Showing posts with label Dankbaarheid. Show all posts
Showing posts with label Dankbaarheid. Show all posts

Wednesday, 24 June 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag hierdie oggend vir jou
VREDE in jou hart
DANKBAARHEID in jou siel 
en SEËNINGE
in elke oomblik bring.  
Loop met HOOP
Leef met LIEFDE 
en VERTROU dat God
jou elke tree BESKERM.

Wednesday, 5 March 2025

Rosetta se goeie wense: Die spoed van een dag


God stap saam met ons
teen die spoed van
een dag op 'n slag.
Hy gee jou vandag se lewe.
Jy het vandag -
nog net vandag ...
net Hy weet van môre.
Gryp vandag aan!
Maak dit vol met vreugde
en dankbaarheid in die Here! 

Wednesday, 4 September 2024

Nasionale sekretaressedag


Sekretaresses en administratiewe personeel is die stille helde en heldinne wat die werk se balle in die lug hou. Dankie aan almal wat 'n bydrae lewer om Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se admin op datum te hou. Vandag betuig ons ons dankbaarheid. Hulle is die ruggraat van die werkplek en sonder hulle sou ons nie so vlot kon funksioneer nie.

Sunday, 4 August 2024

Gebed vir my kind

Liewe Vader, as my kind gaan slim wees, gee ons die genade om dankbaar te wees, sonder om te spog.
Want wie is ons, liewe Heer, om ons kind se talente te adverteer asof ons self met die uitdeling daarvan te make gehad het?

En as hy nie slim is nie en hy doen sy bes sonder sukses, wil U ons ook daarmee tevrede maak.
Want wie is ons dat ons kindjie die uitverkorene aan die toppunt van die klas moet wees?

As U hom eendag 'n groot man wil maak, Here, wil U hom nie so belangrik laat voel dat hy in die lig van 'n ander sal wil staan nie. 
En Vader, as U vir my kindjie 'n klein, nietige plekkie in die lewe
voorberei het, laat hom met waardigheid ook sy nederige taak vervul. Want ook in hom het U Uself verheerlik deur hom na U beeld te skape.

Mag geen voetpad vir hom so
moeiteloos kronkel dat hy nie
deur sy fout kan leer nie;
en geen berg so steil dat hy U
nie eendag op die top daarvan
sal kan vind nie.

Sunday, 21 July 2024

Waak teen 'n vitamientekort

Ons almal het vitamiene nodig in ons liggaam, al is party belangriker as ander.

Vitamiene A:
... vir Aanmoediging en Inspirasie vir elke dag.

Vitamiene B:
... vir Blydskap - glimlag gerus so nou en dan vir iemand! Jy maak dalk net iemand se dag.

Vitamiene D:
... vir Dankbaarheid - wees dankbaar vir alles wat jy het waarmee God jou geseën het.

Vitamiene E:
... wees Eg en Eerlik met jouself en met almal wat jou pad kruis. Eerlikheid is die pad na enige iemand se respek.

Maar
Vitamiene C is die belangrikste

Vitamiene C:

... jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee.

Wednesday, 22 May 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag jy altyd onthou dat ten spyte van:
ekonomiese krisisse,
oorloë en gerugte van oorloë,
beurtkrag en beurtwater,
ons nog ontelbare seëninge het
waarvoor ons dankbaar kan wees.

Wednesday, 8 May 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag jy vandag dankbaarheid ervaar:
Dankbaar vir die mense wat lief is vir jou.
Dankbaar vir jou gesondheid.
Dankbaar vir geluk en vrede.
Leef dankbaar!

Friday, 22 September 2023

Ouers: Alle kinders kan 'n vyfsterkind wees


Baie ouers wil graag weet wat die drie belangrikste dinge is wat enige ouer vir sy of haar kind kan leer? Hierdie drie dinge het niks met geld, rykdom of aansien te doen nie. Kinders met hierdie drie skaars eienskappe, sal uitstaan tussen die middelmatigheid van die ander wat tans die botoon voer. 
  1. Respek
  2. Dankbaarheid
  3. Eerlikheid  
  • Leer jou kind om almal wat sy of haar pad kruis met respek te behandel.
  • Leer jou kind om dankbaar te wees vir dit wat hulle het - daar is altyd mense wat minder het. Materiële besittings maak nie van jou 'n beter mens nie. Die innerlike is baie belangriker as die uiterlike. 'n Baie moeilike maar waardevolle eienskap om vir jou kind te leer.
  • Wees altyd eerlik. (Hierdie is die moeilikste, maar ook die waardevolste eienskap wat jou kind kan besit - hulle sal baie meer as een keer sy of haar man moet kan staan om hulle eerlikheid te bewys.)   
Hierdie drie eienskappe maak van jou kind 'n wenner. Maak van jou kind 'n kampioen as jy as ouer vir hom kan leer om uit sy foute te leer en om nooit op te gee nie.