Showing posts with label Boodskap. Show all posts
Showing posts with label Boodskap. Show all posts

Tuesday, 18 February 2025

Ruben sê dankie vir sy verjaardagboodskappe


Liewe Maats 

Hierdie is net 'n kort briefie om vir julle dankie te sê vir die goeie verjaardagwense. Ek is skoon verras met die stortvloed van boodskappe. Dankie vir al die WA's wat ek op my mensma se foon gekry het. Elke een wat my op die stoep of in die tuin raakgeloop het, het vir my 'n kloppie op die rug gegee of my tussen die ore gevryf. Die belangstelling was verstommend. En dadelik het dit my getref: GESINDHEID! Wedersydse gesindheid teenoor mekaar maak die verskil. Julle goeie gesindheid teenoor my maak 'n verskil in my lewe.

Ek het werklik geliefd gevoel en om die dag af te kon hê, was al klaar vir my 'n groot present. Ek het egter nie my waaksaamheid verslap nie. Dis mos deel van my DNA en ek het nog steeds met gespitste ore deur die dag gegaan. 

Ek het vir tannie Christelle gevra om my verjaardagpartytjie klein te hou en 'n bietjie uit te stel. Na almal se vreugde, opgewondenheid en uitgelatenheid met Valentynsdag, gaan julle nie my verjaardagpartytjie met dieselfde entoesiasme benader nie. My verjaardag-in-aksie lê nog voor. Intussen suurdeeg ek sekere gedagtes by die inwoners wat met my kom hartsake gesels.

Ek het besluit my verjaardagpartytjie se tema moet gesindheid of gesindhede wees. Ek het besef hoe belangrik gesindheid is, veral in 'n koshuis soos hier by ons. Ons is een groot familie, elkeen met sy eie drome, probleme, agtergrond en aanpassingshekkies wat ons moet leer om te oorkom. Daarom moet ons ook mekaar help en dit vir mekaar makliker maak, al moet ons ook van ons kant af opoffferinge doen. Dink julle maats dat dit 'n goeie tema is? Julle moet weet in Petrusburg, my geboorteplek, is goeie karaktereienskappe by ons ingedril. My ouma Annie het gereeld gesê dat die dag wanneer ons die huis verlaat, word ons 'n lopende, blaffende en knorrende advertensie vir ons ouerhuis. My en Tommie se optrede op ander plekke weerspieël wat die wêreld van die jongmense van Petrusburg gaan dink.

As dinge in jou lewe sleg gaan, of die lewe se probleme en ongelukkigheid druk swaar op jou hart, kom praat met my. As ek nie op en af draf langs die heining om die pad te inspekteer nie, kan ons lekker op die gras onder die koelteboom sit en kuier. Ek is 'n baie goeie luisteraar en ek blaf nie mense se geheime uit nie. As van die kinders jou wegstoot, baklei of sleg behandel, skok hulle met jou gesindheid. Dis nie maklik nie, maar ek kan jou daarmee help en vir jou 'n bietjie van raad bedien. Onthou, ek het ook maar probleme gehad, ek was dikwels my blaf belet, ek was ook geboelie, maar my ondersteuningstruktuur het my deur hierdie kniehalterende probleme gedra. Wees mekaar se ondersteuningstruktuur.   

Maats, ek wil nie vir julle preek nie, maar ek is besig om vir Tommie die belangrikheid van goeie gesindheid te leer. En as julle my daarmee kan help, sodat Tommie kan sien hoe praat, speel en ondersteun outjies mekaar wat 'n positiewe gesindheid het, sal dit my werk ook makliker maak. Dis juis Tommie se opvoeding, die deel waarvoor ek verantwoordelik is, wat my aan die dink gesit het.

Op hierdie punt, my liewe maats, vra ek voorstelle vir my verjaardaggeselligheid. Hoe kan ek my tema gebruik dat ons hope pret en plesier kan hê, maar terselftertyd ook die Ruben-lewenslesse vir altyd sal onthou???    

