Showing posts with label Ouetehuis. Show all posts
Showing posts with label Ouetehuis. Show all posts
Saturday, 4 October 2025
Tuesday, 6 August 2024
Afkondiging: Raak betrokke - maak 'n verskil by Ons Huis
HANDE BOU BANDE
Ons Huis BENODIG JOU HART, HANDE & VOETE vir hulle groot fondsinsamelingspoging by Yonder se Hartsfees. Net 'n uur of twee kan 'n reuse verskil maak. Kontak asb. vir Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure - ons wag vir jou oproep! Wanneer: 29 Augustus tot 1 September
Waar: Malupark, Hendrik van der Bijlstraat, Kimdustria, Kimberley
Waarom: Omdat jou teenwoordigheid 'n verskil aan hulle maak vir wie fondse ingesamel word.
Monday, 9 December 2019
Die ervare bakkiepakker ...
![]() |
| Afrika Mokhosi |
En dan is daar ook nog so 'n bietjie Kersfees tussendeur vir die senior burgers van Ons Huis. Hierdie twee, saam met Karin Herbst en Alda Welman het hierdie Kersfees gekonsentreer op die afdeling vir die verswakte bejaardes. So dikwels vergeet 'n mens dat hierdie mense ook flinke, hardwerkende jong mense was en dat as hulle 'n keuse sou gehad het, sou hulle nie in hierdie afdeling wou wees nie... Maar die lewe loop soms ongemaklike draaie met 'n mens en daarom het hierdie spannetjie besluit om hierdie afdeling te bederf.
En so half weggesteek aan die agterkant, is 100 kg mieliemeel wat deur 'n Goudveldse weldoener met liefde geskenk word. Baie dankie hiervoor en dankie aan Francois Crauwcamp wat as tussenganger optree. Hierdie mieliemeel is dikwels die verskil tussen honger gaan slaap of nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)



