Showing posts with label Hoop. Show all posts
Showing posts with label Hoop. Show all posts

Wednesday, 24 June 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag hierdie oggend vir jou
VREDE in jou hart
DANKBAARHEID in jou siel 
en SEËNINGE
in elke oomblik bring.  
Loop met HOOP
Leef met LIEFDE 
en VERTROU dat God
jou elke tree BESKERM.

Thursday, 14 May 2026

Hemelvaartdag: 'n Dankie-Donderdag in vele opsigte

Hemelvaartdiens: Deurkollekte - Christina Kiddie
Deel van KJSS-personeel
God se voorsiening en Laerskool Eureka se omgee-harte 
op Hemelvaartdag
tasbaar in 'n kollektebordjie! 
Dit bring hoop, skep geleenthede en help bou aan 'n beter toekoms!

'n Yslike groot dankie aan dr. Etienne Venter, personeel en elke 
Eureka-leerder  en -ouer dat julle OMGEE
in dade omsit.

Sunday, 13 April 2025

1 Korintiërs 13: God se liefde

Skryf al die postiewe en negatiewe eienskappe van die liefde vanuit die oogpunt van God se liefde neer.

Linda van Heerden het probeer om in die een kolom te illustreer hoe God se liefde vir my die eienskap in die ander kolom bevestig. 

LIEFDE IS: GOD SE LIEFDE VIR MY IS ... 
Geduldig: Hy behou geduld met my wanneer ek dieselfde foute so herhaaldelik maak
Vriendelik: Hy glimlag áltyd as Hy my sien en is bly as ek by Hom gaan sit.
Verheug oor die waarheid: Hy hou daarvan as ek volkome eerlik is.
Dit bedek alles: Deur Jesus se bloed bedek Hy al my sondes en spreek my vry.
Dit glo alles: Hy glo áltyd net die beste van my.
Dit hoop alles: Hy bly hoop dat my oorgawe aan Hom elke dag sal toeneem.
Dit verdra alles: Hy word nie kwaad vir my gebrekkige vertroue in Hom wanneer ek in swakheid weer my eie kop volg nie.
Dit vergaan nooit: Hy is nimmereindigend, onveranderlik, ewig en konstant innig lief vir my.

LIEFDE IS NIE: GOD SE LIEFDE VIR MY IS NIE ...
Afgunstig nie: Hy is bly as ek my talente ten goede gebruik en trots daarop as ek presteer.
Grootpraterig nie: Hy spog nie oor alles wat Hy vir my gedoen en opgeoffer het nie.
Verwaand nie: Hy dink nie ek is benede Sy liefde en aandag nie.
Handel nie onwelvoeglik nie: Hy tree áltyd met respek teenoor my op.
Soek nie sy eie belang nie: Hy stel my áltyd voor Homself, Hy soek áltyd my beste belang.
Is nie liggeraak nie: Hy voel nie verwerp as ek te min aandag aan Hom gee en te min tyd saam met Hom bestee nie.
Hou nie boek van die kwaad nie: Hy gooi nie my sondes voor my kop nie, maar verwyder dit so ver soos die ooste van die weste af is van my.
Verbly hom nie oor die onreg nie: Hy word saam met my hartseer as slegte gebeure my hartseer maak.

[Linda Van Heerden]

Wednesday, 26 February 2025

Rosetta se goeie wense: 'n Bemoedigende gedagte


As jou trane vlakker lê as jou smile ...
KYK OP -
God is ons HOOP

As jou hart seerder is as jou oë ... 
HUIL,
want trane bring verligting
en ook heling vir alle wonde

As jou antwoorde verder is as wat jy dink ... 
BID, 
want Jesus is ons Leermeester

As jy voel jy kan nie meer nie ... 
PROBEER nog een keer, 
want dis dalk die laaste keer

As alles om jou breek ...
STAAN VAS ...
want God is in beheer!!

Wednesday, 12 February 2025

Rosetta se goeie wense: Hoop


Mag jou hart gevoed 
word met liefde,
jou siel met geloof,
en jou binneste met vrede,
dan sal jou menswees
versadig wees met hoop.  

Wednesday, 6 March 2024

Rosetta se goeie wense:


Hoop ... maak die lewensreis moontlik.
Geloof ... maak dit maklik.
En liefde ... maak dit onvergeetlik.

Wednesday, 28 February 2024

Rosetta se goeie wense:


Glo vandag dat jy Sy wysheid in jou het,
dat Sy moed in jou hart gegraveer is
en dat die hoop wat Hy bring
óók jóú deel is. 

Wednesday, 21 February 2024

Rosetta se goeie wense:


As jy jou hart voed met liede
jou siel met geloof
en jou binneste met vrede
sal jou menswees
versadig wees met hoop.

 

Sunday, 29 October 2023

Hoop is om die lig te sien ...

Die krag van empatie, geduld en persoonlike ondersteuning bemagtig diegene met gestremdhede en gee vir hulle hoop op hulle unieke reis wat hulle met 'n glimlag omhels.

[Bron: Nuusbrief 2023: Stephné Botha van Innovation]

Sunday, 22 October 2023

Hoop is om die lig te sien ...

"Gestremdheid is in die oog van die waarnemer. Dit is nie die blindes wat nie kan sien nie of die dowes wat nie kan hoor nie: die enigste persoon wat aan 'n gebrek ly is die persoon wat homself hoër ag."
Anoniem

[Bron: Nuusbrief 2023: Stephné Botha van Innovation]

Sunday, 3 January 2021

'n Koester Karos-dankie vir elkeen se betrokkenheid

'n Baie groot dankie aan elke leser wat betrokke gelees en gereageer het. 

Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte, idees, planne en foto's gestuur het om hierdie blog van KOESTER KAROS aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie ouers se planne het opgeraak hoe om hulle kleuters en kleintjies besig te hou, maar deur te deel, het almal daarby gebaat.  . 

2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, sal voortgaan om nuus, idees, foto's en inspirerende boodskappe te stuur. Ons sien uit daarna. 

Koester 2021 en maak hierdie 'n jaar wat oorloop van hoop.

Tuesday, 26 June 2018

Is twee mossies nie vir 'n sent verkoop nie ...

In die konsentrasiekamp, meer as 100 jaar gelede, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog ...

Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”

Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer.

Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.

Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en genl Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie”-boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het. Hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agterop. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stilstaan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.

Vandag ’n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ʼn 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan my hart se werksomstandighede, vir enkel ouers en weduwees, en ek besef die mossieboodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. Gister, terwyl ek vir my kliënte sit en wag en ek dieselfde boodskap vir my vrou gestuur het, het 3 mossies op my voertuig se voorste "bushbar" kom sit en het ek dadelik geweet ons Koning praat met my om my gerus te stel. Daar is niemand soos Hy nie en Hy sal altyd na ons kyk en ons versorg. Hy's net 'n gebed ver. Geseënde "mossie"-dag vir jou.

Mag God Homself ook vandag op ‘n besonderse manier aan jou openbaar. God seën u!