Friday 28 June 2024

'n Uit-die-hart-dankie vir 'n ongelooflike kinderfeesspele


Aan ds. Johan Bothma, Annelie en die Bybelfeesleiers van die Kerk van die Nasarener 'n baie groot dankie dat julle ons kinders ingesluit het in 'n ongelooflike vakansieprogram. Mag die saad wat julle met soveel deernis en entoesiasme gesaai het, ongekende vrug dra! 

Hierdie week het nie net die vakansie "korter" gemaak nie, maar broodnodige pitkos verskaf waaraan daar nog baie lank herkou sal kan word. Waardes, lewenslesse, beginsels, etiek en geloof is ingebou saam met 'n dag se bedrywighede. Julle moeite en omgee gaan nie ongesiens verby nie. 

No comments:

Post a Comment