Inspirasiestories

Terug na HOME PAGE


Onblusbare krag van die Woord
Min dinge is so genadeloos soos 'n brand. Daarvan kan 'n groep skoolseuns van Potchefstroom beslis getuig.

Op 31 Augustus omstreeks 20:30 die aand is die inwoners van die Hoërskool Volkskool se Jack Pauw-seunskoshuis inderdaad ontruim nadat daar 'n brand uitgebreek het.

Tristian Brauckmann (17) was saam met die res van die seuns in die studiesaal. "Ons het erge klapgeluide gehoor. Die studiesaal en koshuis is onmiddellik ontruim. Ek het dadelik 'n tuinslang gegryp en probeer om die brand te blus,"onthou Tristian die aand se gebeure. "Om te sien hoe alles vernietig word deur vlamme is onbeskryflik erg en skokkend."

Niemand is gelukkig tydens die voorval beseer nie.

Vir baie van die seuns was dit vreeslik traumaties, die brand het alles wat in hulle kamers was, vernietig. Tristian was een van die ongelukkiges.

Linda Brauckmann-Saayman, Tristian se ma, vertel: "Toe Tristian net na 21:00 bel en vertel dat hul koshuis besig is om af te brand, het ons gemengde emosies ervaar. Tristian  het ons probeer verseker dat alles reg is, maar ons kon die angs in sy stem hoor."

Al wat Tristian oor gehad het, was die klere aan sy lyf, sy selfoon wat in sy broeksak was en die paar boeke waaruit hy daardie aand studeer het. Die grootste verlies was egter sy Bybel, die een wat sy ouers op 27 Oktober 2011 vir hom gegee het toe hy op laerskool tot hoofseun verkies is. "Dit was my wapenrusting vir die pad," vertel hy.

Die volgende oggend is die seuns, onder streng toesig toegelaat om hul kamers te besoek.

"Ek sal Tristian se oproep aan my nooit in my lewe vergeet nie," vertel Linda. "Hy het opgewonde oor die telefoon gesê: "Mamma, Mamma gaan my nie glo nie, alles was heeltemal uitgebrand, maar my Bybel is net nat, ruik na rook en is vol roet! Mamma ek kan steeds my Bybel gebruik!"

Tristian vertel verder: "Die Bybel maak definitief 'n groot verskil in my lewe want dit gee my hoop. Ná die brand is my geloof soveel sterker want dinge kon soveel anders gewees het, maar die Here het ingegryp en gebeer geneem!"  

Bron: Die Saaier Somer 2015
Klik HIER om die webwerf van die Bybelgenootskap te besoek en klik HIER vir die jongste uitgawe van Die Saaier.

Tree talk
The heroine of this story is an eight-year-old girl in a Pennsylvania orphanage.

She was painfully shy and had such annoying mannerisms that she was shunned by the other children and regarded as a problem child by the teachers. Two other orphanages had managed to have her transferred. Now, once again, the director was seeking some pretext for getting rid of her.

One afternoon it appeared that an opportunity had arrived. An ironclad rule held that any letter from a child in the institution had to be approved by the director or a house mistress before it could be mailed. The little girl had been observed sneaking down to the main gate and carefully securing a letter in the branches of a tree that overhung the wall of the orphanage. The director could scarcely conceal her elation.

She hurried down to the brick wall. Sure enough, the notes were visible.

The director pounced on it and tore open the envelope. She pulled out the note and quickly read it. Stunned, she stood staring at the piece of paper, then hung her head. It read: To anybody who finds this: I love you.

[Author unknown] 

Die wêreld se top-tiener
Op ‘n helder sonskyndag was vier mense onderweg in ‘n klein viersitplek-vliegtuigie: die vlieënier, ‘n predikant en twee tieners. Een van die twee het pas die prys verower as Die wêreld se top-tiener. Pryse gaan nogal maklik na 'n tiener se kop en dan is daardie pryswenner net 'n trappie belangriker as die mense rondom hom. Terwyl hulle gevlieg het, het die vlieënier na die drie passasiers gedraai en gesê: “Ek het slegte nuus, en ek het nog slegter nuus.

Die slegte nuus is dat die vliegtuig se brandstoftenk leeg is. Die vliegtuig verloor hoogte en ons gaan val. Die slegter nuus is dat ons net drie valskerms aan boord het!”

