Showing posts with label Kersfees. Show all posts
Showing posts with label Kersfees. Show all posts
Thursday, 25 December 2025
'n Kersfeesboodskap
Mnr. G. Grobler van Laerskool Koedoeskop: "Ek het die volgende boodskap ontvang van iemand spesiaal, dalk bring dit ‘n boodskap tuis vanjaar. Matt 9:13 “Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar die sondaars”
Kersfees is ‘n tydperk van besluite - waar gaan ons wees, wat gaan ons eet en wie gaan wat kry? Jingle Bells en Stille Nag se klanke oor winkelsentrums se klanksisteme in jou ore dui die frustrasie van nog ‘n jaar se Kersfeesverkope aan. Jy en mamma het al ‘n geveg voor die eerste geskenk gekoop is. Indien dit die geval is, lees die volgende verhaal en gee dit vir iemand voor dit te laat is."
Waarheen is jou skip van drome op pad?
Sy het bekend gestaan as die skip van drome. Sy was agthonderd en negentig voet lank. Veertienduisend mense het aan haar gebou. Die anker het vyftien en ‘n half ton geweeg en is deur twintig perde van die fabriek af tot by die skip getrek. Die binnekant van hierdie skip het tien maande geneem om te voltooi, altesaam ‘n paar miljoen ure se werk aan Louis Quinze Klassieke Versailles en Victoriaanse versierings, Crown Berger skilderye, Franse kafees en Turkse baddens om maar net ‘n paar te noem.
Sy is ook genoem: Die onsinkbare skip en in ‘n koerant van 1912 word berig dat selfs God haar nie kan sink nie.
Maar op Sondagaand 12 April 1912 sink die Titanic binne twee ure en neem 1500 lewens saam na haar watergraf.
Tydens hierdie twee ure het interessante verhale afgespeel. Daar was te min reddingsbote. Die rykes en vernames het gesorg dat hulle eerste plek kry. Later het die kaptein oor sy megafoon afgekondig dat net vrouens met babatjies plek op die reddingsbote mag kry. ‘n Man met ‘n babatjie in sy arms het verby ‘n vrou gehardloop wat nie ‘n kind gehad het nie. Vir haar was die afkondiging ‘n doodsvonnis. Skielik het haar situasie verander toe die man sy kind in haar arms sit en sê: Dit is joune ... hardloop vir jou plek op die reddingsboot!
Wat is jou grootste Kersgeskenk?
Ons is almal daarvan bewus dat ons lewensvaart iewers soos die Titanic gaan sink. Ons is ook bewus daarvan dat nie almal in hierdie lewe die reddingsboot van Jesus gaan haal nie.
Met Kersfees kom sit God opnuut weer sy kind in jou arms en sê: Dit is joune ... hardloop na my reddingsboot. Moenie wag tot dit te laat is nie. Wanneer ‘n skip sink, word lug uitgeblaas en water ingesuig. Wag jy tot dit te laat is, word jy saam ingesuig, al spring jy. Die meeste mense wat hulle lewe in die Titanic ramp verloor het, het nie verdrink nie maar verkluim. Wie wil in koue water ronddobber as Jesus reeds vir jou ‘n plek op sy onsinkbare reddingsboot voorberei het.
Miskien is daar iemand waaroor jy baie bekommerd is of wonder waar hulle welvaart hulle aan die einde van nog ‘n jaar bring. Miskien sukkel jy ook soos ek om geskenke te koop en wonder wát jy vir daardie een sal koop die jaar. Gee dan bogenoemde Kersfees-reddingsverhaal vir daardie persone as ‘n geskenk. Sit Jesus in die arms van mense wat oop oë besig is om te sink. Dit is tog al waaroor Kersfees gaan, dit mag dalk daardie persoon se grootste geskenk wees in sy lewe.
Sonder Jesus is ‘n vyftien ton anker te lig. My wense vir almal is: dat julle reeds plekke het op God se reddingsboot.
[Kwêvoël - December 17, 2010]

Sunday, 14 December 2025
Kersfeesprojek verras en maak drome waar
Ons hier by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum het gister opgewonde kon deel in die feesseisoen se vreugde danksy The Word Church se Kersgeskenk-inisiatief, onder leiding van Zane en Anja.
