Showing posts with label Gedig. Show all posts
Showing posts with label Gedig. Show all posts

Thursday, 20 August 2026

Ruben se een minuut gedig: Reën

Dis tog te lekker as die reën
so drup-drup op die blare,
en die druppels hang soos pêrels
aan ons toutjierige hare.

As dit weer buite skoon is
en al die slote loop,
dan kan ons tog te heerlik
ons voete daarin doop.

Mammie sê ons kinders
moet liewer binne bly,
want as ons natreën, sal ons dalk
‘n kwaai verkoue kry.

Maar wat van al die bome
wat altyd buite bly?
Nog nooit het ek gehoor
dat een ‘n seerkeel kry!

[Digter onbekend]

Thursday, 16 July 2026

Ruben se een minuut gedig: Eseltjie ry

Woorde: SAAR ENGELA
Musiek: J. KROMHOUT

Ka-poe-te, ka-poe-te, ka-pat,
die eseltjie ry ná die stad.
Hy pluk aan sy toompie
en sukkel met oompie
en trek sy twee lang ore plat.

Ka-poe-te, ka-poe-te, ka-pout,
maar kyk so ‘n esel is stout!
Toe, roer jou, Jan-dooi,
loop vinnig, loop mooi,
en klaps! kom ‘n raps op die bout!

Ka-poe-te, ka-poe-te, ka-pat,
maar nou laat so ‘n eseltjie spat.
Dit spring en dit skop,
en dit wip agter op,
en Oompie lê plat in die pad!

Bron: HIER

Sunday, 21 June 2026

Gedig: Pa is baie meer as net 'n gedig

'n Pa is 'n vriend
wat bly aan jou sy
'n lojale vertroueling
wat jou orals sal lei.

'n Opregte kameraad
as dit sleg gaan met jou
op wie se beskerming
jy kan vertrou.

'n Pa gee krag
hy vertroos en ondersteun
jy kan hom bewonder
en altyd op hom leun

Pa's al hierdie dinge-
wil daarom net sê
geen pa in die wêreld
word meer liefgehê. 

[Dankie, Anoniem, vir jou pa-gedig.]  

Gedig: Vadersdag

Aan al Pa se liefde,
dade en werke,
besef ek vandag ...
is daar werklik geen perke.
As ek die ou mensdom
op die keper beskou,
wil ek Pa bo almal
as my pa behou!

[Dankie, Anoniem, vir hierdie wense.] 

Thursday, 18 June 2026

Ruben se een minuut gedig: Visvang

Plaps! Dit was so amper
   of ek het nou een gehad.
Maar hulle is so vreeslik glad
van al die tyd se bad ...

Soe! Die water loop al straaltjies
   agter in my nek,
en onder by my skoen se sool
begin dit ook te lek.

Kaats! Hou op met knor en loer.
   Jy maak die visse bang!
En dan kan ek maar opgee
om hulle te wil vang.

Outjie! Nou kyk ʼn bietjie ...
   Hoe het ek dit reggekry?
Die mooiste, geelste van die vissies
het in ... my kous gegly!
 
* Anoniem 

[Bron: Klik HIER]

Thursday, 21 May 2026

Ruben se een minuut gedig: Slaap

Maats, hierdie gedig plaas ek op versoek van my ouma Annie. 
(Sy het dit jare terug op skool geleer en sy het dit ook vir ons as klein hondjies geleer. Lees dit sommer drie keer deur.) 

Wat is die slaap ‘n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.

Vir laas beef oor haar lippe ‘n fluistering:
“Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak:
in vaderarms rus my lieweling.
Sluit so my oë, God, wanneer vir my
u Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

* DF Malherbe (1881-1969)

[Klik HIER]

Friday, 1 May 2026

Gedig vir Werkersdag: Die Hande

Met hande wat bou en werk en vorm,
staan werkers vas in elke storm.
Van vroeg tot laat, met moed en krag,
word daar gedink aan 'n beter dag.
Dankie vir die sweet en die bloed,
julle werk is onskatbaar goed.
Veilige en geseënde Werkersdag! 