Dit het natuurlik beteken dat een van die insittendes die val nie sou oorleef nie. Die vlieënier het verder gesê: “Ek het ‘n vrou en drie kinders tuis. Ek het baie verantwoordelikhede. Ek is jammer, maar ek sal een van die valskerms moet neem!” Met die woorde het hy een van die valskerms gegryp, dit aangetrek en uitgespring, sonder om op die ander se reaksie te wag.

Die “top-tiener” was volgende om te verduidelik: “Ek is die slimste tiener in die wêreld. Ek mag die een wees wat nog ‘n teenmiddel vir kanker of VIGS uitvind, of ek mag selfs die wêreld se ekonomiese probleme oplos. Almal reken op my!” Die top-tiener van die wêreld het die tweede valskerm gegryp en gespring.

Die predikant het na die ander seun gedraai en gesê: “Seun, vat jy die laaste valskerm. My saak is reg met die Here, ek kan maar sterf. Neem die laaste valskerm en spring!”

“Ontspan, Dominee”, het die ander tiener geantwoord. “Die wêreld se top-tiener het so pas uit die vliegtuig gespring met my rugsak!”

Baie mense is soos die top-tiener. Hulle hou hulle slim, en het altyd ‘n antwoord reg wanneer jy met hulle praat oor hulle harte en lewens. Waarheen is hulle op pad? Pasop dat jy nie ook soos die tiener met die “verkeerde valskerm” uit die vliegtuig spring omdat jy jou slim gehou het nie.

Jesus sê in Johannes 14:6 “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie”.


Dink hieroor ... Beperkings in jou lewe
Die man stap verby ‘n trop olifante wat vasgebind staan. Hy stop skielik en is verbaas dat hierdie enorme diere deur so ‘n dun tou aan die voorpoot vasgehou kan word. Geen kettings, geen hokke, behalwe die dun tou aan die voorpoot en ‘n pen in die grond.

Dit was duidelik dat die olifante, indien hulle wou, maklik kon losbreek van die tou wat hul vashou, maar vir een of ander duistere rede, ...

Klik HIER om die res van die storie te lees.  

God is steeds op die troon
'n Baie arm vrou het ingeskakel na 'n Christelike radioprogram en gevra om hulp. 'n Ateïs wat toevallig die storie hoor, besluit om iets hiervan te maak. Hy skakel die radiostasie, verkry haar adres en versoek sy sekretaresse om 'n klomp kruideniersware en kos te koop en dit by die ou vrou te gaan aflewer, met die volgende boodskap:

"As die ouvrou dan sou vra wie die weldoener is, vertel haar dat die duiwel dit gestuur het"

Aangekom by die karige huisie wat spreek van geldelike armoede, ontvang die ou vrou die skenking met groot blydskap en begin om dit alles weg te pak. Verbaas vra die sekretaresse of sy dan nie wil weet wie dit gestuur het nie, waarop sy antwoord (en hier is die prag deel):

"Nee my kind, dit maak nie saak nie, want as God beveel, dan luister selfs die duiwel"

Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien?

"Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien of hoekom laat die Here toe dat dit met my gebeur?"

Hier is ‘n eenvoudige, maar logiese verduideliking!

‘n Dogter vertel aan haar Ma hoe alles verkeerd gaan in haar lewe. Sy het haar wiskundetoets gedruip, haar kêrel het haar skielik gelos, sy het nie 1ste span vir netbal gekry nie en boonop is haar beste vriendin se pa verplaas en sy gaan dus weg. Haar lewe voel soos een groot gemors!

Terwyl sy vertel is haar Ma besig om ‘n sjokoladekoek te bak. Sy kyk besorg na die dogter en vra of sy nie lus is vir iets lekkers om te eet nie.

“O ja!” sê die dogter, “Ma weet mos ek is mal oor Ma se sjokoladekoek!”

"Hier" sê haar Ma, "kry solank ‘n bietjie van die kookolie."

"Yuck!" sê die dogter.

Klik HIER om die res van die storie te lees.