Dankie, Petrusburg, vir die lekker koubene wat Courier Guy vir my afgelewer het. Tannie Christelle bêre dit vir my in die vrieskas en as ek op 'n Saterdag of Sondag wil herkou aan dinge wat my pla, dan kan ek dit al kouende aan 'n been doen.    

Maats, mag julle positiewe gesindheid die res van die week blom.

Ruben-groete tot 'n volgende keer!


Sunday, 2 February 2025

Die vurk


‘n Jong meisie is met ‘n terminale siekte gediagnoseer. Menslik gesproke het sy nog drie maande om te leef. Sy begin dadelik om haar sake in orde te kry. In ‘n gesprek met haar predikant versoek sy watter liedere sy graag op haar begrafnis wil laat sing, asook die skrifgedeelte wat hy moet lees.

Toe die predikant groet, onthou sy nog iets wat vir haar baie belangrik is. “Daar is nog iets, Dominee.” “Wat is dit?” 
“Ek wil graag met ‘n vurk in my hand begrawe word. Dis vir my baie belangrik.” 
Die predikant lyk verdwaas. “Wat ‘n eienaardige versoek”.
“By die restaurante waar ek al sosiale funksies bygewoon het, het iemand na die hoofdis, wanneer die eetgerei weggeneem word, gefluister: “Hou jou vurk.” Dan het ek geweet daar is nog iets heerlik wat gaan kom, soos veerligte sjokoladekoek of besonderse appeltert. So wil ek graag hê die mense moet my in my kis sien met ‘n vurk in my hand. Ek wil hê elkeen moet wonder en vra: “En die vurk? Waarvoor is dit?” Dan moet u antwoord: “Hou jou vurk, as jou saak met die Here reg is, kom die beste nog.”

Met trane in sy oë groet die leraar. Hy besef die jong vrou het ‘n wonderlike idee van die hiernamaals. Selfs beter as hy. Selfs beter as ouer gelowiges met baie meer lewenskennis. Sy WEET iets beter wag op haar, want haar saak met God is reg.

By die begrafnis hoor die predikant dan ook telkemale: “En die vurk?” En hy glimlag net. In sy boodskap verduidelik die leraar die meisie se uitsonderlike wens en wat dit simboliseer. Hy getuig hoe die mooi storie in sy gedagtes bly.

“Ek is seker elkeen van julle gaan ook oor en oor daaroor dink.” 

Hy was reg. En elke keer wanneer jy jou vurk optel, onthou: As my saak met God reg is, is die beste nog op pad!!!

Toepassing: 
Koester die tyd wat jy nog gegun word. Maak seker jou saak met God is reg. Jesus sê in Joh 14:6 “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe, NIEMAND kom na die Vader toe behalwe deur MY nie”.
Die beste wat voorlê kan NET joune wees as jou saak met God reg is! DAN lê die beste deel nog vir jou voor!

Hou jou vurk gereed kind van God ... Die beste lê nog voor!!! 

[Dankie, Babsie, dat jy vir ons herinner aan dié belangrike verhaal van Die vurk.] 

Saturday, 5 October 2024

Dankie aan elke engelmens wat ons kinders onderrig


Ruben sê: "Ek dink vandag terug aan al die onderwysers wat my lewe, maar ook elke kind in Christina Kiddie se lewe verander het, in ons geglo het, en vir ons geleer het hoe om die onbekende toekoms binne te gaan. Dankie vir elke bousteen wat ons kan gebruik om ons toekomsfondasie te kan lê. Ons eer elke hoof en elke onderwyser en sal vir altyd dankbaar teenoor julle wees. Gelukkige onderwysersdag aan elkeen van ons ongelooflike onderwysers!"

Ns. *Hierdie foto van my is geneem toe ek in die laerskool in Petrusburg was - baie jare terug. 

Friday, 4 October 2024

'n Choc chip-koekie met 'n hartsboodskap


'n Hartlike goeiemôre aan elke opvoeder, admin beampte en ondersteuningspersoneellid by die vier skole en een kleuterskool waar Chrsitina Kiddie se kinders ingeskryf is. Môre is Wêreld-Onderwysersdag en al die moeite en die ekstra myle wat geloop word, word raakgesien en waardeer. 

