Saturday 8 September 2018

'n Lewensles van 'n doodgewone donkie!

Een van my geliefde verhale gaan oor die boer se donkie wat in 'n droë put geval het. Die dier het vir ure jammerlik gehuil terwyl die boer probeer dink het wat hy kon doen vir sy arme donkie. Uiteindelik het hy tot die slotsom gekom dat die put te diep was en dit in elk geval toegemaak moes word. Buitendien, die donkie was oud en dit sou baie werk kos om hom uit die put te haal. Die boer het besluit dat dit nie die moeite werd was om die dier te red nie, dus het hy sy bure gevra om hom te help om die put op te vul en die donkie te begrawe.

Hulle het almal grawe gegryp en grond in die put begin gooi. Die donkie het dadelik besef wat aangaan en het vreeslik begin bulk. Huil sou ons normale reaksie wees as iemand ons so sleg sou behandel, so die donkie het aanvanklik gereageer net soos ons sou, maar toe word hy baie stil. 'n Paar grawe vol grond later het die boer in die put afgekyk en was verstom oor wat hy gesien het. Met elke graaf vol grond wat die donkie se rug getref het, het die donkie dit afgeskud en daarop gaan staan.

Soos die bure en die boer aangehou grond gooi het bo-op die dier, het hy aangehou om dit af te skud en 'n tree boontoe te gee. Gou het die donkie die laaste graaf vol grond afgeskud, nog 'n tree op gegee, en reg uit die put geloop. Ons kan so baie uit hierdie verhaal leer.

Wanneer moeilikheid kom, as ons stil sal word en luister, sal God ons vertel wat om te doen.

Deur die genade en goedheid van God kon ek baie dinge in my lewe afskud, baie seergemaakte gevoelens, baie misbruik, baie mishandeling, baie onregverdige, onregmatige, onvriendelike dinge. Nes die donkie, om te kan aanhou en oorwinning te hê in ons lewens, sal ons moet leer om die probleme wat ons pad langs kom, af te skud.

[Ons leen hierdie van Joyce Meyer se blad af. Gaan besoek dit gerus: Uit die boek Nuwe Dag, Nuwe Jy deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords . Alle regte voorbehou.]

Wednesday 5 September 2018

Sekretaressedag!

'n Koester-dankie aan hierdie besondere mense wat ons werk soveel makliker maak. Ons waardeer julle en op hierdie dag wil ons graag vir julle blomme gee wat nie verwelk nie. Geniet die dag!

Tuesday 4 September 2018

Lennertsville by Keimoes

Die man op die foto het plantjies uitgehaal, verdeel en vir die twee vroue wat met plastiese sakkies daar aangekom het, gegee. Om blomvreugde te deel is mos dubbele vreugde. Die Noord-Kaap is nie so droog en vaal dat daar nie 'n êrens 'n blommetjie is wat soos die inwoners, sy kop na die son draai nie.