Henry John Heinz
Op ouderdom ses jaar het Henry John Heinz sy ma begin help om na die klein tuin agter hul familiewoning om te sien. Op twaalf het hy 'n tuin van drie-en-half akker bewerk, met 'n perdekar aflewerings , driekeer per week, aan kruidenierswinkels oral oor die stad Pittsburg gedoen. Uiteindelik het hy sy eie maatskappy gestig en dit 57 Varieties genoem.

Die Henry John Heinz-maatskappy is in 1905 geïnkorporeer, en tans, meer as honderd jaar later, verkoop dit meer as eenduisend-driehonderd produkte wêreldwyd, van tamatiesous tot babakos. Maar daar is ander dinge wat jy moet weet: Henry John Heinz was lief vir Jesus en diep betrokke by die bevordering van Sondagskool in Pittsburg en oor die wêreld heen.

Sy maatskappy was bekend vir die baanbrekerswerk in veilige en higiëniese voorbereiding van kos en was sy tyd voor op die gebied van arbeidsverhoudinge. Hy het gratis mediese voordele, swem- en gimnasiumfasiliteite gegee, en vroue bevorder tot poste met groter verantwoordelikheid deur hulle toesighouers te maak. Hy het aansien verwerf vir die verbetering van werk- en verblyftoestande van sy werkers.

In sy testament het Henry John Heinz gesê: 'Ek het die wens om ter aanvang van hierdie testament, as die belangrikste punt daarin, die belydenis van my geloof in Jesus Christus as my Verlosser te stel. Ek het ook die wens om te getuig van die feit, dat regdeur my lewe, waarin daar ongewone vreugde en verdriet was, ek op wonderlike wyse ondersteun is deur my geloof in God deur Jesus Christus. Hierdie nalatenskap kom van my toegewyde moeder, 'n vrou met sterk geloof en aan wie ek die sukses wat ek behaal het, toeskryf.


DIE BED BY DIE VENSTER
Twee mans was albei baie ernstig siek en hulle het saam in dieselfde hospitaalkamer gelê. Die een man kon elke dag 'n uur lank regop sit in sy bed om die vog uit sy longe te laat dreineer. Sy bed was langs die kamer se enigste venster. Die ander man moes die hele tyd plat op sy rug lê.

Die mans het ure lank met mekaar gelê en gesels en elke middag wanneer die man in die bed by die venster kon regop sit, het hy die tyd verwyl deur vir sy kamermaat al die dinge wat hy buite die venster kon sien, te beskryf.

Die man in die ander bed het begin leef vir hierdie een uur waarin sy wêreld verbreed is en hy nuwe krag kon kry deur al die aktiwiteit en kleur van die wêreld daar buite.

Die venster het uitgekyk oor 'n park met 'n pragtige meer. Eende en swane het in die water gespeel, terwyl kinders hulle bootjies laat seil het. Statige ou bome het die landskap verfraai, jong verliefdes het hand aan hand tussen die blomme met hulle kleureprag deurgestap en 'n pragtige uitsig op die stad se kimlyn kon in die verte gesien word.

Terwyl die man by die venster al hierdie dinge tot in die fynste besonderhede beskryf het, het die man aan die ander kant van die vertrek sy oë toegemaak en die toneel in sy verbeelding gesien. Een warm middag het die man by die venster 'n optog beskryf wat daar verbygekom het. Al kon die ander man nie die orkes hoor nie, kon hy alles in sy geestesoog sien, terwyl die man by die venster alles met woorde geskilder het. Dae en weke het só verbygegaan.

Een oggend het een van die verpleegsters water gebring om hulle te was. Sy het afgekom op die lewelose liggaam van die man by die venster. Hy het vredevol in sy slaap gesterf.

Die oomblik toe dit gepas gelyk het, het die ander man gevra of hy na die bed by die venster geskuif kon word. Die verpleegster het hom met graagte verskuif en nadat sy seker gemaak het dat hy gemaklik is, het sy hom alleen gelaat. Stadig, pynlik, het hy hom op sy een elmboog gestut om sy eerste kykie op die wêreld daar buite te kry.

Uiteindelik sou hy die vreugde hê om alles self te sien.

Hy het hom ingespan, stadig na die venster gedraai en uitgekyk.

Al wat hy gesien het, was 'n kaal muur. Die man het die verpleegster gevra hoekom sy oorlede kamermaat gedring gevoel het om aan hom al daardie wonderlike dinge buite te beskryf, al het dit nie eens bestaan nie.

