Thursday 28 July 2022

Gesindheid bepaal die resultaat ...

Om trots te wees op mens se prestasies verteenwoordig nie hoogmoed nie. Dit verteenwoordig blydskap in nederigheid.

“Die kwaliteit van die werk en die kwaliteit van die werker is onlosmaaklik deel van mekaar.”

“Halfhartige pogings produseer nie halwe resultate nie; dit produseer geen resultate nie.”

Drie mense was besig om steenmesselwerk te doen. ‘n Verbyganger vra aan hulle wat is hulle besig om te doen.

Die eerste een antwoord: “Kan jy nie sien ek is besig om geld te verdien om aan die lewe te bly nie?”

Die tweede een antwoord: “Kan jy nie sien ek is besig om steenmesselwerk te doen nie?”

Die derde een antwoord: “Ek is besig om ‘n pragtige monument te bou.”

Hier is drie mense wat presies dieselfde werk doen, maar totaal verskillende perspektiewe handhaaf oor dit wat hulle doen. Hulle al drie het drie verskillende benaderings ten opsigte van die werk wat hulle doen.

En sal hul benadering tot hul werk hul prestasie beïnvloed?

Die antwoord is ‘n baie besliste JA.

Uitnemendheid word eers bereik wanneer die ondernemer trots is om slegs sy beste te lewer. Elke taak is ‘n selfbeeld van die persoon wat die werk doen, ongeag wat die taak is, hetsy dit motor was is, om die vloer te vee of om die huis te verf.

Doen dit reg die eerste keer, elke keer. Die beste versekering vir môre is ‘n werk goed gedoen vandag.

Michelangelo het ‘n lang tyd aan ‘n standbeeld gewerk. Hy het geweldig baie tyd spandeer om elke klein detailtjie weer oor te gaan en te verseker dat dit is soos hy dit wil hê. ‘n Omstander het gedink die klein veranderinkies is onbenullig en het vir Michelangelo gevra hoekom hy sy tyd daarmee mors.

Michelangelo het geantwoord: “Kleinighede maak dit perfek, maar perfekheid is nie ‘n kleinigheid nie.”

Die meeste mense vergeet hoe vinnig jy ‘n taak verrig het, maar hulle onthou hoe goed jy die taak verrig het.

Tuesday 26 July 2022

Things I want my daughter to know about friendship


1. Not everyone is going to like you. It’s okay. (I know it won’t always feel like that’s true, but I promise it is).

2. Not everyone is going to invite you. That’s okay too.

3. You’ll never regret kindness. (Never ever).

4. If you constantly must tiptoe around them, they’re not your people.

5. You get to choose them, so choose the ones who are choosing you back.

6. Have high standards when it comes to friends, but don’t be unrealistic. They’re going to mess up, so are you. Grace is essential.

7. Be yourself. Let other people be themselves right back.

8. You can’t have friends if you don’t know how to be a friend. Focus on being the best friend you possibly can.

9. Don’t wait. You’re allowed to do the inviting and the reaching out too.

10. Listen.

11. If you want them to be there for the big stuff, you’re going to have to be there for each other in the small stuff too.

12. Don’t knowingly leave people out. It doesn’t feel good.

13. Gossip is garbage.

14. Drama is too. Stay above the fray, and feel free to walk away.

15. You can’t be best friends with everyone. But you can notice everyone. You can smile at everyone. You can say hello to everyone. You can be good to everyone and make sure people feel seen.

16. It’s better to be genuinely loved by a few than fake loved by a few thousand.

17. Popularity for the sake of popularity is pointless.

18. Your worth will never come from others. You must learn to accept yourself if you want others to accept you.

19. Give more than you take, but don’t be anyone’s doormat. Your momma didn’t raise you right so you could be walked all over.

20. Your friends should be good to you, but they should also be good to other people. If they’re nice to you and then turn around and talk smack about others, they’re not nice.

21. Be loyal. Stick up for your friends whether they’re around or aren’t.

22. Friends aren’t toys to be discarded when you get bored. Deep friendships take time and commitment.

22. Show up for your friends even if they didn’t ask you to. If they’re going through something hard check on them, sit with them, and bring them flowers. Be present, even if it feels awkward.

