Showing posts with label Diereraaisels. Show all posts
Showing posts with label Diereraaisels. Show all posts

Saturday, 20 December 2025

Ruben-humor: Anderste raaisels

* Raai, raai, wat noem 'n mens 'n vlieg sonder vlerke?
- 'n Loop

* Raai, raai, watter maand praat meisies die minste?
- Februarie

* Raai, raai wat gaan op en kom nooit weer af nie?
- Jou ouderdom

* Raai, raai wat was was voordat was was was?
- is (teenwoordige tyd en was is verlede tyd)

* Raai, raai ek het ‘n perdjie, hoe verder ek hom ry, hoe korter word sy stertjie. Wat is dit? 
- Naald en gare

Saturday, 13 December 2025

Ruben-humor: Algemene vrae met sinvolle antwoorde

* Hoekom is ’n olifant groot, grys en verrimpeld?
Want as hy klein, wit en rond was, sou hy ’n Disprin wees.

* Wat kry jy as jy ‘n windhond met ’n muishond kruis?
’n Dier wat met ’n stink spoed hardloop.

* “Wat gee jy jou ma en pa vir Kersfees Jannie?”
“’n Lys van alles wat ek wil hê, Juffrou.”

* Buurman: "Koos, kom gou! Jou hond het so pas ’n man gebyt, terwyl hy op sy fiets ry!"
Koos: "Wat makeer die verbrandste hond? Ek het hom spesifiek verbied om vandag met sy fiets te ry!"

Saturday, 6 December 2025

Ruben-humor: Raaisels

* Waarin ry 'n vark hospitaal toe as hy siek is?
In 'n HAMbulans

* Waarheen word 'n siek haas geneem?
Na 'n HAASpitaal

* Wat word 'n vrolike vlooi genoem?
'n HOPtimis

* Wat is die teenoorgestelde van 'n haarkapper?
'n HOMkapper

Saturday, 15 November 2025

Ruben-humor: allerlei vrae

* Hoekom leef party visse in soutwater?
Want peperwater sal hulle laat nies.

* Hoekom is koalas nie regte bere nie?
Hulle het nie al die koala-fikasies nie.

* Het jy die grappie gehoor oor die koppie tee?
Dit was maar flou!

*  Ädriaan, hoekom het jy jou teddiebeer in die vrieskas gesit?
"Omdat ek 'n ysbeer wil hê." 

Saturday, 18 October 2025

Ruben-humor: Diereraaisels

* Watter soort hond kan nie blaf nie?
'n Muishond.

* Watter soort perd kan nie runnik nie?
'n Luiperd

* Watter soort perd kan jy nooit in toom hou nie?
'n Nagmerrie.

* Watter soort vis kry 'n mens nie in die water nie? 
'n Brekfis.

Saturday, 20 September 2025

Ruben-humor: Diereraaisels

* In watter bank sit 'n varswatervis sy geld?
In 'n sandbank.

* Wat sê die een sardientjie vir die ander?
"Skuif op, jy lê die blik vol."

* Wat gebeur as jy 'n vuurvliegie se lig doodblaas?
Hy vlieg teen die boom vas.

* Wat is die verskil tussen blokkies vleis en spaghetti?
Blokkies vleis sal nie van jou vurk af gly nie.

Saturday, 16 August 2025

Ruben-humor: Diereraaisels met 'n kinkel

* Wat het 'n spinnekop en 'n spietkop in gemeen?
Albei begin met die letter "S".

* Wat het 'n spinnekop en 'n spietkop in gemeen?
Albei span toue en kruip dan weg om hulle prooi te vang.

* Wat kry jy as jy 'n vampier met 'n vlooi kruis?
Baie bekommerde honde.

* Wat kry jy as jy 'n luislang met pasta kruis?
Spaghetti wat sommer self om jou vurk draai. 

Saturday, 2 August 2025

Ruben-humor: Diereraaisels met 'n kinkel

* Hoekom dra 'n hoender sy kam op sy kop?
Hulle dra nie kouse sodat hy dit daarin kan steek nie.

*  Wat kry 'n mens as jy 'n skilpad met 'n hond kruis?
'n Dier wat môre kom as jy hom vandag roep.

* Wat kry 'n mens as jy 'n slang en 'n kangaroe kruis?
'n Springtou.

*  Waar kroon die diere gewoonlik hulle koning?
Op sy kop.

Saturday, 19 July 2025

Ruben-humor: Diereraaisels met 'n kinkel

* Wat noem jy 'n kreef wat nie in die water is nie?
Aandete.

