Showing posts with label Vakansieprogram. Show all posts
Showing posts with label Vakansieprogram. Show all posts
Saturday, 5 July 2025
Ruben sê dankie!
Dis weer tyd om die pen op te neem en hierdie keer is dit om dankie te sê. Dankie het net twee lettergrepe, maar dis 'n woord wat gelaai is met tonne positiewe ione of kilogramme vir diegene wat al lankal uit die skool is en nie meer kan onthou wat ione is nie. (Gelukkig kan ek vir Tommie vra as ek twyfel oor iets, want hy is nog op skool!)
![]() |
| Dankie-sê in wording |
Ek is mos 'n hond met 'n uitstekende gehoor en elke dag as hulle opgewonde en geselsend van die Bybelskool af teruggekom het, kon ek duidelik hoor dat hulle dit geniet het. Hulle stories en gesprekke het anders geklink. Nie die normale klaery of foutvindery nie, maar positief - ek wil my verstout deur te sê ek het hoop gehoor.
Saad van hoop, is toekomssaad - dis iets wat jy in jou hart bêre en wat as dit genoeg tyd kry om te ontkiem - 'n gedagte - 'n droom - 'n werklikheid word.
![]() |
| 'n Hartsdankie vir elkeen by die 2025-Bybelskool! |
Deesdae se jongmense is nie meer lojaal aan die kerk nie, en baie reken dis iets vir die ou mense. Baie keer kla jongmense as hulle saam met hul ouers moet kerk toe gaan - ek hoor dit by elkeen se troetelhond, want ons honde skinder ook onder mekaar en ons kan dit oor kilometers heen doen en almal kan dit hoor en elkeen lê 'n spreekwoordelike eier. Ons spesie is op hoogte van alles wat in die dorp gebeur. Ek kan net dink hoe al die nuus wat ons so heerlik uitbasuin die misdaadsindikate tot voordeel sou strek as hulle maar net Blafiaans kon verstaan. Maar totdat AI nie Blafiaans kan ontsyfer nie, is ons veilig en blaf ons lustig voort.
Wat is die oplossing? Die kinders moet aktief by die kerk betrek word. Hulle moet voel hulle wil daar wees. Dit moet vir hulle lekker wees - 'n plek van opgewondenheid, veiligheid en geborgenheid.
Ons elkeen het 'n verantwoordelikheid teenoor kinders, veral die outjies wat op die grondpaaie en verspoelde paaie van die lewe geland het.
![]() |
| Ons winterbederf! |
Nou ja, maats, dit is met 'n dankbare hart dat ek julle groet tot volgende keer.
Ruben
Friday, 28 June 2024
Binnekringnuus: KJSS se dankie vir die Bybelskool
Korrespondent: Ons is dankbaar trots op ons drie kringleiers wat by die Kerk van die Nasarener 'n geleentheid gekry het om hul leierskapsvaardighede te slyp.
Ons is dankbaar dat elkeen van die inwoners die geleentheid gekry het om die Bybelskool by te woon - die vervelingsfaktor is goed gekelder deur die erns en die luim wat mekaar afgewissel het.
Ons dankie-sê-bydrae kom in die vorm van 'n choc chip-koekie, met 'n boodskap uit die Bybel. Gaan lees dit, glo dit en leef dit! 350 choc chip-koekies het hulle weg gevind na o.a. elke kind, leier, personeel en werker.
Ons dankie-sê-bydrae kom in die vorm van 'n choc chip-koekie, met 'n boodskap uit die Bybel. Gaan lees dit, glo dit en leef dit! 350 choc chip-koekies het hulle weg gevind na o.a. elke kind, leier, personeel en werker.
Dankie, ds. Johan en Annelie, saam met julle span, vir wyse waarop julle alles georganiseer en gekoördineer het. Leierskap het die fondament vir spangees gevorm.
'n Uit-die-hart-dankie vir 'n ongelooflike kinderfeesspele
Hierdie week het nie net die vakansie "korter" gemaak nie, maar broodnodige pitkos verskaf waaraan daar nog baie lank herkou sal kan word. Waardes, lewenslesse, beginsels, etiek en geloof is ingebou saam met 'n dag se bedrywighede. Julle moeite en omgee gaan nie ongesiens verby nie.
Wednesday, 19 June 2024
Saturday, 30 December 2023
Heerlike vakansie-aktiwiteit
Meng en proe in die kombuis is altyd lekker en so bietjie mors op die tafel tydens die meng, uitrol en uitdruk is mos toelaatbaar. Tussendeur kan 'n mens mos ook na hartelus proe of die bestanddele darem in die regte verhouding is. Vrydag was 'n goeie dag vir bak en brou en die resultate was pakkie vir pakkie die moeite werd.
Thursday, 21 December 2023
KJSS-vakansieprogram
Lang warm dae in Kimberley tydens die lang Desember-skoolvakansie vra vir 'n vakansieprogram.
Christelle Hattingh sê dat die program nie net lekker gaan wees en groot pret aan die kinders verskaf nie, maar dit gaan ook goed wees vir hulle groot en klein motoriese vaardighede. Met Kersfees net om die draai, het die entoesiastiese deelnemers vandag elkeen hul eie kartonkeël gekry om sy of haar eie Kersboompie te maak. Dit het almal se belangstelling geprikkel, want hulle het die afgelope naweek vir Kersvader in lewende lywe ontmoet en met die besoek van nog 'n Kersvader in die pyplyn, het hulle kreatiwiteit nie perke geken nie.
Hulle voltooide Kersboompies gaan as tafelversierings in die eetsaal dien.
Voordat die deelnemers aan die werk gespring het, het tannie Estelle gesorg dat die energievlakke op die regte hoogte is vir Kersboominspirasie.
Foto's: Christelle Hattingh
Wednesday, 26 June 2019
Park run word padloop in Gariep
![]() |
| Foto's: Christelle Hattingh |
Gariep-woongebied is 60 km van Groblershoop af op pad na Upington.
Nog foto's hier.
Tuesday, 18 June 2019
Subscribe to:
Posts (Atom)




















