Tuesday 25 December 2018

Geseënde Kersfees ...


25 Desember 2018

Blink liggies en uitspattighede vir Kersfees, pas nie hier by ons nie. Maar die wense wat ons vir die res van die land wil gee, kom opreg uit ons harte uit - ware vrede en opregte vreugde!

Wednesday 12 December 2018

Resep: Lemoenstroop

Hierdie resep kom al dekades deur die geslagte en bly nog steeds een van die goedkoper dorslessers, veral in die warm Noord-Kaap.

750 ml water
600 g suiker
7,5 ml wynsteensuur
10 ml lemoengeursel (indien verkies, kan meer gebruik word.)

Plaas water en suiker in kastrol en roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook 15 minute lank. Laat effens afkoel en voeg res van die bestanddele by. Meng goed, bottel en laat 24 uur staan voor gebruik.

Om op te dien: Gooi 15-25 ml stroop in die glas, vul met yskoue water en dien op

Saturday 8 December 2018

Gemmerbier

Hierdie resep kom uit ouma se resepteskat en het die toets van tyd deurstaan.

Lewer 10-12 bottels

10 liter water   
1,2 kg suiker
15 ml kremetart
15 ml wynsteensuur
60 g gemmerstukke
15 ml gerasperde gemmerwortel
5 ml droë gis
100 g rosyntjies (165 ml)

Plaas water, suiker, kremetart, wynsteensuur, gemmerstukke en gemmerwortel in kastrol en verhit tot kookpunt. Verwyder van hitte en laat afkoel tot louwarm. Voeg res van bestanddele by en laat oornag staan. Gooi in bottels, plaas 'n paar rosyntjies in elke bottel en kurk. Laat staan minstens 3 dae. Dien koud op.

Gaan loer HIER vir nog resepte!

Thursday 6 December 2018

16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GEWELD TEEN VROUE EN KINDERS

WAAROOR GAAN DIE 16 DAE VAN AKTIVISME-VELDTOG?
Die regte van vroue en kinders in Suid-Afrika is in die Nasionale Grondwet vervat en daardeur beskerm. Geweld teen vroue en kinders is ’n ernstige en kommerwekkende probleem in Suid-Afrika.

Dit kom al hoe meer voor in gemeenskappe waar alkohol en dwelms erg misbruik word en werkloosheid toeneem. Hierdie tipe geweld kan verskeie vorme aanneem, onder andere fisiese-, emosionele- en finansiële mishandeling, seksuele aanranding en verkragting.

Mishandeling in enige van hierdie vorme skend menswaardigheid. 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders is ’n internasionale bewusmakingsveldtog, wat ook fokus op die negatiewe impak van hierdie tipe geweld op die samelewing.

Monday 3 December 2018

Brandvlei-kindersorg is betrokke ...



Nog foto's hier!

WAT KAN EK DOEN OM DIE VELDTOG TE ONDERSTEUN?

Daar is verskeie eenvoudige maniere om die veldtog te ondersteun. Eerstens deur belangrike inligting en kennis met gemeenskappe, kollegas en geliefdes te deel.

Openlike kommunikasie oor geweld wat op geslag gebaseer is en kindergeweld lei tot beter bewustheid van die veldtog. Dit kan gedoen word deur belangrike kontaknommers te memoriseer en sekerheid te hê oor die feite. Suid-Afrikaners kan ook ‘n wit strikkie tydens die 16 dae van aktivisme-veldtog dra, om sodoende hul samewerking en ondersteuning vir die veldtog te wys.

Moedig ook jou skool, kerk, gemeenskapsorganisasies en gemeenskapspolisiëringsforums aan om ’n bewusmakingsveldtog gedurende die 16 dae van aktivisme te hê.

BELANGRIKE KONTAKNOMMERS:

Stop Geslagsgeweld - 0800 150 150
Kinderlyn - 0800 055 555
Men as Partners-projek - 011 833 0504
Nasionale Netwerk oor Geweld teen Vroue - 012 321 4959
Lawyers for Human Rights - 011 339 1960
Suid-Afrikaanse Polisiediens - 10111

HULPBRONNE:
Die volgende bronne kan vir verdere inligting rakende die 16 Dae van Aktivisme- veldtog geraadpleeg word:

www.gcis.gov.za
www.westerncape.gov.za
www.parliament.gov.za
www.unicef.org
www.genderlinks.org.za

Vir meer feite en statistieke besoek die volgende webtuistes:

http://www.unwomen.org/…/ending-violence-…/facts-and-figures
http://www.un.org/en/women/endviolence/situation.shtml