Showing posts with label Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum. Show all posts
Showing posts with label Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum. Show all posts

Friday, 25 September 2026

Saterdaguitstappie: 'n Koskarnaval


Christina Kiddie se inwoners het 'n heerlike Saterdagbederf ontvang. 
Hulle is uitgenooi na die koskarnaval by St Mary Saal.

Kom wees deel van hierdie vreugdes vanaf 09:00 tot 15:00!
Gelukkige mense is mense wat hul honger gestil het by die koskarnaval.

Wednesday, 19 August 2026

Statistiek: Mattewis hou 'n wakende oog oor die e-lesers


Mattewis: "Voordat iemand my weer beskuldig dat ek 
nie my werk doen nie, wil ek net die kykertal met julle deel. 
Daarna gaan ek 'n vinnige uiltjie tydens my etensuur knip, 
voordat ek weer katlewendig die res van die middag aanpak. 
Klik HIER en gaan kyk dat ons 5000 e-besoeke in 5 dae gehad het. 
Geen wonder ek is uitgepoot nie!"

Sunday, 9 August 2026

Mattewis bly in voeling met sy werk


Mattewis kan hierdie werk toe-oë doen en foto-bewyse 
dat hy sy vinger (poot) op die pols het, onderstreep die feit
dat 'n mens-assistent nie 'n kat se kans teen Mattewis het nie! 

Foto: Christelle Hattingh

Saturday, 8 August 2026

Die rakke is leeg en ons dankbare harte vol


Dankie vir elkeen wat ons ondersteun het en 
nog bestellings vir volgende week geplaas het.
Daar is reeds 15 kg meel se koekies bestel en die res van hierdie langnaweek 
word gebruik om ons gewaardeerde ondersteuners se koekieblikke
so gou as moontlik vol te kry!!
Viva tuisgebakte koekies!!

Spesiale langnaweekaanbieding slegs vir ma's

Vir al die ma's wat kuiermense kry of het hierdie naweek en 
aan al die ma's wat kleingoed het wat hou 
van knibbel en kou: 
'n Kitsoplossing wat slegs 'n WA ver is!!!


Kleinkoekies @ R140 p/kg
Bottels met mini-koekies : R60
Pasteitjies @ R40 vir 6 maalvleis/hoender
Groot wildspasteie R30
Groot worsrol (wild en varkmaalvleis) @ R30

Bestellings kan via WA geplaas word:
Christelle 060 882 9291

Mamma, jy sal nie SPYT wees nie - BESTEL NOU!!
Terwyl voorraad HOU!!!

Friday, 7 August 2026

Statistiek: Ons wil nie slapende honde (katte?) wakkermaak nie, maar ...


Na aanleiding van die berig vroeër vandag, wil die redaksie net 'n regstelling maak. Dit blyk dat sommige mense ook werk kan verrig terwyl hulle slaap.

Miskien moet daar nie na Mattewis as kantoorassistent gekyk word nie, maar moet hy dalk 'n nuwe posbeskrywing kry - eerder iets in die bemarkingsafdeling??

Die afgelope week het 3000 e-lesers die blad besoek en vandag het baie vinnig die 229 000-kerf gehaal na Mattewis se berig verskyn het.

Miskien het hy nie net nege lewens nie, maar dalk ook 'n negende sintuig wat hy inspan terwyl hy slaap. 

Nuwe besems vee altyd skoon - selfs in die diereryk


Foto's spreek baie luider as wat woorde ooit kan doen. En hier is 'n bewys daarvan. Mattewis was met sy aankoms by Christina Kiddie baie betrokke by alle kantooraktiwiteite. Dit was asof hy verantwoordelik gevoel het vir alles wat in die kantoorblok gebeur het. Hy het op die lessenaar gesit om die groenstrikkiedag se kaartjies deur te lees om te kyk of daar enige spelfoute is (foto dien as bewys.) Alle fotostate wat gemaak is, is deeglik gekontroleer, geverifieer, geïnspekteer voordat dit gebruik kon word (weer 'n foto as bewys.)

Mattewis se betrokkenheid het egter drasties afgeneem en daarvoor is daar ook bewyse. Die aktiewe betrokkenheid het geleidelik verander na 'n heelwat stadiger pas. Daar is meer gesit en gelê en deesdae is die hoofaktiwiteit slaaaap!

