Dirk en Tinike se hartsprojek

Terug na HOME PAGE

Dirk en Tinike: "Mnr. en mej. Diamantveld-finaliste het aan ons die platform gegee om uitdagings in werkbare projekte te omskep. Die fondsinsameling was vir ons 'n vreemde en 'n onbekende terrein, 'n reis vol uitdagings, maar ons het langs die pad geleer en gegroei. Ons moes beplan, antisipeer, herbeplan, nog 'n keer en weer 'n keer beplan voordat ons die spreekwoordelike bul by die horings kon pak. Ons het vasberadenheid geleer, want dit is hoe 'n mens jou doelwit bereik. Deur ons suksesse was ons in staat om aan ons twee hartsprojekte, nl. Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum en Choc te kon teruggee. Die heel belangrikste les wat ons egter geleer het, is dat 'n mens soveel meer kan bereik as 'ek' 'ons' word."

Kersfees in Junie

Kolwyntjiekuier met pretpakkies

Fotograaf: Irene van Heerden

No comments:

Post a Comment