Die verpleegster het geantwoord dat daardie man blind was en nie eens die muur kon sien nie. Toe het sy gesê: "Dalk wou hy jou bemoedig en aan jou hoop gee."

Daar lê geweldig baie vreugde daarin om ander mense gelukkig te maak, te bemoedig en hoop te gee, ten spyte van ons eie situasie.

Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor. Geloof is om nou reeds op die maat daarvan te dans. (Rubem Alves)

Strength made perfect in weakness
I read a few years ago the story of a 10-year-old boy who decided to study judo despite the fact that he had lost his left arm in a devastating car accident.

The boy began lessons with an old Japanese judo master.  The boy was doing well, so he couldn't understand why, after three months of training, the master had taught him only one move.

"Sensei," the boy finally said, "Shouldn't I be learning more moves?"

"This is the only move you know, but this is the only move you'll ever need to know," the sensei replied.  Not quite understanding, but believing in his teacher, the boy kept training.

Several months later, the sensei took the boy to his first tournament. Surprising himself, the boy easily won his first two matches.  The third match proved to be more difficult, but after some time, his opponent became impatient and charged; the boy deftly used his one move to win the match. Still amazed by his success, the boy was now in the finals.  This time, his opponent was bigger, stronger, and more experienced.  For a while, the boy appeared to be overmatched.  Concerned that the boy might get hurt, the referee called a time-out.  He was about to stop the match when the sensei intervened.  "No," the sensei insisted, "Let him continue."

Soon after the match resumed, his opponent made a critical mistake:  he dropped his guard.  Instantly, the boy used his move to pin him.  The boy had won the match and the tournament.  He was the champion.

On the way home, the boy and the sensei reviewed every move in each and every match.  Then the boy summoned the courage to ask what was really on his mind:  "Sensei, how did I win the tournament with only one move?"

"You won for two reasons," the sensei answered.  "First, you've almost mastered one of the most difficult throws in all of judo.  And second, the only known defense for that move is for your opponent to grab your left arm."

The boy's biggest weakness had become his biggest strength.

We don't often view our weaknesses in the same way, but we should.  I am reminded of the time that Paul prayed fervently for God to remove some affliction unknown to us, what he called a "thorn in the flesh."  Refusing to remove it, God said to Paul, "My grace is sufficient for you, for my strength is made perfect in weakness." (2 Cor. 12:9).

That seems to make no sense, and yet we see throughout the Bible how God is able to work despite the weaknesses of men and women, showing forth his power -- David with his small stature against Goliath the giant, Gideon a man of no significant background leading a greatly outnumbered band of men, Jesus taking on humanity in the form of a helpless baby.  In fact, the greatest demonstrations of God's power have come when men and women have felt the weakest.  Remember that the next time you feel inadequate.

"Therefore most gladly I will rather boast in my infirmities, that the power of Christ may rest upon me....For when I am weak, then I am strong." (2 Cor. 12:9b-10)



Ek wil so 'n broer wees ...
'n Sakeman in Kaapstad kom by sy nuwe motor aan terwyl 'n straatseuntjie dit staan en bewonder. Hy vertel die storie self:

