Showing posts with label Lewensles. Show all posts
Showing posts with label Lewensles. Show all posts

Wednesday, 16 April 2025

Rosetta se goeie wense: Mag dagbreek jou daagliks omhels


Mag Sy liefde jou elke môre begroet,
met genoeg seëninge vir elke dag.
Mag God jou môrelig wees,
as die son soggens opkom,
sonder donker wolke,
Mag elke dagbreek jou omhels
met God se genade en liefde.

Monday, 14 April 2025

Wat ma my geleer het ...

Sy het my geleer om WERK WAT GOED GEDOEN IS TE WAARDEER:
"As julle mekaar wil doodmaak, doen dit buite - ek het nou net klaar skoon gemaak."
Sy het my van GODSDIENS geleer:
"Jy beter begin bid dat die kol uit die mat kom."
Sy het my geleer OM IN TYD TE REIS:
"As jy nie opruim nie, foeter ek jou tot in volgende week in."
Sy het my LOGIKA geleer:
"Want ek sê so, dis hoekom."
Sy het my geleer om VOORBEREID te wees:
"Trek skoon onderklere aan vir in geval jy in 'n ongeluk kom."
Sy het my IRONIE geleer:
"Hou aan lag en ek gee jou iets om oor te huil."
Sy het my van die WETENSKAP van osmose geleer:
"Maak toe jou mond en eet jou kos!"
Sy het my van UITHOUVERMOË geleer:
"Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou groente opgeëet het!"
Sy het my geleer van sintuie:
"Kinders word gesien en nie gehoor nie!"
Sy het my van die WEER geleer:
"Dit lyk asof 'n tornado deur jou kamer is."
Sy het my geleer om FISIKAPROBLEME op te los:
"As ek skree daar is 'n komeet op pad, sal jy dan luister?"
Sy het my van SKYNHEILIGHEID geleer:
"Het ek nie al 'n duisend maal gesê moenie oordryf nie!"  
Sy het my van die LEWENSKRINGLOOP geleer:
"Ek het jou in hierdie wêreld ingebring, ek kan jou weer daaruit haal."
Sy het my van GEDRAGSVERANDERING geleer:
"Hou op om soos jou pa op te tree."
Sy het my van JALOESIE geleer:
"Daar is duisende minderbevoorregte kinders op die aarde wat enige iets sou gee om ouers soos jy te hê."

[Geneem uit Die Poortgenoot - November 2000]

Wednesday, 26 February 2025

Rosetta se goeie wense: 'n Bemoedigende gedagte


As jou trane vlakker lê as jou smile ...
KYK OP -
God is ons HOOP

As jou hart seerder is as jou oë ... 
HUIL,
want trane bring verligting
en ook heling vir alle wonde

As jou antwoorde verder is as wat jy dink ... 
BID, 
want Jesus is ons Leermeester

As jy voel jy kan nie meer nie ... 
PROBEER nog een keer, 
want dis dalk die laaste keer

As alles om jou breek ...
STAAN VAS ...
want God is in beheer!!

Wednesday, 25 December 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons die vreugde van die goeie nuus, hierdie Kerstyd, sigbaar maak.
Mag die vreugde van Kersfees vir ons elkeen ’n waarheid wees.

Wednesday, 18 December 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag die boodskap van redding aan almal bekend wees,
en mag die vreugde van Kersfees ons lewens vul.

Wednesday, 11 December 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons vandag die diepte van Sy raad,
die krag van Sy heerskappy,
die liefde van ons ewige Vader,
en die vrede wat Hy alleen kan bied, ervaar.

Wednesday, 4 December 2024

Rosetta se goeie wense:


Leer my vandag opnuut
dat u Seun nie gesterf het
om ons van lyding te verlos nie,
maar van onsself en
van onregverdige dade. 

Wednesday, 27 November 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons vandag
nie so haastig wees
om te oordeel nie.
Maar dat ons elke dag
om leiding sal bid.

Wednesday, 20 November 2024

Rosetta se goeie wense:

Ek bid dat jy vandag
omring sal word
deur mense wat vir jou lief is,
wat vir jou omgee en
en wat God se seën oor jou afbid.

Wednesday, 13 November 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons vandag entoesiasties uitreik
en omgeeliefde versprei.
Mag ons ons van 'n nuttelose
bestaan weerhou.

Wednesday, 6 November 2024

Wednesday, 30 October 2024

Rosetta se goeie wense:


mag ons ons vandag daarop toespits
om optimisties te wees en nie pessimities nie.

Wednesday, 23 October 2024

Rosetta se goeie wense:

Die Here jubel en juig oor jou!
Mag jy vanaand aan Hom
'n loflied bring.
Sef. 3:17 

Wednesday, 16 October 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons besef en onthou
dat elkeen van ons uniek is.
dat ons verskille die lewe interessant maak,
en dat ons mekaar aanvul,
al voel dit nie altyd so nie.

Wednesday, 9 October 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons die daaglikse uitdagings
wat oor ons pad kom,
sien as 'n geleentheid om te groei.

Wednesday, 2 October 2024

Rosetta se goeie wense:


Francis Bacon het gesê dat die mens
moet weet dat in hierdie verhoogstuk
van die lewe dit slegs vir God en
die engele bestem is om toeskouers te wees.
Mag ons elke dag aktief werk aan
ons lewensverhoogstuk. 

Wednesday, 25 September 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons vandag op 'n positiewe manier
'n verskil maak
en 'n gees van medelye te bevorder.

Wednesday, 18 September 2024

Rosetta se goeie wense:


Help my om U stem vandag
in die natuur en deur mense
en gebeure te hoor.
Spreek vandag tot my.

Wednesday, 11 September 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons vandag net so passievol wees soos Paulus.
En alles wat ons vandag aanpak en doen, met net soveel oorgawe as hy doen.