Showing posts with label Swem. Show all posts
Showing posts with label Swem. Show all posts

Monday, 8 December 2025

Vakansie-idees: Probeer dit!

Na aanleiding van, Maandag - 6 Oktober 2025, se vakansie-idees, word die volgende idees geplaas wat so broksgewys per e-pos aangestuur is.

* Bak kolwyntjies of muffins vir iemand wat deur 'n moeilike tyd gaan.

* Skenk jou boeke wat jy nie meer lees nie, vir die biblioteek, ouetehuis of liefdadigheid. 

* Skenk kinderboeke vir 'n kinderhuis.

* Begin 'n spaarbussie vir liefdadigheid en skenk die geld na 'n jaar vir hulle. (Verstommend is die hoeveelheid geld wat 'n mens in 'n jaar gefokus bymekaar maak.)

* Reël 'n insameling van speelgoed vir minderbevoorregte kinders.

* As jy iemand is wat van tuinwerk hou en jou oupa se groenvingers geërf het, gaan bied jou hulp aan by 'n ouetehuis, kerk of jou skool om vir die liefde van die saak in die tuin te werk. Niemand sal dit glo dat enige een so hulpvaardig wil wees nie. Sleep sommer jou beste maat saam om jou te help. 

* Iets wat nie sommer gaan byval vind nie, maar wat voorgestel is: Gaan was die venster van julle polisiestasie.  

Stuur asseblief foto's vir ons hier by Koester Karos dat ons vir die lesers kan wys dat julle voorstelle nie net op papier geskryf is nie, maar dat julle tieners is wat die daad by die woord voeg!

Monday, 6 October 2025

Vakansie-idees: Probeer dit!

* Leer hoe om papiervliegtuigies of papierbote te vou.

* Leer hoe om skaak te speel. Dit is uitstekende oefening as jy jou geheue wil verbeter (en sommer jou wiskundepunte ook!)

* Daag jou kamermaat uit vir 'n skaakwedstryd.

* Leer hoe om 'n knoop aan te werk.

* Ken jy die geskiedenis van die dorp waarin jy bly? Gaan doen bietjie navorsing oor Kimberley.
(Het jy geweet daar is 'n spooktoer in jou stad?)

* Leer die name van voëls wat gereeld julle tuin besoek en sommer ook van hulle gewoontes.

* Maak jou eie vlieër en laat dit in 'n park daar naby julle vlieg of op die skool se rugbyveld.

* Sit 'n bietjie hand by met die huiswerk. 

* Reël 'n ballongeveg tussen jou vriende op 'n baie warm dag.

* Sluit die dag af met 'n vinnige paar rondtes in die swembad.

Stuur gerus enige ander voorstelle in, verkieslik geen selfoonaktiwiteite nie. Ons wag vir julle reaksie! 

Monday, 18 December 2023

'n Salige swemdag


Somer, son en swem gaan hand aan hand. 'n Hele dag se baljaar in, om en langs die swembad het gesorg dat die hongerpyne goed knaag. Maar gelukkig was daar iemand wat solank die vuur gestook het en die vleis gebraai het ... innerlike versterking op 'n bord. Dankie, oom Sarel, dat jy ons kom bederf het met 'n braaivleisie.

Foto's: Christelle Hattingh