"Toe ek die sleutel in die motordeur steek, vra die seuntjie: "Is dit Meneer se motor?"
"Dis myne, ja."
"Hoeveel het hy gekos, Meneer?"
"Ou seun, ek weet nie."
Hy kyk ondersoekend na my: "Meneer, lyk nie na die soort wat 'n motor sal steel nie, maar waar het Meneer dan die motor gekry?"
"My broer het dit vir my gegee." 'n Verlangende uitdrukking kom in die seun se oë en hy sê : "Ek wens ..."
Ek verwag dat hy gaan sê: "Ek wens ek het so 'n broer gehad," maar hy eindig sy sin anders as wat ek verwag het, en dit raak diep in my hart:
"Ek wens ek kon so 'n broer wees." sê hy. My hart ruk wild in my borskas. Sy woorde raak my so dat ek hom dadelik wil plesier. "Kom, klim in, dan voel jy hoe ry hy."
"Ek sal Meneer se kar net vuil smeer," keer hy. Ek dink by myself: jou klere mag vuil wees, maar jou hart is spierwit.
Ek dring by hom aan en hy klim gretig voor by my in. "Sal Meneer voor my huis stilhou, asseblief," vra hy dringend.
Ek hou voor 'n trapgang in 'n agterstraatjie stil. Soos 'n klipspringer is hy uit die motor en kom na 'n rukkie stadig terug met 'n kleiner seuntjie in sy arms. Die seuntjie is inmekaar getrek as gevolg van polio. Saggies sit hy die seuntjie op die onderste trap op die sypaadjie neer.
"Daar is hy, Boetie. Sy broer het dit vir hom gekoop. As ek eendag groot is, gaan ek vir jou net so 'n kar koop, dan kan jyself na al die winkelvensters gaan kyk."
Trane swem in my oë en met 'n knop in my keel sê ek: "Kom julle twee. Jou Boetie gaan sommer vandag die winkelvensters sien." Ek help om die kreupel seuntjie voor by my en die ander een in te tel. Ek ry na die grootste winkelsentrum toe in die stad.
Toe ons stilhou sê ek: "Kom ons gaan kyk," terwyl ek die kreupel outjie in my arms dra. "Soek uit wat julle wil hê." Hulle het mildelik van my aanbod gebruik gemaak en gevat wat hulle wou hê, Die volgende paar uur in hulle geselskap was die gelukkigste tyd wat ek nog ooit in my lewe ervaar het.
Ek het besef dat die loon van om aan ander te gee, nie altyd materiële loon is nie, maar dat die beter loon 'n opgeruimde en gelukkige hart is.
"Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het as ander wat suinig is. Wie 'n ander voorspoed gun, sal self 'n oorvloed hê.
Wie die dors van ander les, sal self nooit dors word nie. En ek het besef ... Ek wil so 'n broer wees.

[Dankie, Johan, dat jy hierdie verhaal met ons gedeel het.]

Fable of the porcupine  
It was the coldest winter ever. Many animals died because of the cold. The porcupines, realising the situation, decided to group together to keep warm. This way they covered and protected themselves, but the quills of each one wounded their closest companions. After a while, they decided to distance themselves one from the other and they began to die, alone and frozen. So, they had to make a choice: either accept the quills of their companions or disappear from the Earth.

Wisely, they decided to go back to being together. They learned to live with the little wounds caused by the close relationship with their companions in order to receive the warmth that come from the others. This way they were able toe survive.

Moral of the story:

The best relationship is not the one that brings together perfect people, but when everyone learns to live with the imperfections of others and can admire the others person's good qualities.

Who I am makes a difference ...
A teacher in New York decided to honor each of her seniors in high school by telling them the difference they each made. She called each student to the front of the class, one at a time.

First she told each of them how they had made a difference to her and the class. Then she presented each of them with a blue ribbon imprinted with gold letters, which read, "Who I Am Makes a Difference."

Afterwards the teacher decided to do a class project to see what kind of impact recognition would have on a community. She gave each of the students three more ribbons and instructed them to go out and spread this acknowledgment ceremony. Then they were to follow up on the results, see who honored whom and report back to the class in about a week.

One of the boys in the class went to a junior executive in a nearby company and honored him for helping him with his career planning. He gave him a blue ribbon and put it on his shirt. Then he gave him two extra ribbons and said, "We're doing a class project on recognition, and we'd like you to go out, find somebody to honor, give them a blue ribbon, then give them the extra blue ribbon so they can acknowledge a third person to keep this acknowledgment ceremony going. Then please report back to me and tell me what happened."

Later that day the junior executive went in to see his boss, who had been noted, by the way, as being kind of a grouchy fellow. He sat his boss down and he told him that he deeply admired him for being a creative genius. The boss seemed very surprised. The junior executive asked him if he would accept the gift of the blue ribbon and would he give him permission to put it on him.

His surprised boss said, "Well, sure." The junior executive took the blue ribbon and placed it right on his boss's jacket above his heart. As he gave him the last extra ribbon, he asked, "Would you do me a favor? Would you take this extra ribbon and pass it on by honoring somebody else? The young boy who first gave me the ribbons is doing a project in school and we want to keep this recognition ceremony going and find out how it affects people."

