Showing posts with label Koester. Show all posts
Showing posts with label Koester. Show all posts

Wednesday, 3 December 2025

Rosetta se goeie wense: Blye Boodskap


Desember is die laaste hoofstuk van die jaar.
Mag die Blye Boodskap elke bladsy
vul en jy die grootste geskenk Jesus,
daagliks teen jou hart vasdruk en
koester met oneindige dankbaarheid. 

Wednesday, 19 November 2025

Rosetta se goeie wense: "n Seker wete ...

Jou Vader is getrou in sy liefde en beskerming teenoor jou. Dit is sy belofte aan ons. Gaan leef vandag en elke dag hierna met dié stuk vrede in jou hart. Hou my styf vas, asseblief, Here.

Wednesday, 12 November 2025

Rosetta se goeie wense: Byt vas ...

Byt vas, liewe mens! Onthou altyd dat die Here sterk is juis wanneer jy swak is en dat Hy jou vashou wanneer jy laat los.

Wednesday, 5 November 2025

Rosetta se goeie wense: Verander is selde maklik


Is jy in 'n groef?
En dit is selde welkom, 
maar is soms absoluut nodig.
As daar geen veranderings in jou gemaak word nie, 
kan jy altyd in 'n groef bly.
Groewe word dieper en dieper en moeiliker om daar uit te kom.
Jy wil nie regtig in 'n groef verval 
totdat jy in 'n graf beland nie?
Want die enigste verskil tussen 'n groef en 'n graf is die afmetings ...

Wednesday, 29 October 2025

Rosetta se goeie wense: Gee die blomme ...


Gee elke dag dit wat aan 'n mens se hart raak.
Moenie uitstel nie, want môre is dit dalk te laat.
Gee die blomme terwyl hulle lewe,
want môre is dit dalk 'n krans
dan is jy te laat.

Wednesday, 22 October 2025

Rosetta se goeie wense: Toe die dag begin ...


het ek in stilte gebid, 
want die SONSOPKOMS sê vir my:
"Ons Skepper het nog 'n dag se GENADE oor ons uitgestort."

Wednesday, 15 October 2025

Rosetta se goeie wense: Toon liefde aan mekaar


Hoe klein is ons aardse wêreld nie teen U Groot Skepping, 
hoe sinloos is ons gejaag 
en hoe kortstondig is ons lewens.
Leer ons waaroor die lewe en die Ewigheid werklik gaan,
laat ons die klein dingetjies meer begin waardeer.
Kom ons toon net liefde aanmekaar, 
die lewe is kort. 
Die dag van môre is nie vir almal bestem nie, 
maar hoe sal ons weet?

Wednesday, 8 October 2025

Rosetta se goeie wense: Seënwense

Mag SY WARM LIGSTRALE
elke skadu-kol in jou lewe
tot VREUGDE omskep,
dat jy sal DANS soos nog nooit van tevore!

Wednesday, 2 July 2025

Rosetta se goeie wense: Droom groot ...


Mag die vrede en varsheid
van die Heilige Gees
jou drome en gedagtes oorheers.
Mag daar rustigheid in jou hart wees
en antwoorde op jou gebede.
Mag God se liefde jou koester
en al jou drome waar word.
Droom groot, want jou God is groot.

Sunday, 6 October 2024

My gedagtes: Waardeer dit wat jou kinders doen

William James sê op ‘n stadium dat : “The deepest principle in human nature is the craving to be appreciated.”

Hierdie is so ‘n basiese beginsel, maar hoe dikwels en maklik vergeet ons dit. Dit is baie moeilik en selfs onmoontlik om ‘n slegte verhouding te hê met iemand wat jou gereeld en opreg komplimenteer. Dit is ook een van die mees basiese behoeftes van ons kinders (al tree hulle so onafhanklik op.)

As hulle nie respek en waardering kry by ons as ouers nie, sal hulle dit op ander plekke soek, plekke wat gewoonlik nie baie gesond is nie. (Lees die koerante en luister nuus - dis só hartseer en tragies.) Dit is ongelukkig so dat “People are born to be a success, but conditioned to be a failure.” 

As kinders te veel hoor dat hulle stout en dom en ongehoorsaam is, begin hulle dit glo. En dan tree hulle ook so op om aan die uitsprake te "voldoen." ‘n Ouer is die grootse bron van kondisionering in kinders se lewens. Kom ons gebruik hierdie posisie met groot sorg en verantwoordelikheid. Waardering bou selfvertroue.

Koester eerder elke fase en die alledaagse vreugdes. En sê elke dag dankie vir jou hartsmense, hulle het dit nodig om te hoor.

Wednesday, 4 October 2023

Rosetta se goeie wense:


Die vaal winter verkleur vrolik in skakerings van groen,
al die blomme en heide dans 'n wals,
en orals in die tuin ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering,
lemoen en appelkoos.
Koester die mooi van die lewe
om ons in hierdie mooiste maand!