Leer hard, maar bid ook hard.
VOOR jy skryf, dink aan die HERE, TERWYL jy skryf, sal Hy aan JOU dink.
Ons wens julle alle sterkte en voorspoed toe!!!
Showing posts with label Eureka Laerskool. Show all posts
Showing posts with label Eureka Laerskool. Show all posts
Tuesday, 2 June 2026
Wednesday, 27 May 2026
Tommie: 'n Reuse dankie aan elke maat wat die GROEN STRIKKIEprojek ondersteun
Ek is só opgewonde, my stert kan eenvoudig nie ophou waai nie. As ek nou een van die maatjies was, het ek sommer aan die trippel gegaan, maar nou ja, ons honde kan nie trippel nie, maar ons kan bokspring en sodra ek hierdie briefie klaar geskryf het, gaan ek my vreugdespronge op die gras uitbaljaar.
Eerstens het Ouboet Ruben vir my gevra om vir julle te skryf en dis 'n heerlike pluimpie vir my, want dit beteken hy vertrou my met die administrasie. Ek sluit 'n foto van my in (as bewys) waar ek besig is om te skryf.
Wel, ek is besig om koekies te bak vir Dutoitspan se kerkbasaar - julle weet mos ek is die een wat so graag vir ouma Annie in die kombuis gehelp het.
Tweedens wil ek al die maats van Eureka Laerskool uit die diepte van my hart bedank vir die reuse bedrag van R5 505,80. Dankie dat julle ons groen strikkie-projek so ongelooflik entoesiaties ondersteun.
Hierdie is nie net sommer 'n strikkie nie. Hierdie strikkie moet ons bewus maak dat al ons klasmaats en skoolmaats se huislike omstandighede nie so ideaal is nie. Ons moet weet dat geweld, uitbuiting en verwaarlosing ongelukkig deel is van sommige maats se lewens.
Hierdie GROEN STRIKKIE sê wat hierdie maats nie kan sê nie. Dit beteken ons moet baie meer sensitief en met oop oë deur die lewe gaan.
Dankie, Newton Laerskool dat julle nou ook deel is van hierdie wonderlike projek. Noord-Kaap, julle lyk my is sterk tweede in hierdie wedloop.
Ek gaan op hierdie stadium my nek uitsteek, sonder om Ouboet Ruben te vra, maar ek daag die ander skole van Kimberley uit om deel te neem aan hierdie verdienstelike projek.
Tyd raak min. Onthou, 28 Mei tot 5 Junie is Kinderbeskermingsweek!
Julle maats wat al klaar gekoop het, moet asseblief die ander outjies aanpor om ook deel te neem. Een R5 klink nie baie nie, maar honderde R5'e laat die skaal in die guns van die projek swaai.
Nou, my liewe maats, gaan ek eers 'n bietjie blaf, spring en katjie van die baan wees.
GROEN STRIKKIE-groete van 'n baie opgewonde ekke!
Tommie van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum
Sunday, 5 October 2025
Wêreld-onderwysersdag: Aan elke Mentos-onderwyser
Thank You for your commitmint, encouragemint, investmint & involvemint in the lives of our children.
Happy Teacher's Day!
Geseënde Onderwysersdag 2025!
Subscribe to:
Posts (Atom)


