Showing posts with label Dood. Show all posts
Showing posts with label Dood. Show all posts
Friday, 3 July 2026
Monday, 22 September 2025
Net vir vandag ... is die hemel in Polokwane
Die lewe het hom in my kantoor uitgespoeg, Here. ‘n Klein, verwarde agtjarige seuntjie. Sy ouma, wat eintlik sy mamma was, is sommer net weg. Hy en ouma en sy regte mamma was in ‘n gru-ongeluk. En sy ouma, die een wat elke dag vir sy hart en lyfie gesorg het, het doodgegaan. Terwyl hy langs my sit, vertel hy oor en oor en oor van daardie dag, Here. Teken dit ... speel dit in die sand ... ouma se lyfie wat stukkend eenkant lê. En dan glimlag hy en sê: “Sy gaan terugkom. Sy is in die hospitaal in Polokwane, ver weg van hier. Hulle maak haar beter daar.” Hy skryf vir haar ‘n briefie om te sê hy hou haar handsak en haar foon, sy moenie daaroor ‘worry’ nie. Hy sal dit vir haar bring ... Sy koppie en lyfie en hartjie weier om te aanvaar dat ouma nie weer gaan terugkom nie, Here.
Die hemel voel so ver, Here. So baie, baie ver weg. Veral op daardie dae wat die verlang yskoud in my hart gaan lê. Na my hart se mense wat sommer net weggegaan het. My kop sê vir my dat hulle by U is, veilig en vol vreugde ... ek weet hulle is. Maar my hart wil glo dat die voordeur enige tyd gaan oopgaan, of die foon gaan lui of ‘n boodskap sommer net skielik onverwags gaan deurkom. Maar dit gebeur nie, né, Here.
Die hemel voel so onbereikbaar ver weg ... en tog is die hemel waar U is, né Here? Vir ‘n agtijarige ou seuntjie is die hemel in die onbekende hospitaal wat nie bestaan nie, in Polokwane. En vir my? Vir my is die hemel hier, hier in my hart. Hier waar u is. Hier in my hart bêre ek die marie-beskuitjie oomblikke saam met ouma, haar lag en lafwees en gesels. Die chippies na skool en die parkie. Hier in my hart bêre ek al die kosbare kombuistafel-gesels met pa, al die afvlerk-voëltjies wat ons saam gesondgemaak het, die hoender wat in die water geval het by die Wimpy en ek en pa wat oor die heining geklim het ... onthou U dit, Here? Hier in my hart bêre ek my Pa-prof se woorde en briewe. Sy whatsapp en gesels ... ‘Hoe gaan dit, my kindjie?’ Hier in my hart eggo my dierbare vriendin se woorde: Hallo, ou Dearie ... sien jou nou-nou!
Nou-nou kom so baie maal te laat, Here. Nou-nou verander in ambulans-sirenes of ‘n bed in die onkologie-afdeling van die hospitaal. Nou-nou stel uit om saam te lag en te kuier en te gesels. Want nou-nou raak dikwels besig met dinge wat nie regtig saakmaak nie. Nou-nou kibbel soms oor wie is reg en verkeerd, en dan praat ‘nou-nou’ vir lang tye nie met mekaar nie. Nou-nou stel uit om te bel of te gesels ... want die lewe is net te besig.
En in ‘n oogwink is nou-nou net weg. En wanneer nou-nou wegraak, raak die hemel werklik.
Terwyl ek die seuntjie styf teen my vasdruk, pleit ek dat die hemel net vir ‘n oomblik maar in Polokwane kan wees. Sodat hy kan rustig raak. Totdat ons sy ouma na die hemel in sy hartjie toe kan skuif. Ek weet U verstaan, Here. Want U het ook gehuil oor die dood.
En wanneer die dood se realiteit so wreed ‘n streep deur my eie lewe kom trek, is dit u wat stil by my sit, u arms styf om my vou en sag vir my sê: Ek is hier by jou. Ek vang jou trane bak-hand op en bêre hulle. Ek vou My hande versigtig om die verlang in jou hart. Ek sit hier by jou. Ek gaan nie weg nie. Ek het jou vir My gevat. Jy is Myne.
U is die Lewe, Here. En wanneer U op ‘n dag ook my asem stil-versigtig in U hande toevou, opgewonde saam met my na die hemelhuis stap, sal ek dalk verstaan van die dood en die onbekende hospitaal in Polokwane. Né, Here? Maar tot dan ... bêre ek die hemel en my hart se mense styf in my hart. Daar waar U bly. En wanneer die verlang te veel raak, sit ek my hand op my hart en voel hoe dit klop ... U is daar. U gaan nie weg nie.