Die kinders is elkeen bederf met 'n Diamond Pavilion Mall-geskenkbewys en gisteroggend het die jongmense die inwoners mall toe geneem sodat elkeen sy of haar bewys kon spandeer op dit wat net 'n gedagte of 'n vae droom was. Die skielike waar word van drome is nog besig om in te sink tussen opgewondenheid en ongeloof.
'n Verbaasde, maar ewe opgewonde personeel het gedeel in hierdie vreugde en 'n uit-die-hart-DANKIE vir elkeen se geskenkbewys.
Dankie The Word Church dat die ware Kersboodskap nie net lippetaal is nie, maar dat julle die pad met elkeen van die kinders loop.
Mag julle as gemeente ryklik geseën word in alles wat julle aanpak. Mag Sy goedheid en guns julle elke dag van jul lewe volg. Vreugde en seën vir Kersfees 2025!!!
Saturday, 13 December 2025
Ruben-humor: Algemene vrae met sinvolle antwoorde
* Hoekom is ’n olifant groot, grys en verrimpeld?
Want as hy klein, wit en rond was, sou hy ’n Disprin wees.
* Wat kry jy as jy ‘n windhond met ’n muishond kruis?
’n Dier wat met ’n stink spoed hardloop.
* “Wat gee jy jou ma en pa vir Kersfees Jannie?”
“’n Lys van alles wat ek wil hê, Juffrou.”
* Buurman: "Koos, kom gou! Jou hond het so pas ’n man gebyt, terwyl hy op sy fiets ry!"
Koos: "Wat makeer die verbrandste hond? Ek het hom spesifiek verbied om vandag met sy fiets te ry!"

Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Kersfees,
Lag,
LOL,
Raaisels,
Ruben-humor
Friday, 28 November 2025
Black Friday-pryse: net vandag en môre
Beperkte voorraad @ Black Friday-pryse!!
* Klein koekies teen 'n ongelooflike
R129,99 p/kg.
* Pasteitjies teen 'n bekostigbare
R39,99 vir 6
Bestel nou dadelik hierdie lekkernye, betyds vir Kersfees, teen
Black Friday-pryse!
WhatsApp-bestelling: 060 882 9291
Black Friday-pryse: net vandag en môre
Beperkte voorraad @ Black Friday-pryse!!
* Klein koekies teen 'n ongelooflike R129,99 p/kg.
* Pasteitjies teen 'n bekostigbare R39,99 vir 6
Bestel nou dadelik hierdie lekkernye, betyds vir Kersfees, teen Black Friday-pryse!
WhatsApp-bestelling: 060 882 9291
Thursday, 27 November 2025
BLACK FRIDAY is hier! Bestel NOU!
Moenie hierdie Black Friday-aanbod deur
jou vingers laat glip nie!!
* Klein koekies teen 'n ongelooflike R130 p/kg.
* Pasteitjies teen 'n bekostigbare R40 vir 6
Bestel nou dadelik hierdie lekkernye, betyds vir Kersfees, teen Black Friday-pryse!
WhatsApp-bestelling: 060 882 9291
Saturday, 22 November 2025
Koop jou kleinkoekies vir Kersfees NOU - moenie wag nie!!
Kom koop nou jou kleinkoekies vir Kersfees by
Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum!
Saturday, 28 December 2024
Kalahari Kersfees - Carl Gerber
Daar is nie ‘n Santa Claus nie. Daar’s ‘n Vader Krismis. Hy woon in die Kalahari en hy ry ‘n donkiekar met twee baster donkies. Die een se naam is Papjan en die ander een het nie ‘n naam nie. Hy hoef nie ‘n naam te hê nie, hy luister in elk geval nie. Vader Krismis jaag nie soos ‘n bliksemstraal nie, hy stop en gee sy donkies elke paar uur water. En hy laat hulle ook boesmangras vreet langs die pad.
Vader Krismis verstaan nie Kersbome wat van dennebome gemaak is nie. Hy hou van Kameeldoringbome. Hulle werk lekkerder, want elke seisoen sit hulle hul eie mooigoed op. Fluweel-sade.