23. If Mama don’t like them, there’s probably a good reason.

24. Friendship is one of the most important things you can invest in in life. Make the time.

25. If you get hurt, I’m always here for a hug, and to talk, I’ve been there. Give yourself time and grace to heal, but listen my love, don’t close yourself up and don’t shut yourself away. Opening your heart again is worth the risk. I love you to the moon and back,

Love, Mama

[Written by Amy Weatherly & Jess Johnston]

Friday 22 July 2022

Wees die kollega saam met wie almal graag wil werk.

Werkende persone bestee gemiddeld meer ure per jaar saam met hul kollegas as met hul huweliksmaat, ouers, kinders, beste vriendin of sibbe. Daarom is dit belangrik dat julle goed met mekaar oor die weg kom. Só kan alle werknemers in ’n organisasie help om die werksomgewing vir mekaar aangenaam te maak: 
  • Wees kundig, doeltreffend en hardwerkend.
  • Wees optimisties en entoesiasties.
  • Lê inisiatief aan die dag.
  • Toon leierseienskappe sonder om baasspelerig te wees.
  • Wees toegewyd – moenie die een wees wat laaste opdaag en eerste die kantoor verlaat nie.
  • Groet almal vriendelik wanneer jy by die werk kom. Jy beur dalk net iemand op wat bedruk voel. Doen dieselfde wanneer julle smiddae huis toe gaan.
  • Gesels gerus maar oor ditjies en datjies wanneer dit geleë is, soos gedurende teetyd of etenstyd.
  • Vra jou kollegas se opinie oor sake. Almal wil graag weet hul mening is belangrik. En gee erkenning, selfs al reken jy dat sy of haar mening nie van veel waarde is nie.
  • Vermy skinderpraatjies – moenie oor jou kollegas praat nie en sluit jou ore vir praatjies oor hulle.
  • Bly koelkop tydens ʼn konfrontasie of meningsverskil met ʼn kollega.
  • Wees vrygewig met komplimente. Erkenning vir ʼn taak wat besonder goed voltooi is, of omdat hy of sy meer gedoen het as wat van hom of haar verwag is, moedig ʼn positiewe gesindheid aan.
  • Erkenning of gelukwensing vir dinge buite werksverband, soos ʼn wedloop gewen, ʼn  huweliksherdenking of  ʼn kind wat presteer het, laat ʼn kollega voel sy of hy is meer as net iemand wat ʼn taak by die werk het om te verrig.
  • Wees gemoedelik en vrygewig. ʼn Eetdingetjie saam met oggendtee, ʼn dankie-sê-kaartjie vir ʼn kollega wat jou gehelp het, of  ʼn blommetjie vir iemand wat deur ʼn moeilike tyd gaan, verrig wondere.
  • Handhaaf goeie kantooretiket deur byvoorbeeld oproepe of e-posse gereeld te beantwoord. Deur dit na te laat bemoeilik jy dalk die ander persoon se werk en stuur die boodskap uit dat hy of sy vir jou onbelangrik is.
  • Wees nederig en erken dat jy soms nie al die antwoorde het nie. Beterweterigheid kan aanstoot gee.
  • Respekteer jou kollegas deur te waak teen irriterende kantoorgewoontes, soos om die laaste koffie te drink of die laaste fotostaatpapier te gebruik sonder om dit aan te vul of te vervang. Ander dingetjies wat kan krap, is luidrugtige telefoongesprekke, oorverdowende musiek, om te hard te kou of jou koffie te slurp, of die teestasie in wanorde te laat.
  • Reik uit na nuwe kollegas – laat hulle welkom voel, stel hulle aan die res van die spanlede voor, wys hulle waar al die fasiliteite is.
  • Wees mededeelsaam met jou kundigheid.
  • Respekteer ander se tyd deur betyds op te daag vir vergaderings en nie tyd te verspil met onnodige vrae, aan- en opmerkings terwyl die vergadering al kon verdaag het nie.
  • Vermy kletspraatjies met jou kollega, veral wanneer jy sien hy of sy ervaar groot werksdruk.
  • Verlig jou kollegas se werkslas indien jy nie self onder druk verkeer nie. Help waar jy kan indien hy of sy weens siekte, verlof of ʼn kursus ʼn paar dae nie op kantoor kan wees nie, of selfs wanneer jy sien sy of haar werksdruk is so groot dat dit spanning veroorsaak.
  • Skep kantoortradisies deur byvoorbeeld een maal per week of per maand iets spesiaals te doen waarna almal kan uitsien te midde van werksdruk. Gaan eet saam koek by die kafeteria, bring ʼn eetdingetjie wanneer jy verjaar, of bestel een Vrydag per maand wegneemetes wat almal saam kan geniet.
Wees die kollega saam met wie almal graag wil werk.

