Ons STEEL! Ons steel op groot skaal van ons kinders!
Elkeen van ons wat kinders nie blootstel aan speel nie, steel speeltyd by kinders. Skermtyd en TV-kyk is nie deel van speeltyd nie! Speel maak juis deel uit van 'n kind se ontwikkeling.
Hier by Christina Kiddie word die geleentheid geskep om speel-speel aan belangrike vaardighede te werk. Speel bied die geleentheid vir die ontwikkeling van die boustene wat nodig is vir hierdie meer gevorderde funksies, soos lees, skryf en wiskunde.