Showing posts with label Waardering. Show all posts
Showing posts with label Waardering. Show all posts

Wednesday, 15 October 2025

Rosetta se goeie wense: Toon liefde aan mekaar


Hoe klein is ons aardse wêreld nie teen U Groot Skepping, 
hoe sinloos is ons gejaag 
en hoe kortstondig is ons lewens.
Leer ons waaroor die lewe en die Ewigheid werklik gaan,
laat ons die klein dingetjies meer begin waardeer.
Kom ons toon net liefde aanmekaar, 
die lewe is kort. 
Die dag van môre is nie vir almal bestem nie, 
maar hoe sal ons weet?

Tuesday, 2 September 2025

Ons word daagliks herinner aan God se troue sorg


Ons wil graag vir die boer van Petrusburg baie dankie sê vir sy liefdevolle skenking - 50 sakke aartappels en 30 koolkoppe. Hierdie praktiese betrokkenheid stel ons in staat om die inwoners met gesonde groente te bederf.

Dankie, Fanie du Plooy, dat jy die belange van Christina Kiddie KJSS op jou hart dra en dat geen moeite vir jou te veel is nie. 

Die betrokkenheid van ons skenkers hou ons arms omhoog om die ekstra myl vir ons kinders te loop!

Saturday, 12 October 2024

56 000 e-besoeke


Koester Karos het die 56 000-kerf bereik. 'n  Koester Karos-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Stuur gerus idees en voorstelle in - ons luister graag. Dankie vir al die positiewe kommentaar wat sommer so padlangs gestuur word.

'n GROOT DANKIE aan elke medewerker wat só gereeld bydraes stuur. Julle sterk ons hande!
  • Katelyn Marais
  • Liz de Koker
  • Marguerite Pienaar
  • Portia Kgopodithata
  • Ruben (Binnekringjoernalis) 
  • Rosetta Venter
  • Valerie Kilian

Saturday, 20 July 2024

51 000 keer dankie vir die belangstelling


Die top 9 lande wat by Koester Karos die afgelope maand ingeloer het - duidelik is daar toevallige inloerders wat net die kleurprentjies verstaan, maar aan die ander kant is daar getroue lesers wat nie huiwer om kommentaar te stuur nie. Die kommentare help ons dat Koester Karos 'n aangename leeservaring bly. Leesvreugde aan elkeen - ons waardeer julle almal!

Thursday, 21 March 2024

43 000 besoeke


Sommer so stil-stil het Koester Karos die 43 000-kerf bereik. 'n Koester Karos-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Stuur gerus idees en voorstelle in - ons luister graag.

Friday, 2 February 2024

41 000 besoeke


Sommer so stil-stil het Koester Karos die 41 000-kerf bereik. 'n  Koester Karos-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Stuur gerus idees en voorstelle in - ons luister graag. 

Saturday, 23 May 2020

7000 dankies!!!

Dankie vir elkeen wat so gereeld by ons inloer.
Vertel gerus vir jou vriende van ons.