Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19

Terug na HOME PAGE


Dankie almal wat van julle idees en planne met ons deel en ook foto's stuur. Ons hoop dat daar tog nog idees is wat iemand kan probeer. 21 dae vra vir kreatiwiteit, hope planne en geduld. Geniet dit en stuur foto's van al die planne.









Klik ook HIER

Optel, aftrek, maal en deel
begin 'n mens eers so speel-speel!





Luan Herbst demonstreer die gebruik en die
voer van die balmonster.
Kry die regte volgorde
Watter nommers ontbreek?
Sit pasmaats bymekaar
Sit die regte hoeveelheid balletjies in
Pas kleur en hoeveelhede bymekaar


Luan en Ma Karin se toiletrolskeppings
Die gesig van iemand wat tevrede is met
die dag se insette.   
Gelukkig is hierdie nie tuinwurms nie, maar
lockdown-wurms. Dankie, mamma Karin,
vir die foto's.
Drie boekies met die alfabet daarin
Luan se eindprodukte na 'n aktiewe dag van
verf. Gebruik die materiaal wat jy het en
onthou, jou verbeelding het geen grense nie. 
Luan kan deskundige raad gee hoe om verf
te meng. Dit is 'n vaardigheid wat
baie konsentrasie verg.
Kartonvliegtuie saam met pappa Johan, gee
vlerke aan enige droom.
Dankie, Elmari vir hierdie maklike, doenbare
en besighou-idees.
Koeldrankdoppies en toiletrolle kan omskep
word in resieskarre - en aangesien brandstof
so goedkoop is, kan kinders nou die wêreld
vol ry om te gaan kuier!
Dankie, Karin, wat vir ons die foto's van
Luan se aktiwiteite instuur.
'n Goedkoop, maar effektiewe oefening om
vir 2-jariges van kleur te leer.
Luan Herbst gee solank die eerste verflaag vir
die basaarblikkies
Katelyn Marais gebruik hierdie tyd om haar
baktalente op te skerp. Aan die einde van
die grendeltyd sal ouma Nerine bestellings
kan vat, want dan is die kuns amper
vervolmaak ...
Daar is nou tyd om na die Paasverhaal te luister
en om dit vir die kleuters te verduidelik.
Met 'n grafie, 'n paar klippe en 'n kruis, kan

die verhaal 'n werklikheid word.
Prentjies het nie dieselfde impak as die selfdoen-aksie
nie. Addie het die graf gemaak en klippe voor die
opening gepak. Sondag sal hierdie klip weggerol
word. En agter die graf is die kruis geplant.
 'n Unieke aktiwiteit wat vir altyd in die geheue
van 'n kind ingeprent sal wees.

Daar is nie grense  aan 'n kind se verbeelding
nie. Die "gewone" klippe stel geboue in
Jerusalem voor, terwyl die graf maklik
herkenbaar is. En om Jerusalem
is daar 'n grondmuur.
Kyk na die verhouding tussen die graf en die
ander geboue in Jerusalem. Die belangrikheid
van Paasnaweek is reeds 'n werklikheid vir

Addie Buitendach.

Luan Herbst besig om sy handvaardighede
te oefen - sommer links en regs ...
Duidelik is daar honderde kilometers
vandag afgelê om al die kuiers
in te pas.
Dankie vir "Kudu farms" wat die
borg was van hierdie belangrike stad.
















                       

No comments:

Post a Comment