Chrsitina Kiddie sê vandag DANKIE met 'n choc chip-koekie en 'n hartsboodskap vir alle onderwysers:
  Wat jy by die leerders in jou klas los is meer as net jou woorde - dit is wat jy doen en wie jy is!

Saturday, 21 September 2024

Dinsdaggedagtes is wengedagtes

Een van Koester Karos se weeklikse medewerkers, Katelyn Marais, het vanjaar weer presteer op AfriSkuld-LIG-konsert wat vanjaar vir die vierde keer aangebied is. LIG staan vir “Liefde In Gestremdheid”

Die konsert is geskep met die visie om mense met gestremdhede op te hef en is op 19 September in Pretoria aangebied. Vanjaar se tema was: “Die lewe skuld jou niks, as ek kan, kan jy ook.” Daar is elke jaar drie afdelings nl. poësie, prosa en redenaars. 

Katelyn het in die poësie-afdeling deelgeneem en is aangewys as die wenner in hierdie afdeling. Gedigte lê Katelyn na aan die hart. Sy hou van woorde en die krag van woorde en het ook al haar hand aan skryfwerk gewaag. Koester Karos is baie baie trots op haar en dankie vir jou weeklikse bemoedigende boodskap

Sy was in die bevoorregte posisie om met 'n paar van die kunstenaars te gesels wat ook haar rolmodelle die afgelope vier jaar geword het. Mathys Roets (foto), Prop, Sonja Heroldt en Ruan Josh het hierdie aand met die deelnemers gedeel. Die Mathys Roets-toekenning was deel van die spesiale pryse wat uitgedeel is. Hierdie kunstenaars het self al uitdagings op hulle lewenspad gehad en kan daarom diegene bemoedig en motiveer wat meer opdraandes in die lewe het as die gemiddelde mens.  

Lees gerus elke Dinsdag die Dinsdaggedagtes van Katelyn Marais.

Klik HIER om die koerantberig te lees. 

Wednesday, 10 January 2024

Leer die les ...

'n Fout word 'n les.
Pyn word 'n doel.
'n Gemors word 'n boodskap.
'n Toets word 'n getuigskrif.
Elke struikelblok word 'n geleentheid.
Maak nie saak hoe sleg jou situasie is nie, leer die les.

[Tony A. Gaskins Jnr.]

Sunday, 16 July 2023

A Glass of Milk

Once, there was a poor boy who made a living by selling various objects from door to door. This was the way he earned money to pay for his school.

One day, as he was walking from house to house as usual, he felt very hungry and weak. He felt that he couldn't walk even a few steps. He decided to ask for food at a house. He knocked on the door and was stunned to see a beautiful young girl open the door. With much hesitation, he asked the girl for a glass of water.

The young girl understood his condition and offered him a huge glass of milk. With an astonished look, the boy drank the milk very slowly.

"How much do I owe you for this milk?" he asked her.

The girl replied, "I do not want any money for this."

The boy thanked the girl from the bottom of his heart and left the place.

Years passed by. The young girl grew up. In her youth, unfortunately, she fell ill and was diagnosed with the rarest kind of nervous disorder. Many experienced doctors were baffled at her condition, and she was admitted in the city hospital with the most advanced facilities.

Dr. Kevin, a renowned neuro specialist was called in by the hospital to examine her. Even with his extraordinary expertise, Dr. Kevin found the girl's illness very hard to cure. However, with perseverance and hard work that lasted months, he was finally able to get the disease under control. With careful medication and monitoring, the girl was completely cured in the end.

Everyone praised the doctor, but the girl was quite worried about how much the hospital bill would come to. Her family had just a little money kept away in the bank, which was by no means enough to pay for such a long treatment in that reputed hospital.

The girl was given the hospital bill finally. With trembling hands, she opened it. She was stunned to see that the bill had been crossed out and cancelled, and there was a note underneath signed by Dr. Kevin.

"Bill paid years ago with a glass of milk!"