[KI-gedig]

Thursday, 16 April 2026

Ruben se een minuut gedig: Om gesond te lewe

As ek my kos eet - elke dag -
(ook wortels, kool en avokadopeer)
en voor die nuus begin - elke nag
soet-stil bedwaarts keer ...
 
As ek en Pa net na werk
gaan oefen by die Sweet-en-Strek
dat my spiere groei en bult en rek
tot die meisies na hul asems snak -
 
dán sal ek nie moeg word of verkoue kry
en sonder sukkel spel én somme doen.
"Vriendelik, netjies, gemanierd is hy;
ʼn oulike kind" sal hul my noem!

Nou wil ek net weet:
Hoe’t die Grieke dit geweet?
Was daar toe dan reeds
TV, skool en somme?
 
* Anoniem 

[Bron: Klik HIER]

Thursday, 19 February 2026

Ruben se een minuut gedig: Kat en muis

ʼn Kat sê eendag vir ʼn muis:
"Ek voel tog so alleen,
kom speel hier met my in die huis,
dan gee ek jou ʼn been!"
 
"Nee dankie," sê die slimme muis.
"Ek bly maar weg van jou -
by katte voel ek glad nie tuis,
hul wil my beentjies kou!"

* Helena J.F. Lochner

[Bron: Klink HIER]

Thursday, 22 January 2026

Ruben se een minuut gedig: Oom Jakkalaas

Oom Jakkalaas, die slimme dier,
drafstap deur die Katrivier,
toe klink daar, droewig, ʼn geluid:
dis die boer wat vir sy honde fluit.

Oom Jakkalaas draf ʼn rant verby,
oom Jakkalaas trek sy stert opsy;
hy’t ʼn perdevel-hoed en ʼn wildekat-jas,
en styf om sy nek hang ʼn muishond-das.
 
Oom Jakkalaas vlug, oom Jakkalaas draai,
en die honde die byt dat die hare so waai,
maar iewers daarbo in die doringbos
het hond en sy maat die ou-oom gelos.
 
Die kinders die skree: “Oom Jakkals is dood!
Vanaand gaan ons hom in die kleinpotjie kook.”
Maar oom Jakkalaas draf waar die heuningvoël fluit,
en met die gefluit is my storietjie uit.
 
* Anoniem

Uit: Mallemeule, Perskor, 1989

Sunday, 3 August 2025

Gedig: Oudleerder van die Pionierskool in Worcester

Hy, die boom in die middel van die tuin,
       'n verbode vrug beslis.
  Goed, kennis swaai aan sy takke,
  maar die kwaad kom dieper tot rus. 

       Job se geduld dié het hy baie,
  maar ook Jona se hardkoppigheid geërf.
Soos Salomo spreek hy woorde van wysheid,
  maar die roet het aan sy tent begin kerf.

       'n Simson is hy wanneer Filistyne toesak, 
  maar tog ook sy swakheid voor Delila betuig.
Wanneer die rooi see van depressie hom laat versuip
       is dit Faroa wat in sy pompkamers juig.

In sy moedersbuik het die waters geswyg
       oor den één gebrek aan den vlees:
       'n blinde van ouds dié is hy nou.

* Rochelle Louw

* Drie gedigte van Rochelle Louw, 'n graad 12-skolier van die Pionierskool, is ingestuur vir die Afrikaanse woordfees 2001 poësie-kompetisie vir hoërskoolleerders.

Sy het die derde prys verower in hierdie kategorie. Sy het haar gedigte saam met ander skrywers en digters, voor 'n groot gehoor voorgelees in braille. Behalwe vir haar natuurlike poëtiese talent, is dit voorwaar merkwaardig dat sy binne 'n kort tydperk braille kon bemeester.

Haar optrede was met selfvertroue en oortuiging. Pionierskool is baie trots op haar! Rochelle het erkenning van alkante gekry (ondert andere ook belangstelling van 'n joernalis van die tydskrif "Insig").
  
[Bron: InFokus, Nuus van die Instituut vir Blindes, Augustus 2001]

Wednesday, 18 June 2025

Gedig: Kruise langs mekaar

Elke huis het sy kruis,
’n las wat net die draer ken.
Ek dra myne, jy dra joune – nie omdat ons wil nie,
maar omdat dit ons s'n is.

