Showing posts with label Inkleur. Show all posts
Showing posts with label Inkleur. Show all posts

Saturday, 18 April 2020

Handwerk vir kleintjies

Ons het sommer binne 21 sekondes besluit om 'n bladsy oop te maak vir besige handjies, toe ons van die 21 dae inperking hoor. Aktiwiteite wat maklik doenbaar is en wat nie noodwendig 'n arm en 'n been kos om te maak nie. Van ons gereelde lesers het ook dadelik idees gestuur wat  hulle beproef het en wat werk. Gaan maak gerus 'n draai by al die bladsye en kyk of daar nie iets is wat nog nie deur die kleinspan beproef is nie. Geniet die familie-saamwees-tyd.   

Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19

Thursday, 9 April 2020

Vyf vingers vir gebede

Terwyl ons hierdie naweek 'n stil Paasfees binnegaan, is dit miskien goed om na die diepere betekenis van Paasfees te kyk.

Laat die kleuters meedoen en trek hulle handjies op papier af. Inkleur kan deel vorm van hierdie aktiwiteit en skryf sommer op die vingers die mense/instansies vir wie daar gebid moet word of vir wie ons DANKIE moet sê.