Showing posts with label Raaisels. Show all posts
Showing posts with label Raaisels. Show all posts

Saturday, 12 September 2026

Ruben-humor: Ouma se raaisels

Maats, ek weet julle is al moeg vir al ouma Annie se raaisels. Maar ek besef dis eintlik 'n skat wat verlore sal gaan, as ons dit nie êrens opteken nie. Ouma Stompie en ouma Annie het een Saterdagmiddag by ons hier in Kimberley kom kuier en daar hoor ek toe nog 'n klomp raaisels ... so uit die perd se bek.

* Raaisel 1: 
Wat het 'n nek, maar geen kop nie.
Antwoord: 'n Bottel

* Raaisel 2: 
Wat breek jy as jy my naam noem?
Antwoord: Stilte

* Raaisel 3: 
Wat het een oog, maar kan nie sien nie?
Antwoord: 'n Naald

* Raaisel 4: 
Hoeveel eiers kan ‘n reus eet op ‘n leë maag voor sy maag nie meer leeg is nie? 
Antwoord: Een. Daarna is sy maag nie meer leeg nie!

Saturday, 8 August 2026

Ruben-humor: Olifante

Raaisel 1
Vraag: Hoe laat is dit as 'n olifant op die heining sit? 
Antwoord: Tyd om die heining reg te maak.

Raaisel 2
Vraag: Hoe weet ek hoe om te bepaal of daar ‘n olifant in my yskas is?
Antwoord: Jy kyk vir voetspore in die botter! 

Raaisel 3
Vraag: En hoe kry jy ‘n kameelperd in jou yskas? 
Antwoord: Maak die deur oop, haal die olifant uit en sit dan die kameelperd in.

Raaisel 4
Vraag: Ons ry in die wildtuin rond en ek sien 'n olifant in die pad staan. Wat maak jy?
Antwoord: Jy haal die fant weg en ry oor die olie.

Raaisel 5
Vraag: Wat het muis vir olifant gesê toe hulle oor die brug stap?
Antwoord: Ons laat darem hierdie brug bewe, né.

Saturday, 18 July 2026

Ruben-humor: Afluister-grappies

Maats, ek het die volgende grappies gedurende die week op die terrein gehoor. Ek gee dit net so weer.

* Klop klop!
Wie’s daar? 
Sannie. 
Sannie wie? 
Sa-nie-sê- nie. 

* Dokter, dokter, ek sien nie goed met hierdie bril nie. 
Het jy al probeer om hom af te haal?

* Hoekom is koalas nie eintlik bere nie? 
Omdat hulle nie die koalafikasies het nie.

* Het jy gehoor van die twee mense wat 'n kalender gesteel het? 
Hulle het albei ses maande elk gekry.

Saturday, 27 June 2026

Ruben-humor: Algemeen

* Hoekom het die M&M skool toe gegaan? 
Antwoord: Want dit wou 'n Smartie wees.

* Hoekom kan 'n neus nie 12 duim lank wees nie? 
Antwoord: Want dan sou dit 'n voet wees.

* Wat het die linkeroog vir die regteroog gesê? 
Antwoord: Tussen jou en my ruik iets.

* Hoekom is spoke, sulke slegte leuenaars? 
Antwoord: Want jy kan reg deur hulle sien.

Saturday, 20 June 2026

Ruben-humor: Dink 'n bietjie ...

* Watter honderas kan hoër as geboue spring? 
Antwoord: Enige hond, want geboue kan nie spring nie.

* Hoeveel keer kan jy 10 van 100 aftrek? 
Antwoord: Net een keer. Die volgende keer sal jy 10 van 90 aftrek.

* Wat het die 0 vir die 8 gesê? 
Antwoord: Lekker belt!

* Hoekom moet jy nie atome vertrou nie? 
Antwoord: Hulle maak alles op!

Saturday, 13 June 2026

Ruben-humor: Raaisels

Raaisel 1:
Vraag: Hoekom het die Oreo tandarts toe gegaan?
Antwoord: Omdat hy sy vulsel verloor het.

Raaisel 1:
Vraag: Wat gebeur as Koos van der Merwe van die skip afval?
Antwoord: Hy breek die seespieël.