Jy sou myne optel as jy kon,
ek sou joune dra as ek mag.
Maar ’n kruis pas net op een skouer,
en tog, loop ons langs mekaar,
tree vir tree,
jou sug is my gebed,
my las is jou fluistering in die nag.

Dis ligter so – nie omdat die kruis krimp nie,
maar omdat ons weet,
ons is nie alleen nie.

Jy bid vir my, ek bid vir jou,
want dis altyd makliker
om die hemel te storm
vir iemand anders se seer
as vir jou eie stukkend.

Maar miskien,
net miskien,
is dit presies waaroor vriendskap gaan –
nie om die kruis weg te vat nie,
maar om dit te sien,
te erken,
en saam te loop,
langs mekaar,
deur die stof,
tot by lig. 

[Dankie, Christelle, dat jy hierdie treffende gedig met die lesers deel.]   

Sunday, 11 May 2025

Moedersdag: Mamma

Met die sagste oë staar sy na my,
verby al die foute
en dinge wat ek kortkom.
Sy kyk verby die lag-masker
op my gesig
en sien die krake in my raak.
Haar glimlag is eg en suiwer,
soos die sonopkoms
is daar geen pretensies.
Met haar eie seer diep weggebêre
dra sy my wanneer ek te moeg raak om te loop.

Elke dag vertel ‘n verhaal van hoe ek
poog om soos sy te word.
Met haar liefde wat uitstraal
uit haar siel,
verlig dit alles wat donker is.
Haar groen oë weet presies wanneer om saam te lag,
en ook wanneer om te treur.
Met haar sagte hande omvou sy my gebroke menswees
en ek voel weer heel.

Die grappies en lag,
skets soms ‘n ander prentjie
as die seer wat sy in haar koester.
Sy veg onverpoosd voort
en met die soet uit haar hart
verwoes sy enige bitterheid.
Haar gedagtes is ‘n vol-kleur tuin
waar blomme ryklik groei
en skoenlappers baljaar.
Met haar innige omgee
maak sy plek vir selfs die mees gebroke en af-vlerk voëltjies.

Haar arms word ‘n plek van tuiskom
en rus by die stille waters waarvan die Bybel praat.
Sy staan gereed om jou te vang,
op te help, en om jou selfs te dra.
Haar hart ken van voete-was,
en wangdraai,
en die grootheid van liefde.
Met haar onvoorwaardelike liefde leer sy my elke dag
meer van wie ek eendag wil wees.

Duisende woorde het sy nie nodig,
nie eers ‘n groot verklaring of gedigte wat rym.
Nie groot arms vol blomme,
en klein boksies met blink juwele.
Sy waardeer die kleinste gebaar,
en is tevrede met so min ...
En selfs ‘n gewone “hallo mamma”
vertel haar van elke emosie wat binne my ontstaan.

[Uit die pen van Hencia Marais 'n spesiale gedig vir haar ma.]

Saturday, 8 March 2025

International Women's Day: Dream Wings

Woman, you're strength, a sun's bright glow,
A heart that dreams, a soul so good, you know.
Your voice, a song, a free-flowing flight,
Your dreams, so high, a safe and steady light.
The shadows of the past, now far away,
Your future shines, so bright and free today.
With dream wings spread, you rise and soar,
A world anew, where hopes forevermore.
For every woman, a star's soft gleam,
Your dreams are vast, your path, a divine theme.
Today we celebrate, your strength and pride,
Your dream's bright fire, that will never be denied.

[Thank you, Israel Xaba - a creative word magician!]

Thursday, 31 October 2024

Gedig

Ken jóú huis ook die eksamenatmosfeer?
Met kinders tog so opgewerk:
een glo vas die eksamenrooster
is só opgestel om háár te benadeel.
Ek is die een wat oral móét help.
Ek buk oor en verduidelik
maar word gekap:
"Dis net 'n 60%-antwoord, Ma!
Ek soek méér!"
Vergeet my eie stapels merkwerk

Eintlik soek ék ook meer

DeVerra Vollgraaff

[Bron: Klasgids 45:3 Augustus 2010 bl. 58 - klik HIER vir die jongste Klasgids] 

Sunday, 27 October 2024

Gedig: Noudat jy skool verlaat

wil ek ten slotte sê:
gaan dan, my kind
vind jou geluk
omhels die reënboë
ontdek die skatte, jou talente
werk met emmersvol passie
leef voluit soos outobiografieë
luister na jou hart
wees iemand se hart se punt
plant 'n boom
pluk die dag
skilder Monet momente
speel in tuine
droom sonnette
lag blink soos 'n stroom
bid en bly glo
soek, jy sal vind
en slaap uiteindelik
sag, vrind.

