Sunday 20 June 2021

Vadersdag

 Daar is baie dinge wat 'n goeie pa-storie verseker:- 

l        Tyd. Daar is niks wat meer geborgenheid verseker as tyd wat aan 'n kind afgestaan word nie.

l        Liefde tussen ouers. Elke kind wil graag in sy pa-storie skryf dat sy ma en pa vir mekaar lief is.

l        Balans tussen werk en huis. Almal moet werk, maar die meeste mense moet bietjie minder werk.

l        Betrokkenheid by die gesin maak dat die gesin mekaar ken. Het jy al gehoor dat iemand se:- Ek het nooit kon glo dat my kind DIT sou doen nie. Ek weet nie waartoe die bure se kind in staat is nie, want ek bly nie saam met hom nie. Maar ek bly saam met my eie kind in die huis.

l        Kinders wat deur die ouers geleer word, maak meer en meer soos die ouers. Goeie dinge wat ge-”teach” word, vryf af op die volgende geslag, en sorg vir nog 'n goeie pa-storie.

l        As God jou vader is, in alle opsigte, het jy ook 'n goeie Geestelike pa-storie, outomaties. 'n Man wat goed met God konnekteer, se kinders konnekteer baie beter met hom as persoon. Rolmodel.

l        'n Ouer wat sy kind leer, dag vir dag, waar jy op die pad is of waar jy by die huis is, se gesag word baie maklik aanvaar. (Deut 6:6-7: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan”)

l        Party mense se kinders oorheers die huishouding so, dat die pa net werk aan 'n kind-storie, waar die kind sy pa se gesagsrol oorneem. So 'n kind sal ook nooit 'n goeie pa-storie hê nie. 

Waar begin ek met 'n goeie pa-storie, as myne sleg is? 

Dit begin met 'n besluit, wat bekendgemaak word soos in Josua. “Wat my en my gesin betref, ons sal die Here dien”. 

(www.heuning.co.za)