Showing posts with label Positief. Show all posts
Showing posts with label Positief. Show all posts

Wednesday, 26 August 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Versamel vandag 
al die mooi en 
positiewe dinge en
bêre dit op 
'n spesiale plek
in jou hart!
Seën vir jou dag! 

Thursday, 12 December 2024

Koester Karos koester sy medewerkers

Koester Karos is bevoorreg om medewerkers te hê wat weekliks 'n bydrae lewer. Hierdie jaar is bydraes gelewer deur Katelyn Marais, Portia Kgopodithata, Rosetta Venter, Ruben en die NK-vrywilligers.

Voordat almal besig raak met hulle vakansiedinge en by hul families gaan kuier, (of dalk kuiermense en speelmaatjies kry), wil ons uit Koester Karos-geledere baie dankie sê vir julle volgehoue en raaksê-bydraes. Julle insette word opreg waardeer. Party van julle het julle melktande op hierdie blog geslyp. Moenie ophou om te skryf en mense rondom julle te motiveer nie. Ruben het besluit hy gaan sy aanslag volgende jaar 'n bietjie verander en ons kan nie wag om te sien wat uit sy pen gaan kom nie. 

Geniet julle Kersseisoen, onthou om uit te reik na hulle wat baie minder as jy het. Liefde is baie meer as gekoopte geskenke onder 'n Kersboom, wat se waarde daagliks afneem. Heerlike eetgoed in 'n helderkleurige bakkie vir hulle wat karre oppas, sekuriteitswerk doen of hulle wat sorg dat jy petrol in jou kar het en orals kan rondry, saam met mooi en opregte wense, los spore van liefde.

Mag 2025 vir elkeen van julle 'n besondere blomjaar wees. Onthou altyd: Koester jou geliefdes. Ons sien uit na julle bydraes!

Katelyn Marais:

Portia Kgopodithata:

NK-vrywilligers:

Rosetta Venter:

Ruben:

Sunday, 20 October 2024

My gedagtes: Plant vandag 'n boom

Te midde van die krisistye waarin ons leef wat gekenmerk word deur onrus, groot onsekerheid, bloedvergieting, beskuldigings, en teenbeskuldigings, wanneer swaarmoedigheid oor die toekoms dreig om ons te oorweldig, depressief te maak, het ons nodig om 'n daadwerklike positiewe daad te doen.

Al die slegte dinge dinge wat met my gebeur en rondom my gebeur, spoor my aan tot 'n nuwe begin.

Die plant van 'n boom beteken ons plaas die swaarkry agter ons, en ons gaan die toekoms met optimisme tegemoet. 

Martin Luther het gesê: “As ek weet dat Jesus môre kom, sal ek vandag nog 'n boom plant.”

Kom ons plant elkeen vandag 'n boom vir die Suid-Afrika van môre. 

Wednesday, 20 March 2024

Rosetta se goeie wense:


Glo aan God se plan vir jou.
Die mens wat hoop,
wys hy glo in God.
Laat jou dag in God se hande
want Hy is in beheer van ons lewe.

 

Wednesday, 27 December 2023

Rosetta se goeie wense:


Mag jy altyd onthou
om die positiewe te kies
in elke situasie waarin jy jou bevind.