[Deur Melodie Veldhuizen - Klik gerus HIER vir nog inligting.]

Thursday 21 July 2022

10 karaktereienskappe

LIEFDE
Daardie spesiale gevoel wat jou warm en wonderlik laat voel.
Wat jou laat borrel van vreugde.

RESPEK
Om ander so goed te behandel soos wat jy graag behandel sal wil word.

WAARDERING
Om dankbaar te wees vir al die goeie wat jy in die lewe ontvang.

BLYDSKAP
Die volle genieting van elke oomblik wat aan jou geskenk word met ‘n glimlag wat daarvan getuig.

VERGIFFENIS
Die vermoë om uitlokking die rug te keer sonder enige woede.

MEDEDEELSAAMHEID
Die vreugde om te gee sonder enige gedagte om iets in ruil te ontvang.

EERLIKHEID
Die kwaliteit om altyd die waarheid te vertel.

INTEGRITEIT
Die suiwerheid om altyd te doen wat reg is, ongeag die gevolge.

DEERNIS
Die essensie om iemand ander se lyding te deel terwyl jy die pyn help verlig.

VREDE
Die beloning om die 10 mees belangrike dinge uit te leef. 

Wednesday 20 July 2022

'n Daad van liefde ...

Jannie is 'n 10-jarige seuntjie wat twee keer per week na die sopkombuis in hul buurt gaan. Terwyl ander kinders hul kos net daar eet, het Jannie sy kos geneem en haastig huis toe gehardloop, van die kinders wat daar was, het hom al begin uitlag, want hul het opgelet dat sodra Jannie sy kos kry, is hy haastig om by die huis te kom.

Een dag roep Jannie een van die vroue by sopkombuis eenkant en vra of hulle nie dalk ekstra kos het wat hy by die huis kan gaarmaak nie. "Kan antie vir my sê hoe 'n mens dit gaarmaak," wou die seuntjie weet toe die vrou 'n sak aan hom oorhandig! "Moet ek dit vir jou neerskryf sodat jy dit vir jou ma kan gee," wou die dame weet. Die seuntjie laat sy kop sak en trane rol oor sy vuil gesiggie.

"Het ek iets verkeerd gesê," wou die dame weet, terwyl sy die seuntjie nadertrek en met arms vol liefde omhels. Die seun kyk op en sê: "Dit sal nie nodig wees om dit neer te skryf nie ... antie kan maar net sê hoe en ek sal onthou hoe dit gedoen moet word." Sy oë skiet vol trane terwyl hy sê: "My mammie is blind en siek, en ek wil vir haar die kos gaarmaak sodat sy gesond kan word."

Skrywer onbekend

[[Klik HIER vir nog inspirasie]

Thursday 14 July 2022

Skoene vir die koue winter


'n Kaalvoetseuntjie staan op 'n koue wintersdag voor 'n winkelvenster. Verlangend kyk hy na die wintersklere en skoene wat so keurig uitgestal is.
'n Vrou wat daar verby loop, kyk na die seuntjie en vra vir hom: "Waarna kyk jy?"
"Ek vra God vir skoene."
Die vrou stap by die winkel in en versoek die winkelklerk om 'n paar skoene en sokkies te kry, asook 'n emmer water en 'n handdoek. Sy was en droog die seuntjie se voetjies af. Toe trek sy sokkies en skoene vir hom aan en koop nog 'n paar skoene wat sy in 'n winkelsak laat sit. 
"Is dit beter?" vra sy.
Die seuntjie gryp haar hand en vra: "Is jy God se vrou?"
Hierdie soort gee is net moontlik met Christus in ons hart.

[Dankie, Lynette Muller]

Klik HIER vir nog inspirasie

Tuesday 12 July 2022

Onthou ...