Kinders wat stout was, kry nie presente nie. Maar in Kersfeestyd is alle kinders soet. Kinders mag in elk geval so ‘n klein bietjie stout wees, want dis wat kinders kinders maak. Maar hulle mag net stout wees todat ma sê “dis nou genoeg” en hulle is bietjie soeter as pa van die veld af terugkom.
Kalahari-kinders speel nie met iPads nie en hulle ken nie van Apps nie. Hulle speel met kruiptolletjies en bicycle rims. Die rykes speel met ‘n platkar wiel. Maar die rykes en armes hou van mekaar. Hulle deel speelgoed. En kos. En komberse.
Wanneer Kalahari kinders die aand voor Kersfees gaan slaap, gaan slaap hulle nie. Hulle lê wakker deur die langste nag van die jaar. Hulle probeer wakker bly om te sien wanneer Vader Krismis aankom, want niemand het hom nog ooit, ooit gesien nie. Maar wanneer dit baie laat raak, so teen tien-uur die aand, kan hulle nie meer nie, dan gooi Klaasvakie hulle sommer met twee hande vol rooisand.. en dan, die volgende oggend, het hulle weer nie vir Vader Krismis gesien nie. Hulle dink, Vader Krismis en Klaasvakie werk saam, want dit gebeur altyd.
Wanneer kinders op Kersdag wakker word is hulle baie opgewonde, want Vader Krismis was daar. Hy het dan vir elkeen so ‘n ietsie gelos om vir die volgende jaar mee te speel. Dogtertjies kry gewoontlik poppe. Wit poppe, want by die stad se winkels is daar baie meer wit poppe as bruin poppe. Wit poppe is ook baie keer op special. Seuntjies kry kaskarre en ketties. Met haasrek, wat ook al die pad van die stad af kom. Die koperasie hou dit aan.
Kinders en ma’s en pa’s trek op Kersoggend hulle mooiste en beste klere aan, want hulle gaan dan kerk toe om die storie van Josef en Maria te hoor en om Stille Nag te sing.
Na kerk gaan die kinders met hulle nuwe poppe en kaskarre en ketties speel, want ma gaan besig raak om baie kos te maak. Gewoontlik kom al die ooms en tannies en niggies en nefies ook kuier. Hulle bring ook hulle kos saam. En hulle ketties en poppe en kaskarre.
Op Kersfees kry die werfbrak ook ‘n geskenk. Hy kry ‘n skoongesnyde been en al die ekstra vet wat die ma’s van die vleis afsny. Die hond word baie keer siek op Kersfees.
Partykeer word pa’s ook siek op kersfees, maar dis ‘n ander soort van siek wees. Hulle raak eers snaaks en dan raak hulle aan die slaap.
Terwyl pa’s siek is en slaap, was ma’s die skottelgoed en dan gaan slaap hulle ook. Dan moet die kinders weer soet wees, anders kry hulle volgende jaar nie poppe en kaskarre en ketties nie.
Kinders hou baie van Kersfees, want hulle weet dat Kersfees daar is omdat Liewe Jesus almal liefhet en hulle eendag in die hemel wil hê.
Geseënde Kersfees!

[Dankie, Christelle, vir die deel.]
Wednesday, 25 December 2024
Kersfeeswense
Maats, onthou om vandag vir elkeen te smile wat jy raakloop, 'n ekstra drukkie vir elke tannie te gee, veral hulle wat vandag in die kombuis moet werk, sodat julle lekker kan eet en Ruben en Tommie se kop 'n Kersfeeskrappie te gee - hierdie is hartspresente wat net werk as 'n mens dit uitdeel.
Kersdag is drukkiedag!
Rosetta se goeie wense:
Mag ons die vreugde van die goeie nuus, hierdie Kerstyd, sigbaar maak.
Mag die vreugde van Kersfees vir ons elkeen ’n waarheid wees.
Thursday, 19 December 2024
Dankie, Tannie Anoniem
Dankie!
Dankie!! Dankie!!!
