Showing posts with label Gemeenskap. Show all posts
Showing posts with label Gemeenskap. Show all posts

Wednesday, 6 August 2025

Besoek van die St Cyprians-engele



Dankie, Coleen, dat jy die groot skenking namens die St Cyprians Guilde kom aflewer het. Julle vriendelike omgee is 'n riem onder ons hart! Mag julle van krag tot krag gaan. KJSS-vreugde!

Monday, 4 August 2025

'n Besoek van die FNB-vrywilligers-engele


'n Groot dankie vir die 20 groot kospakkies, o.a. 2 liter olie, 20x10 kg mieliemeel en 20x10 kg stampmielies. Dis 'n yslike groot present wat die FNB-vrywilligers kom aflewer het. Ons waardeer dit uit ons hart uit. Seën op julle goeie werk. KJSS-vreugde!

Saturday, 2 August 2025

Ons kan julle nie borg nie, maar ons kan help adverteer!! Sterkte!


Die eksklusiewe HelpJag Legendes Gholfdag vind op 25 September 2025 by Serengeti Golf and Wildlife Estate plaas.
 
Hierdie dag gaan nie net oor die spel nie, maar ook oor die verskil wat jy in ons gemeenskap kan maak om hoop te bring waar dit die nodigste is.

Raak betrokke as borg of adverteerder: https://helpjag.co.za/gholfdae/

Dis is meer as net gholf...elke hou maak ‘n verskil!