Kobus Grobler

[Bron: Klasgids 45:3 Augustus 2010 bl. 58 - klik HIER vir die jongste Klasgids

Thursday, 3 October 2024

Poem: Think about this!


Gaan kuier gerus HIER op The Poem Farm (Children's author and & writing teacher: Amy Ludwig VanDerwater) Hierdie skrywer is lief vir kinders, woorde, gedigte en besoek graag skole om leerders te help met hulle skryfwerk. Die wat duisende myle van haar af bly, kan al die voordele op haar blog kry.
Klik HIER om meer te wete te kom oor hierdie talentvolle skrywer. Geniet elke geskrewe woord. Gaan lees gerus waarvan sy hou en waarvan sy nie hou nie.

Thursday, 26 September 2024

Poem: It's ok


Gaan kuier gerus HIER op The Poem Farm (Children's author and & writing teacher: Amy Ludwig VanDerwater) Hierdie skrywer is lief vir kinders, woorde, gedigte en besoek graag skole om leerders te help met hulle skryfwerk. Die wat duisende myle van haar af bly, kan al die voordele op haar blog kry.
Klik HIER om meer te wete te kom oor hierdie talentvolle skrywer. Geniet elke geskrewe woord. Gaan lees gerus waarvan sy hou en waarvan sy nie hou nie.

Sunday, 25 August 2024

Through It All

I’ve had many tears and sorrows,
I’ve had questions for tomorrow,
there’s been times I didn’t know right from wrong.
But in every situation,
God gave me blessed consolation,
that my trials come to only make me strong.

Through it all, through it all,
I’ve learned to trust in Jesus,
I’ve learned to trust in God.
Through it all, through it all,
I’ve learned to depend upon His Word.

I’ve been to lots of places,
I’ve seen a lot of faces,
there’s been times I felt so all alone.
But in my lonely hours,
yes, those precious lonely hours,
Jesus lets me know that I was His own

Through it all, through it all,
I’ve learned to trust in Jesus,
I’ve learned to trust in God.
Through it all, through it all,
I’ve learned to depend upon His Word.

I thank God for the mountains,
and I thank Him for the valleys,
I thank Him for the storms He brought me through.
For if I’d never had a problem,
I wouldn’t know God could solve them,
I’d never know what faith in God could do.

Andrae Crouch

Click HERE and HERE for more info.

Monday, 8 July 2024

Gedig: Ma, moenie worry nie

Ma, moenie worry nie
die Tjaties is nie 'n war zone nie
os baklei mos net vir turf
soe lat os die drugs
verkoep kan kry
en as 'n anner gheng wil trade
oppie turf wat os lankal gekleim het
dan sal hulle moeligheit kry

Ma, moenie worry nie
wan ek het werk gekry
by 'n drug lord
wat my 'n vet pay check sal gee
en al wat ek moet doen
is die skool-laities encourage
om oek drugs te use

Ma, moenie worry nie
as djou meidikind
haar lyf wil verkoep nie
wan sy is tog 'n addict
wat nie sonner drugs kan leef nie
en Ma,
moenie worry nie
as ek die neighbour se huis inbriek nie
wan ek is addicted aan buttons en rock
al sit ek sonder 'n job

Ma, asseblief, moenie huil nie
wan djou trane
kom my nie toe nie
en as ek inni tronk beland
moenie worry nie
wan dis my verdiende loon
en as Ma
my liggaam inni strate vol bullets kry
moenie treur nie
wan geen traan is my lewe werd nie.

En laastens wil ek net sê
Ma, vergewe my
wan ek het nie geweet
hoe om vir ma te waardeer nie.

Magmoed Martins

[FAT 7/11: Vraestel 2 - Letterkunde]