Net vir vandag, Here ... kan die hemel maar vir ‘n rukkie in Polokwane wees, daar waar ‘n agtjarige seuntjie glo U na sy ouma kyk? En môre ... môre sal ons die hemel terugsit in sy hart. Daar waar U bly en leef. Want die hemel is mos maar net waar U is.
Al my liefde ... en amen, Here.
Katrienkie

[Dankie, Rosetta, vir die deel van hierdie besondere stukkie.]
Kliek HIER om Katrienkie se hartstukke te lees.
Saturday, 10 August 2024
Ruben groet hartsmense
Ek het regtig lank laas vir julle geskryf, maar ek is nogal besig, as nie-amptelike sekuriteitsbeampte het ek nie regtig baie tyd op pote nie. Ek blaf so af en toe vir julle van my gedagtes of as ek sien dat julle nou 'n reël of twee oortree, maar al my blaffery val op dowe ore. Daarom het ek maar besluit om weer die pen op te neem om vir julle te skryf wat ek op my hart het.
31 Julie, het oom Kleinbooi sy laaste dag by ons gewerk en nou is hy met pensioen. 17 jaar is 'n lang tyd en hy het baie mense en kinders sien kom en gaan. Baie van hulle het, terwyl oom Kleinbooi onkruid uit die akkers getrek het, vir hom vertel van die onkruid in hulle lewens. Dan het oom Kleinbooi op sy stil manier geluister en met die wysheid wat ouderdom meebring, vir hulle gesê wat hy dink. Ek weet dat op sy manier het hy baie goeie raad vir die outjies uitgedeel. Oom Kleinbooi het egter net een raad vir onkruid gehad en dit is om dit met wortel en tak uit te roei. Ek is maar 'n paar maande hier, en my lekkerste kuierplek is in die tuin. Ek en oom Kleinbooi het al kopstukke gesels en ek het ook al gehoor hoe julle outjies met hom praat.
Oom Kleinbooi, ek gaan ons geselsies mis, maar ek gun vir Oom die rustiger tempo. Geen gejaag om betyds by die werk te kom nie en ook nie 'n gesukkel met die fiets in die koue nie. Maar lank stilsit is ook nie so lekker soos wat dit klink nie - as dinge te stil en eensaam by die huis word, kom kuier gerus vir ons.
Buiten oom Kleinbooi, moes ons ook vir tannie Kagi groet. 'n Vrou van goeie deugde. Sy is al 20 jaar deel van die personeel. 'n Ywerige en flukse tannie wat nie staan en gesels en allerhande praatjies maak nie. Sy was taakgerig en het gesorg dat elke kind se klere skoon gewas, gestryk en netjies opgevou is. Dis 'n groot werk, maar tannie Kagi het elke dag, vir 20 jaar lank, haar werk met nuwe ywer en 'n glimlag op haar gesig aangepak. Ek hoor my ma stem as ek aan haar volgende woorde dink: Sy is nog van die ou soort, hulle word nie meer gemaak nie. Vandag se jongmense weet nie wat harde werk is nie.
Maats, julle kan dan net dink hoe skuldig ek voel, want ek val mos onder die groep wat sy reken nie meer hard kan werk nie. Ai, dis dan wanneer ek sommer so 'n ekstra rondte op die terrein doen, my stem verhef en so 'n paar harde blawwe gee dat almal in die omgewing kan hoor ek is op my pos.
Terug by tannie Kagi - sy was altyd so trots op haar kinders as hulle in die oggend skool toe gaan, en hulle so netjies uitgevat is in hulle kraakskoon skoolklere. Sy het hulle met 'n tevrede kopknik agterna gekyk en dan die strykyster met mening vasgevat. Sy het allerhande rate geken hoe om kolle uit klere te kry - jy kan maar sê sy was 'n kol-uithaal-deskundige.
Dit is so jammer dat tannie Kagi se gesondheid nie meer na wense is nie. Tannie Kagi, gaan rus nou goed, makeer die pas en gee aandag aan tannie se gesondheid. O ja, en luister mooi na wat die dokter sê - hy weet wat help en wat help nie. Hy is mos die gesond-word-deskundige. Kom kuier gerus vir ons as die verlange te veel word.
Die Bybel sê mos daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan en Donderdag het ons klomp oom Kleinbooi en tannie Kagi op 'n gepaste wyse gegroet en hulle verras met hulle geskenke!
