Ons het sommer binne 21 sekondes besluit om 'n bladsy oop te maak vir besige handjies, toe ons van die 21 dae inperking hoor. Aktiwiteite wat maklik doenbaar is en wat nie noodwendig 'n arm en 'n been kos om te maak nie. Van ons gereelde lesers het ook dadelik idees gestuur wat hulle beproef het en wat werk. Gaan maak gerus 'n draai by al die bladsye en kyk of daar nie iets is wat nog nie deur die kleinspan beproef is nie. Geniet die familie-saamwees-tyd.
Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19
Showing posts with label Besige Handjies. Show all posts
Showing posts with label Besige Handjies. Show all posts
Saturday, 18 April 2020
Sunday, 12 April 2020
Aktiwiteitsboekies deel 1
Besigblyboekies Voorskool
Aktiwiteitsboekie vir vakansies.
Dankie Christelle Hattingh, Karin Herbst en Nerine Oosthuizen wat hierdie boekies met Koester Karos gedeel het. Dit word opreg waardeer. Klik op die prentjie of glimwoorde om die boekie in OneDrive oop te maak. Dit vat 'n paar sekondes om oop te maak. Wees maar geduldig. Gebruik dan die pyltjies aan die onderkant om deur die boek te blaai.
Party boekies is meer op die ouers gerig en sommige boekies se heerlike aktiwiteite is meer na agter.
ONTHOU om 'n draai te maak by die "IDEES VIR TUISBLYKINDERS tydens Covid-19-bladsy."
Aktiwiteitsboekies deel 2
Activity Book (3-4 years)
Dankie Christelle Hattingh, Karin Herbst en Nerine Oosthuizen wat hierdie boekies met Koester Karos deel. Dit word opreg waardeer. Klik op die prentjie of glimwoorde om die boekie in OneDrive oop te maak. Dit vat 'n paar sekondes om oop te maak. Wees maar geduldig. Gebruik dan die pyltjies aan die onderkant om deur die boek te blaai.
Party boekies is meer op die ouers gerig en sommige boekies se heerlike aktiwiteite is meer na agter. Blaai dus die boekie deur tot aan die einde.
ONTHOU om 'n draai te maak by die "IDEES VIR TUISBLYKINDERS tydens Covid-19-bladsy."
Tuesday, 7 April 2020
'n Boksoplossing is 'n kitsoplossing
Wat gemaak as die kleintjies na oupa en ouma verlang in
hierdie grendeltyd of na sy maatjies by die skool of sommer net na SPUR se
speelhoekie? Hoe verduidelik 'n mens vir 'n kleuter van 2 jaar wat Covid-19 is
en dat die hele wêreld oor dieselfde kam geskeer word? Dis nie net hy wat by
die huis moet bly nie.
Gelukkig vir Luan is hierdie probleem van hom in 'n kits
(boks) opgelos. Oupa en ouma se huis, die skool, SPAR, SPUR en selfs juffrou se
huis is binne "ryafstand". Al wat nodig is, is 'n boks en 'n hele
paar karretjies en natuurlik genoeg petrol om al die "onwettige"
kuiers te kan doen.
Gaan kyk hier na nog idees. (Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19). Miskien is daar 'n splinternuwe
idee wat vir vandag gebruik kan word. Geniet elke oomblik saam met jou kind(ers).
Monday, 6 April 2020
Bakvernuf en -talente kan in die kombuis geslyp word ...
Saturday, 4 April 2020
Pret en planne vir besige handjies buite ...
Luan Herbst (2 jaar) is 'n man wat nie op hom laat wag nie en hier gee hy 'n demonstrasie van 'n premini-visvangoefening.
Vir nog idees, maak 'n draai hier.
[Dankie Karin Herbst wat die foto ingestuur het.]
Subscribe to:
Posts (Atom)