Voor jy praat, LUISTER
Voor jy skryf, DINK
Voor jy spandeer, VERDIEN
Voor jy belê, ONDERSOEK
Voor jy kritiseer, WAG
Voor jy bid, VERGEWE
Voor jy opgee, PROBEER
Voor jy afree, SPAAR 
Voor jy sterf, GEE

Monday 11 July 2022

Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien?


"Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien of hoekom laat die Here toe dat dit met my gebeur?"

Hier is ‘n eenvoudige, maar logiese verduideliking!

‘n Dogter vertel aan haar Ma hoe alles verkeerd gaan in haar lewe. Sy het haar wiskundetoets gedruip, haar kêrel het haar skielik gelos, sy het nie 1ste span vir netbal gekry nie en boonop is haar beste vriendin se pa verplaas en sy gaan dus weg. Haar lewe voel soos een groot gemors!

Terwyl sy vertel is haar Ma besig om ‘n sjokoladekoek te bak. Sy kyk besorg na die dogter en vra of sy nie lus is vir iets lekkers om te eet nie.

“O ja!” sê die dogter, “Ma weet mos ek is mal oor Ma se sjokoladekoek!”

"Hier" sê haar Ma, "kry solank ‘n bietjie van die kookolie." 

"Yuck!" sê die dogter.

'Wat dan van ‘n rou eier?" Vra die Ma.

"Ooooh Gross, Ma!"

"Eet dan solank ‘n bietjie meel of bakpoeier" sê Ma.

"Maaaa! Daai goed is als yucky!"

Haar Ma glimlag stil en sê: "Dis waar, al hierdie bestanddele op hulle eie is glad nie lekker nie, maar wanneer ek dit alles bymekaar sit op die regte manier, maak dit die heerlikste sjokoladekoek! So werk ons God op dieselfde manier. Ons wonder baie kere hoekom sekere goed in ons lewens gebeur, maar wanneer ons God toelaat om dit alles in Sy tyd op Sy manier bymekaar te sit, werk dit altyd ten goede uit as ons bly glo en op Hom vertrou.

Ons moet dus leer om op Hom te vertrou en te glo dat dit alles deel is van Sy plan, om op die ou einde vir ons iets wonderliks te skep, want God se planne is nie ons planne nie, en God se tyd is nie ons tyd nie."

[Klik HIER vir nog inspirasie]

Thursday 7 July 2022

Die mooi wat dieper as teerpaaie en winkels lê

Dis nie net die Gautengers wat
met 'n 7de Laan kan spog nie.
7de Laan in die NK se juwele is
sy mense. Hulle is nie "akteurs"
nie, maar hulle is regte mense
met regte probleme en
omgeeharte.
 
Hier vra selfs die GPS-tannie
vir die inwoners rigting. As jy
die grondpaadjie volg, kom jy
by huise uit en ry jy om daardie
huise dan gaan die paadjie na
nog huise. Wegsteekhuisies
waarvan net die inwoners weet.
'n Mens ry 'n paar keer oor
enkelbaanbruggies wat oor vertakkings
van die Oranjerivier gebou is

Hierdie foto's is geneem in die
omgewing van Warmsand
en Fosterseiland.



Die meeste mense wat in hierdie om-die-draai-huisies woon, doen seisoenswerk op die plase. Soos in die res van die land is werk nie volop in die deel nie en armoede vier hoogty. Die plaaswinkels voorsien in die mense se dringendste behoeftes, anders gooi hulle duim na Keimoes of Kakamas toe. Daar is ook 'n groot Rooms Katolieke sendingstasie, met 'n skool van graad 1 tot 12. Die kinders maak van busvervoer gebruik skool toe, maar eers moet hulle tot by die hoofpad loop en smiddae weer terug ... in wind, reën en sonskyn ...  

Is ek 'n diensbare instrument?

As ek na Moeder Teresa se lewe kyk en dink aan al die waarhede wat sy vir ons nagelaat het, weet ek dat ek skuldig staan.

Moeder Teresa het tereg gesê: “Wanneer ’n arm mens van honger doodgaan, is dit nie omdat God nie vir daardie persoon gesorg het nie. Dit is omdat ons nie instrumente in die hande van God was om vir die arme ’n stukkie brood te gee nie.”