Raaisel 1:
Vraag: Wat het 'n kop en 'n stert, maar geen lyf nie? 
Antwoord: 'n Muntstuk

Raaisel 1:
Vraag: Oordags vreet hulle rou vleis, maar snags lê hulle oopbek.
Antwoord: 'n Paar skoene

Saturday, 6 June 2026

Ruben-humor: Raaisels

*Raaisel 1:
Vraag: Wat het baie woorde, maar kan nie praat nie?
Antwoord: 'n Boek

* Raaisel 2:
Vraag: Watter gebou het die meeste stories?
Antwoord: Die biblioteek

* Raaisel 3:
Vraag: Wat is vol gate, maar hou steeds water?
Antwoord: 'n Spons

* Raaisel 4:
Vraag: Wat gaan op en kom nooit weer af nie?
Antwoord: Jou ouderdom

Saturday, 30 May 2026

Ruben-humor: Olifantraaisels

Raaisel 1

Vraag: Hoe weet jy daar was 'n olifant in jou yskas?
Antwoord: Hy het sy voetspore in die botter gelos.

Raaisel 2
Vraag: Wat is so groot soos 'n olifant, maar weeg absoluut niks nie?
Antwoord: Sy skaduwee!

Raaisel 3

Vraag: Waarom dra 'n olifant 'n rooi serp?
Antwoord: Om sy nek warm te hou.

Raaisel 4
Vraag: Hoekom sit 'n olifant in 'n kersieboord?
Antwoord: Om sy rooi skoene weg te steek!

Saturday, 23 May 2026

Ruben-humor: Raaisels uit die Bybel

Ouma Annie vertel dat hulle selfs raaisels uit die Bybel gehad het.

* Raaisel 1:
Hoe lank was Petrus?
Tot hy skoon is.

* Raaisel 2:
Hoeveel diere het Moses is die ark geneem?
Noag was in die ark en nie Moses nie.

* Raaisel 3:
Wie het nooit sy huis verlaat nie?
Kajafas, die hoëpriester.

* Raaisel 4:
Wie was die eerste man in die Bybel wat geskeer het?
Kaleb. (Of was dit nou Kaallip?)

Saturday, 16 May 2026

Ruben-humor: Ouma se raaisels

Liewe Maats, dis nie net ouma Annie wat opgewonde is oor die raaisels nie, maar ook julle maats. Dankie vir al die raaisels wat julle vir my aangestuur het, ek sal dit so deur die loop van die jaar gebruik. Ek het selfs al raaiselhuiswerk moes doen. Onderwysers gee vir die kinders raaiselhuiswerk en die outjies wat nie meer oupas en oumas het nie, stuur vir my 'n e-pos of 'n WA en dan moet ek vinnig dink. Ek kan, as ek vasbrand, gelukkig die lyne na Petrusburg slaan en ouma is altyd reg met 'n antwoord. Dankie, ouma Annie.

Raaisel 1:
* Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?
Antwoord: Baba-erdvarkies

Raaisel 2:
* Wat het die krimpvarkie die kaktus gevra? 
Antwoord: “Is jy my mamma?”

Raaisel 3:
* Raai watter drie woorde gebruik ons die meeste? 
Antwoord: "Ek weet nie"

Raaisel 4:
” Maak my dood dan leef ek langer
Laat my leef dan dood ek gouer”
Antwoord: 'n kers

Saturday, 2 May 2026

Ruben-humor: Ouma se raaisels

Maats, hier is nog van ouma Annie se raaisels. Die ander raaisels sal ek later weer plaas - hulle is baie moeiliker as ons raaisels. Lekker dink! 

* Raaisel 1
Vier stap in die pad,
Vier hang in die pad,
Een waai vlieë weg,
En twee jaag honde weg.
Wat is dit?

Antwoord: ʼn Koei. (Vier bene, vier spene, een stert, twee horings.)

* Raaisel 2
Wat lyk soos ’n olifant,
is so groot soos ’n olifant,
maar weeg baie minder as ’n olifant?

Antwoord: Oom Olifant se skaduwee.

* Raaisel 3
Ek het ‘n perdjie,
hoe verder ek hom ry,
hoe korter word sy stertjie.
Wat is dit?

Antwoord: Naald en gare.

Saturday, 25 April 2026

Ruben-humor: Ouma se raaisels

My liewe Maats, hierdie raaisels is so oud soos my ouma Annie van Petrusburg. Ek het net een van die raaisels reggehad, toe ouma my gevra het. Kan julle dalk raai watter een het ek reggehad?**

* Raaisel 1
As hy staan dan gaan hy en
As hy gaan dan staan hy.

Antwoord: Kwikstertjie se stertjie

* Raaisel 2
Hier kiep-kiep,
Daar kiep-kiep,
Woerts in die hoekie!

Antwoord: Dit is ‘n besem.

* Raaisel 3
So groen soos gras,
So wit soos was,
So rooi soos bloed,
So suikersoet.

Antwoord: ‘n Waatlemoen natuurlik.

