Wednesday 12 January 2022

Skep moed ...

Onthou jy dalk die werklike verhaal van Bethany Hamilton? 

Sy het in Hawaii grootgeword. Die meeste van ons dink aan Hawaii as die plek waar mense so lekker branderplank ry. Sy is geen uitsondering nie. Teen 7-jarige ouderdom het sy al klaar branders met haar branderplank kon ry. Maar toe tref ’n aaklige tragedie haar in 2003.

’n Haai byt haar linkerarm af.

Soos sy in die herstelproses gaan, maak sy twee beloftes aan haarself. Die ene is dat sy nie sal kla oor hierdie slegte ding wat gebeur het nie. Die tweede is om weer terug te klim op haar branderplank. Die meeste ander mense sou dink hulle gaan nooit weer die see aandurf nie. Maar nie Bethany nie. Na slegs 26 dae was sy terug op haar branderplank!

Sy skryf toe in vir kompetisies en is in ’n stadium gereken as een van die top 50 vroue branderplankryers in die wêreld! Daar is ook ’n fliek oor haar lewe gemaak met die titel Soul Surfer

Was sy soms gefrustreerd? Natuurlik. Sy het nog meer as die gewone hindernisse gehad deur sonder ’n arm te leer branderplankry en met die bestes mee te ding. Maar sy het geleer om haar vrese te bowe te kom en moeilike situasies te oorkom. Een van die dinge wat haar gehelp het, was haar geloofsvertroue in haar God.

Die belangrikste ding wat ons moet bly onthou, is dat elkeen ’n keuse het om jou lewe te verryk soos Bethany, of jy het ’n keuse om uit te klim en nie weer op jou branderplank te klim nie.

Dankie, dr. Jannie le Roux, dat ons hierdie stukkie inspirasie kan leen. 

[Jannie le Roux - http://jannieleroux.co.za/drie-re-om-jou-te-verryk/

Thursday 6 January 2022

Donderdag: Dink hieroor ...

‘n Fout word ‘n les,
pyn word ‘n doel,
‘n gemors word ‘n boodskap,
‘n toets word ‘n getuigskrif.
Elke struikelblok word ‘n geleentheid.
Maak nie saak hoe sleg jou situasie is nie, leer die les.” 
Tony A.Gaskin Jr