Ons kan nie wêreld om ons verander nie, maar ons kan die wêreld van iemand om
ons verander. En dit is presies wat Tannie Anoniem gedoen het. Sy het 26 bakke
koekies afgelaai by Christina Kiddie. ’n Luuksheid wat enige kinderhart begeer.
’n Bak koekies per kind beteken dat die soet lekker nie gou sal opraak nie en
dat dit nie met iemand gedeel hoef te word nie.
Dankie vir die
Kerstyd-mededeelsaamheid en
dat Kersfees vir u ’n werkwoord is!
'n Spesiale DANKIE, Beefmaster!!
Kersvader daag in verskillende gedaantes by Christina Kiddie op. Vandag het Kersvader opgedaag vermom as Beefmaster!! Ons Kerskous loop oor! Dankie dat julle ten spyte van 'n besige Kerstyd, vir Christina Kiddie op julle uitreiklysie het. Ons kan met vrymoedigheid die lesers aanraai om te gaan snuffel tussen al die spesiale Kersaanbiedings by Beefmaster.
Dankie, Kersvaders, vir Christina Kiddie se Kersgeskenk!
Wednesday, 18 December 2024
Wednesday, 4 December 2024
Order now!
Ordering your favourite biscuits from Christina Kiddie, Kimberley
is easy and very convenient!
Create your custom cookie pack by customise and select from the range of cookies from our cookie menu.
COOKIES MENU:
* Romany Creams
* Ginger Biscuits (a old family recipe)
* Coffee Cookies
* Ginger Biscuits (a old family recipe)
* Coffee Cookies
* Old fashioned custard biscuits
Monday, 17 June 2024
Kersfees in Junie
Maar vir sommiges lê Desember nét te ver en daarom het Dirk en Tinike besluit om die gee en omgee van Kersfees na Junie te verskuif.
Die dag voor die skool vir die Junievakansie gesluit het, het Dirk en Tinike al die skenkings wat hul ontvang het, by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum kom afgee - klere, speelgoed, toiletware, inkleurboeke, blikkieskos, en nog vele meer koestergeskenke.
Daar was egter een kersfeeshekkie wat hulle amper gepootjie het - Kersvader se takbokke en slee, saam met sy bekende rooi kersfeespak was nie op kort kennisgewing beskikbaar nie en hy het per e-pos laat weet dat hy nie betyds vir hierdie geleentheid gaan wees nie. Skielik moes daar geïmproviseer word en mense met omgeeharte is gevra om in te staan. Die takbokke en slee is vervang met 'n wit bakkie en sleepwa. Oom Louis het vir kersvader ingestaan, maar o wee, kersvader se pak was myle te groot en met 'n rooi kortmoubaadjie het oom Louis agter die stuur van die bakkie ingeskuif, want dit was 'n kosbare vrag wat betyds afgelewer moes word.
'n Groot dankie aan almal wat ingestaan het vir die Desember-kersfeesspan - Juniemaand se kersfeesspan is staatmakers en ware wenners!
Monday, 25 December 2023
Kersfees is 'n tyd van geskenke, liefde en omgee. Ons almal ervaar dit in oorvloed in hierdie tyd. Mense lag, gesels en is vriendelik. Die moeilike deel is om elke dag goed te doen, om te gee en vir jou medemens lief te wees en om daarna te streef om elke dag beter te wees as die vorige dag. Mense wat so lewe is gelukkiger mense. En gelukkige mense is ook gesonder mense. Ons redaksie se wens vir elke leser is om hierdie Kersfeesgevoel elke dag in 2024 uit te leef.
Wednesday, 6 September 2023
Geskenke: Die 3-reël-geskenk
Oor so 3 maande is dit Kersfees en dit is die begin van kopkrap vir menige ouer. In hierdie ekonomiese tye is dit glad nie maklik om kop bo water te hou nie - wat nog te sê geskenke koop.Indien daar gelukkiges onder ons is, onthou dat daar drie dinge is waarna 'n ouer kan kyk: ietsie wat hulle nodig het, ietsie wat hulle kan aantrek, maar moet nooit vergeet om ietsie te koop wat hulle kan lees nie. 'n Mens vergeet so maklik om leesstof te koop.
Subscribe to:
Posts (Atom)