That night the boss came home to his 14-year-old son and sat him down. He said, "The most incredible thing happened to me today. I was in my office and one of the junior executives came in and told me he admired me and gave me a blue ribbon for being a creative genius. Imagine. He thinks I'm a creative genius. Then he put this blue ribbon that says "Who I Am Makes a Difference," on my jacket above my heart. He gave me an extra ribbon and asked me to find somebody else to honor. As I was driving home tonight, I started thinking about whom I would honor with this ribbon and I thought about you. I want to honor you. My days are really hectic and when I come home I don't pay a lot of attention to you. Sometimes I scream at you for not getting good enough grades in school and for your bedroom being a mess, but somehow tonight, I just wanted to sit here and, well, just let you know that you do make a difference to me. Besides your mother, you are the most important person in my life. You're a great kid and I love you!"

The startled boy started to sob and sob, and he couldn't stop crying. His whole body shook. He looked up at his father and said through his tears, "Dad, earlier tonight I sat in my room and wrote a letter to you and Mom explaining why I had killed myself and asking you to forgive me. I was going to commit suicide tonight after you were asleep. I just didn't think that you cared at all. The letter is upstairs. I don't think I need it after all."

His father walked upstairs and found a heartfelt letter full of anguish and pain. The envelope was addressed, "Mom and Dad."

The boss went back to work a changed man. He was no longer a grouch, but made sure to let all his employees know that they made a difference. The junior executive helped several other young people with career planning and never forgot to let them know that they made a difference in his life... one being the boss's son.

And the young boy and his classmates learned a valuable lesson.

WHO YOU ARE DOES MAKE A DIFFERENCE.

[A True Story by Author Unknown]

Dankie, Johann van den Berg, vir hierdie besondere bydrae!

Die vlieër
Jy as ouer spandeer jare om hulle van die grond af te kry om te vlieg.

Jy hardloop saam met hulle totdat julle beide skoon uitasem is. Hulle val ... raak verstrengel ... jy maak hulle heel, vertroos hulle, bemoedig hulle en verseker hulle dat hulle wel eendag sal kan vlieg.

Uiteindelik, is hulle in die lug.

Hulle benodig meer lyn en jy bly meer skiet gee met die lyn.

Hulle pluk aan die lyn en met elke draai van die lyn is daar ‘n hartseer wat tog ook gevul is met blydskap.

Die vlieër raak al hoe kleiner in die verte en jy weet dat dit nie meer lank sal wees voordat hierdie pragtige vlieër die lewenslyn sal breek wat julle aan mekaar gehou het nie.

Hierdie vlieër sal vlieg soos dit veronderstel is om te vlieg ... vry en alleen.

Slegs dan sal jy weet of jy as ouer tog ‘n goeie werk gedoen het van die vlieër.

Angels in the Alley ...

Diane, a young Christian university student, was home for the summer. She had gone to visit some friends one evening and the time passed quickly as each shared their various experiences of the past year.

She ended up staying longer than she had planned and had to walk home alone. But she wasn’t afraid because it was a small town and she lived only a few blocks away. As she walked along under the tall elm trees, Diane asked “God” to keep her safe from harm and danger. When she reached the alley, which was a short cut to her house, she decided to take it. However, halfway down the alley she noticed a man standing at the end as though he were waiting for her. She became uneasy and began to pray, asking for God’s protection. Instantly a comforting feeling of quietness and security wrapped around her, she felt as though someone was walking with her. When she reached the end of the alley, she walked right past the man and arrived home safety.

The following day, she read in the paper that a young girl had been raped in the same alley, just twenty minutes after she had been there. Feeling overwhelmed by this tragedy and the fact that it could have been her, she began to weep. Thanking the Lord for her safety and to help this young woman, she decided to go to the police station. She felt she could recognise the man, so she told them her story. The police asked her if she would be willing to look at a lineup to see if she could identify him. She agreed and immediately pointed out the man she had seen in the alley the night before.

When the man was told he had been identified, he immediately broke down and confessed. The officer thanked Diane for her bravery and asked if their was anything they could do for her, she asked if they would ask the man one question. Diane was curious as to why he had not attacked her. When the policeman asked him, he answered, “Because she wasn’t alone. She had two tall men walking on either side of her.”

No comments:

Post a Comment