Daar is egter ook 'n ander minder aangename manier om te groet en dit is om afskeid te neem van iemand wat nie meer met ons is nie. Ons liewe tannie Sanette, ons huisma, se man is gedurende die vakansie oorlede. Baie van die inwoners het nie geweet hoe om hierdie nuus te hanteer nie en het by my in die tuin kom sit en my kop gevryf terwyl die trane oor hul wange geloop het. Die diens is by ons in die saal gehou en daar het die boodskap tot ons deurgedring dat die oom Mike Hanssen, ons huispa, die handyman van Christina Kiddie, se lewensirkel voltooi is. Nooit weer sou ons hom met 'n tang of saag of stuk gereedskap dinge sien heelmaak en regmaak nie. Party dinge in die lewe kan eenvoudig nie met gereedskap reggemaak word nie - verlange, hartseer, gemis, is maar enkele daarvan.
As ek aan oom Mike dink, dan staan sy sin vir humor uit - die kreukellagplooitjies langs sy oë verklap dit. Hy was 'n goeie storieverteller en 'n mens het heimlik gewens dat as jy hom raakloop, hy vir jou 'n storie gaan vertel - daar was humor, maar ook weggesteekte lewenslesse in sy stories.
Tish was oom Mike se skaduwee, sy bruin labrador wat die appel van sy oog was - ek ken die tekens, ek weet, ek is mos tannie Christelle se oogappel!
Oom Mike, jou sagte hart, jou heerlike humor en jou raakvat en regvat, word reeds gemis en gaan nog meer gemis word.
Maats, party van ons se lewensirkel gaan klein wees en ander s'n gaan groter wees, dit hang van ons groetouderdom af.
En daar tydens die diens het ek besef dat 'n mens jou lewe betekenisvol moet maak. Leef 'n lewe van betekenis, sodat jy eendag met 'n voltooide lewe kan sterf. Dit is tog die sin van die lewe. En dit, liewe Maats, is my boodskap vir elkeen van ons - pak die lewe aan, met al sy opdraandes en afdraandes, bou aan jou lewensirkel - meet jou lewe aan die lewe van hulle wat jy aangeraak het en 'n verskil gemaak het.
Op hierdie ernstige noot groet ek eers tot 'n volgende keer.
Ruben-groete!
Labels:
Brief,
Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum,
Dood,
Handyman,
Hond,
Inwoner,
Karaktereienskappe,
KJSS,
Kleinbooi,
Mike Hansen,
Ruben,
Ruben-brief,
Sanette Hansen,
Sielkundige,
Tannie Kagi
Saturday, 1 June 2024
Terugflits: Hoekom vol seerkry?
As daar een vraag is waarop ek geen antwoord het nie, is dit dié van 'n vader en moeder oor hoekom hul kinders gekies het om 'n sekere pad te loop. Daardie vraag is maar soms 'n seer en bitter vraag.
So begin ek eenkeer met 'n ma gesels en haar heel eerste sin is: "Ek verstaan nie hoekom het hy daardie pad gevat nie."
Ons sou daarna baie gesels en baie wonder, baie spekuleer, dinge ontleed en analiseer, maar keer op keer moes ons erken dat ons nie die antwoord hierop gehad het nie. Ons kon nie verstaan dat 'n kind wat so mooi geleer het van die pad waarop hy moes loop, so anders gekies het nie.
Dit was vir ons onverklaarbaar dat iemand wat die ander weë ken, juis doelbewus daarteen geprotesteer het. Nie omdat pa of ma kwaai was nie, nie omdat daar 'n tekort aan iets was nie, nie omdat iemand of iets die skuld kon kry nie. Doodgewoon omdat hy gekies het om op die pad te loop.
Wat die hartseer in so 'n geval vererger, is wanneer ouers hul kinders teen die verkeerde pad en die slegte keuses gewaarsku het.
Wanneer die gevolge van die verkeerde keuse uitgespeel het, moet 'n mens maar oor begin. Sommige kies daarna reg, ander kies om weer dieselfde pad te loop.
Die ma wat bogenoemde openingswoorde so gesug het, was al moedeloos. Vir 'n hoeveelste keer moes ek haar oplaai, en met hom 'n gesprek probeer voer. Sy antwoord was egter altyd: "Dit is my keuse."
Toe ek die dag sy begrafnisdiens lei, ná sy dood weens 'n oordosis dwelms, het ek aan sy woorde gedink: "Dit is my keuse."
Ek het ook gedink aan sy ma se woorde: "Ek verstaan nie hoekom my kind hierdie pad gevat het nie."
[Uit: Hannes Noëth, Twyfelhoekie, Noordkaap]
Subscribe to:
Posts (Atom)