Liewe Vader, gee my ’n hart vol omgee vir my medemens sodat my eerste prioriteit nie sal wees om myself te verryk en na “my brood” te soek nie, maar dat ek sal bid en my sal beywer vir “óns daaglikse brood”. Ek wil my talente, gawes en goeie beplanning gebruik in diens van U en u koninkryk, en nie om groter skure vir myself te bou nie. Amen.

[Oorgeneem]

Wednesday 6 July 2022

Kinders is belangrik in Keimoes

Die doel en strewe met skoolonderrig in die algemeen is om goeie geskoolde individue te vorm. 'n Ander belangrike aspek is om leerders se vaardighede in die proses te ontwikkel. Soms is dit nodig om op net een of twee vaardighede te konsentreer en daardie leerder dan toe te rus met die selfvertroue om sy naam te kan skryf, mooi te kan inkleur of om te tel. Dit is egter só belangrik dat daar iemand is wat genoeg gaan omgee om die voortou te neem. En hier stel Keimoes se vrywilligers vir ons 'n navolgingswaardige voorbeeld.
 
 

Hulle glo dat waar daar 'n wil is, is daar 'n weg ... en met hierdie leuse het twee vrywilligers 'n stimuleringsgroep vir kinders met gestremdhede begin ... op een se stoep! Daar is geen skole naby waarby hul kan inskakel nie en hierdie twee vroue het besluit dat as daar nie geriewe is nie, skep hulle die geleentheid om hierdie kinders se vaardighede te ontwikkel. Hulle hanteer kinders met outisme, verstandelike gestremdheid, Down-sindroom en ook fisiese gestremdheid in een klas, ouderdomme ten spyt. Die leergierigheid van die kinders is die soet vrugte op hulle harde werk. 

Die omstandighede was nie maklik nie ... Hitte, stof en ongemak was maar enkele van die faktore. Met die winter op hande, het hulle besef dat die stoepskool nie gaan werk nie ... koue, wind en wintersnuffels is nie bevorderlik vir hulle stoepskool nie. 

'n Tydelike oplossing in die vorm van 'n vertrek in iemand se huis, was 'n antwoord op hierdie vroue se gebede. Die laerskool het van hulle ou meubels geskenk. Met 'n hamer, lym en 'n verfkwas het hierdie meubels 'n tweede asem gekry en nooi hulle in helder kleure die skoolkinders elke oggend uit om te kom werk. 



Die vrywilligers het met die hulp van die gemeenskap hierdie tydelike klaskamer ingerig sodat die leerders die skoolgevoel kan ervaar. 

Voor die verandering ...
Na die mooimaak en regmaak ...

Gelukkig was me. Christelle met die "opening" van die klaskamer daar en kon sy hulle bederf met noodsaaklike skryfbehoeftes wat skoolgaan net makliker gaan maak. Mnr. André du Plessis het altyd gesê dat die naaste helpende hand aan die einde van jou eie arm is. En hier word die voorbeeld vir die gemeenskap gestel.   




18 000 dankies!!!



Tuesday 5 July 2022

Jy is nie 'n mislukking nie ...

Mislukking beteken nie dat jy ‘n mislukking is nie ...
Dit beteken wel dat jy nog nie suksesvol was nie.

Mislukking beteken nie dat jy nog niks bereik het nie ...
Dit beteken wel dat jy al iets geleer het.

Mislukking beteken nie dat jy ‘n dwaas was nie ...
Dit beteken wel dat jy hope geloof het.

Mislukking beteken nie dat jy verneder is nie ...
Dit beteken wel dat jy bereid is om te probeer.

Mislukking beteken nie dat jy nie oor die vermoë beskik nie ...
Dit beteken wel dat jy dit op ‘n ander manier moet probeer doen.

Mislukking beteken nie dat jy minderwaardig is nie ...
Dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Mislukking beteken nie dat jy jou lewe gemors het nie ...
Dit beteken wel dat jy ‘n rede het om van vooraf te begin.

Mislukking beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
Dit beteken wel dat jy harder sal moet probeer.

Mislukking beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
Dit beteken wel dat dit ‘n rukkie langer sal neem.

[Oorgeneem]