Die stoel vir gaste is nou geannekseer vir slaap - enige tyd van die dag is 'n goeie tyd vir dié gunsteling aktiwiteit. 

En wat doen hy as daar wel gaste in die kantoor instap? 

Hy loer so met die een oog na hulle, gee 'n groot gaap, draai hom om en ... slaap ongestoord verder.

Is dit nie wat ons mense ook doen nie?

Hou maar gerus 'n nuwe besem dop - en kyk hoe laissez-faire daardie selfde mens word met verloop van tyd ...

Foto's: Christelle Hattingh
 

Wednesday, 5 August 2026

Heerlike tuisgebakte koekies en pasteitjies


Kleinkoekies @ R140 p/kg
Bottels met mini-koekies : R60
Pasteitjies @ R40 vir 6 maalvleis/hoender
Groot wildspasteie R30
Groot worsrol (wild en varkmaalvleis) @ R30

Bestellings kan via WA geplaas word:
Christelle 060 882 9291
DANKIE vir die ondersteuning!!

Tuesday, 4 August 2026

Lente 2026 is in die lug ...

Die voëltjies sing soggens vroeër en luider. Ruben en Tommie kruip nie meer onder die dikste komberse in vir 'n snoesige warm winterslaap nie en Matewis mag hulle maar pla as hulle vir 'n wyle wegdommel. 

Daar gaan bepaald nog 'n koue naweek of twee opduik, net om die lentevreugde so 'n bietjie te temper, maar dit gaan ons nie verhoed om solank ons groen vingers in die blombeddings te druk en aan 'n plant of tien, nuwe lentelewe te gee nie.

Hier by Christina Kiddie is die tuin besig om lentelewe te kry. Kom maak gerus oor 'n rukkie 'n draai hier, om self die blomverandering te sien.

Nog planne om sprankel aan die tuin te gee, is in die pyplyn.

Dankie, vir al die blomplantjies wat hulle weg hierheen gevind het - dit is meer as welkom.

'n Noord-Kaapse tuin vra vir vetplante - hulle huiwer nie om hulle mooiste kant in die warm somermaande te bring nie. Bring gerus met 'n volgende besoek 'n steggie saam. 

Blomvreugde vir 2026 se lente! 

Foto's: Christelle Hattingh

Thursday, 23 July 2026

Advertensie: Vakante versorgerspos


POSBESKRYWING: 
* Versorging van en toesig oor 27 kinders tussen 4-18 jaar.
* Werksure: 19h00 tot 07h00

VEREISTES: 
* Graad 10-kwalifikasie en vaardig in Afrikaans.
* Bereid om nagskof te werk (4 nafte werk en 4 nagte af).
* Emosioneel volwasse met 'n gesonde leefstyl en goeie morele waardes.
* Moet selfstandig en as deel van 'n span kan werk.
* In staat wees om positiewe dissipline toe te pas.
* ONDERVINDING IN DIE VERSORGING VAN KINDERS IN 'N KINDER- EN JEUGSORGSENTRUM OF 'N KOSHUIS SAL TOT JOU VOORDEEL STREK.
* Moet selfhandhawend wees en onder druk kan funksioneer.

RIG AANSOEKE AAN:
* christinakiddie@lantic.net
* Volledige CV met minstens DRIE verwysing.
* Gesertifiseerde afskrifte van ID en kwalifikasies.
* Vorm 30 uitkoms (Register vir Seksuele Oortreders)

NAVRAE:
Christelle Hattingh - Tel. 053 831 2413
christinakiddie@lantic.net

VERGOEDING:
Salaris sal ooreenkomstig die NML (Nasionale Minimum Loon) bepaal word.

SLUITINGSDATUM:
07 Augustus 2026

Indien jy teen 14 Augustus geen terugvoering ontvang het nie, 
kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

[Klik op advertensie vir 'n duideliker beeld.]

Friday, 17 July 2026

Die gestuurde engele op ons pad

Talentkonsert - sien jou daar!!


WAT: 'n Talentvertoning soos min
WAAR: Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum
WANNEER: 18 Julie 2026 om 15:00

Kom ondersteun hierdie eerste talentkonsert - uitstekende talent, pret, plesier, 'n heerlike atmosfeer en talle lekker pryse is op die spel! 

Kom ontspan gerus terwyl die kinders jou gemoed 
'n Saterdag-hupstoot gee!!