Showing posts with label Drukkie. Show all posts
Showing posts with label Drukkie. Show all posts

Wednesday, 21 January 2026

Nasionale drukkie-dag: Die waarde van 'n drukkie

Waar woorde misluk, kan 'n drukkie vir ons kinders sê:
* "Ek het jou liewer as wat woorde ooit kan sê."
* "Jy het ons aanvaarding, selfs wanneer jy misluk."
* "Ek geniet jou en jy verskaf my soveel vreugde."

Dit lyk so eenvoudig , maar 'n drukkie kan soveel meer sê as wat ons besef.
Gaan uit jou pad om almal wat jou pad vandag kruis, 'n drukkie te gee!!

[Bron: JUIG! Tydskrif: Mei 2024]

Monday, 22 December 2025

Die waarde van 'n drukkie

Het jy al ooit gewonder ... wat in 'n hartlike drukkie opgesluit is? Is dit bloot 'n gebruiklike groet, 'n bond van vertroosting of 'n gebaar om te wys dat ons omgee? Watter betekenis dra die vlugtige drukkie? Wel, dit blyk dat ouers se drukkies vir hul kinders groot gewig dra. 

In die Skrif sien ons die diepgaande uitwerking van 'n vader se omhelsing in die gelykenis van die verlore seun (Luk. 15). 'n Eenvoudige drukkie was instrumenteel om die innerlike konflik van die eiesinnige seun tot bedaring te bring en het gedien as 'n tasbare versekering van sy pa se onwrikbare liefde.

As jy 'n ouer is, en dit spreek tot jou, knyp vandag 'n tydjie af om jou kind 'n stywe drukkie te gee. Ons kinders het nie nog 'n lesing of 'n streng berisping nodig nie, wat hulle nodig het, is om die Evangelie van genade te ervaar.

[Bron: JUIG! Tydskrif: Mei 2024]