* Raaisel 4
Wat van hierdie een:
Wit van agter, prentjie van voor.
Lek van agter, druk van voor.

Antwoord: 'n Posseël wat jy op 'n brief plak. (Weet julle darem nog wat 'n brief is?)

** Die enigste een wat ek reggehad het, was nr. 3. Miskien is dit omdat ek so lief is vir eet!!

Saturday, 18 April 2026

Ruben-humor: Raaisels

* Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig?
’n Suurlemoen sonder brieke.

* Wat is die beste manier om ’n apie te vang?
Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang.

* Wat is geel en het vier wiele?
’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele.

* Klop-klop!
Wie's daar?
Checkov.
Checkov wie?
Checkov ek my sleutels op die tafel gelos het, asseblief.

Saturday, 21 February 2026

Ruben-humor: Diere

* Wat het die piesang vir die hond gesê?
Niks nie. 'n Piesang kan nie praat nie.

* Wat kan jy doen dat 'n eekhoring van jou hou?
Gedra jou soos 'n neut.

* Wat kry jy as jy 'n luiperd met 'n muishond kruis?
'n Dier wat met 'n stink spoed kan hardloop.

* Wat noem jy 'n vark wat karate kan doen?
'n Varktjop

Saturday, 7 February 2026

Ruben-humor: Leeu

* Wat het die leeu vir haar welpies gesê toe sy hulle geleer het om te jag?
"Loop net by die sebra-strepe oor."

* Wat neem jy met jou saam as jy op 'n leeu-safari gaan?
Iemand wat stadiger as jy hardloop.

* Onderwyseres: "Jannie, noem vir my 10 wilde diere." 
Jannie: "9 leeus en 1 wildebees, juffrou."

Hierdie volgende leeu-grap is NIE vir kinders NIE, maar vir hulle ouers!

* Op sy aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op 'n jagtog in die Kalahari.
Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker.
"Mammie is weg!"
Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen die boom met 'n leeu wat vir haar staan en gluur.
"Ag jittetjie tog!" gil Koos se vrou.
"Wat gaan ons nou doen?"
"Niks nie!" sê Koos kalm.
"Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry!"

Saturday, 31 January 2026

Ruben-humor: Van miere tot by leeu

* Wie kom altyd saam piekniek hou, maar word nooit uitgenooi nie?
Miere

* Watter insek is die soetste?
Die heuningby

* Wat het die leeu vir haar slim welpie gesê?
Jy is bruljant!

* Hoekom het die leeu die nar uitgespoeg?
Want hy het snaaks geproe.

Saturday, 24 January 2026

Ruben-humor: Spinnekoppe en insekte

* Wat het spinnekop op die rekenaar gedoen?
Sy het 'n webtuiste gemaak.

* Watter soort insek kry jy in die kerk?
'n Bidsprinkaan  

* Wat noem jy 'n vlieg sonder vlerke?
'n Loop.

* Van watter sport hou insekte die meeste?
Krieket

Saturday, 3 January 2026

Ruben-humor: Raaisels

* Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? 
Aarbei-en-skerpioenkonfyt

* Wat is die definisie van 'n pou?
'n Hoenderhaan wat blom.

* Waarom het Noag die ark gebou?
Hy wou oorsee gaan.

* Wat word 'n optimis met ondervinding genoem?
'n Pessimis

Saturday, 13 December 2025

Ruben-humor: Algemene vrae met sinvolle antwoorde

* Hoekom is ’n olifant groot, grys en verrimpeld?
Want as hy klein, wit en rond was, sou hy ’n Disprin wees.

* Wat kry jy as jy ‘n windhond met ’n muishond kruis?
’n Dier wat met ’n stink spoed hardloop.

* “Wat gee jy jou ma en pa vir Kersfees Jannie?”
“’n Lys van alles wat ek wil hê, Juffrou.”

* Buurman: "Koos, kom gou! Jou hond het so pas ’n man gebyt, terwyl hy op sy fiets ry!"
Koos: "Wat makeer die verbrandste hond? Ek het hom spesifiek verbied om vandag met sy fiets te ry!"

Saturday, 29 November 2025

Ruben-humor: Allerlei

* Ek het nog altyd gedog my bure is oulike mense, maar toe sit hulle 'n wagwoord op hul wi-fi.

* Tagtig skoorstene plus agt skoorstene plus sewe skoorstene is gelyk aan?
Baie rook.

* Krieketspeler: "Ek het gewonder hoekom die bal al groter en groter word ... en toe tref dit my."

* In 'n boetiek
Klant: "Kan ek asseblief die rok in die venster aanpas?"
"Nee, jammer, Mevrou, ons het aanpashokkies daarvoor."