkiesraaisel met pen invul.

Saturday, 17 May 2025

Ruben-humor: Lawwe definisies

* Wat is die definisie van 'n werkende brandweerwa?
Dit is 'n boorgat op wiele.

* Wat is die definisie van somer?
Dit is die tyd wanneer kinders die deure toeklap wat hulle in die winter oopgelos het.

* Wat is die definisie van 'n optimis?
'n Kalkoen wat twee weke voor Kersfees op die werf rondloop en "moe" sê sodat elkeen dit duidelik kan hoor. 

Saturday, 10 May 2025

Ruben-humor: Lawwe definisies

* Wat is die definisie van 'n rosyntjie? 
Dis 'n druiwekorrel wat 'n senuwee-ineenstorting gehad het.

* Wat is die definisie van 'n by?
Dis 'n brommer met 'n rugbytrui aan.

* Wat is die definisie van 'n ambulans?
'n Taxi met diskoligte aan!

* Wat is die definisie van 'n vakansieganger?
Iemand wat baie ver ry om 'n selfie op FB te sit.