* Wat het 'n kreef van voor wat 'n bok van agter het?
Die letter "k".

* Wat sê jou ma elke aand vir jou wat 'n hen nooit vir haar kind sê nie?
"Moenie vergeet om jou tande te borsel voor jy gaan slaap nie."

* Wat is erger as 'n reier met rubberbene?
'n Duisendpoot met liddorings.

Saturday, 12 July 2025

Ruben-humor: Diereraaisels

* Hoekom loop 'n slang nooit op die teerpad nie?
Omdat hy nie pote het nie.

* Hoekom het kameelperde sulke lang nekke?
Omdat hulle voete so sleg ruik.   

* Wat is erger as 'n bul in 'n glasfabriek?
'n Krimpvarkie in 'n ballonfabriek.

* Watter soort kat kan nie miaau nie?
'n Seekat.

Saturday, 28 June 2025

Ruben-humor: Anderste raaisels

*  Wat kry jy as jy 'n olifant en 'n swaeltjie kruis?
Gebreekte telefoondrade.

* Wat kry jy as jy 'n krokodil en 'n roos kruis?
Iets waaraan jy nie kan ruik nie.

* Wat kry jy as jy 'n piesang en 'n pampoen kruis?
'n Groot, ronde groentesoort wat verskriklik maklik afskil.

* Wat kry jy as jy 'n gorilla met 'n karakoelskaap kruis?
'n Pelsjas met besondere lang moue.   

Saturday, 21 June 2025

Ruben-humor: Diereraaisels met 'n kinkel

* Wat sê die krimpvarkie vir die kaktus? 
Is jy my mamma?

* Waar sit 'n mossie wat 'n ton weeg?
Net waar hy wil.

* Waar gaan visse die graagste met vakansie?
Na Finland toe.

* Wat het die een vis vir die ander vis gesê?
Ek sukkel om kop bo water te hou.

Saturday, 14 June 2025

Ruben-humor: Anderste diereraaisels

* Wat kry jy as jy 'n vark met 'n sebra kruis?
Gestreepte worsies. 

* Wat kry jy as jy 'n hond met 'n kameelperd kruis?
'n Dier wat mense oor mure byt.

* Wat kry jy as jy 'n muishond met 'n missiel kruis?
'n Stinkbom.

* Wat kry jy as jy 'n muishond en 'n boemerang kruis?
'n Reuk waarvan jy nie ontslae kan raak nie.

Saturday, 31 May 2025

Ruben-humor: Diereraaisels met 'n kinkel

* Wat het meer pyn as 'n kameelperd met 'n seer keel?
'n Duisendpoot met wintersvoete.

* Hoe sit 'n olifant sy slurp in 'n krokodil se bek?
Baie baie versigtig.

* Wat is 'n muis se geliefkoosde kar?
'n Muiscedes Benz

* Wat het die een haai vir die ander haai gesê toe die walvis verby hulle swem?
Dis nou 'n feesmaal wat hier verby ons swem.  

Saturday, 3 May 2025

Ruben-humor: Anderste raaisels

*  Wat is die vroulike vorm van papaja?
Mamaja

* Wat is die vroulike vorm van appel?
Appelliefie

* Wat is die manlike vorm van Henriëtte?
Haanriëtte

* Wat is die manlike vorm van appel? 
Appelkoos

Saturday, 26 April 2025

Ruben-humor: Anderste diereraaisels

* Wat is grys en klein met 'n blou kop?
'n Muis wat sy asem ophou.

* Wat is grys en woon vier meter onder die grond?
'n Groot grys klipvreter.

* Wat is wit met blou strepe en vlieg in die aand rond?
Superman met sy pajamas aan.

* Wat is wit en swart en staan in die hoek?
'n Skaam stoof. 

Saturday, 19 April 2025

Ruben-humor: Anderste diereraaisels

* Wat is rooi, rond en klein met blou strepies?
'n Tamatie met blou kruisbande.

* Wat is groen, rond en klein en val kort-kort oor sy eie voete?
'n Ertjie wat te groot is vir sy skoene.

* Wat is swart, klein en loop twee rye spore?
'n Mier wat in 'n wynbottel geval het. 

* Wat is geel en draai in die rondte?
'n Piesang in 'n tuimeldroër.

Saturday, 12 April 2025

Ruben-humor: Hondefamilie

'n Plaasbrak van Petrusburg kuier by sy neef in Johannesburg. Hulle sit nog so lekker en gesels toe sê die plaasbrak: "Verskoon my."
"Waarheen gaan jy?" vra sy neef.
"Toemaar, ek is nou-nou terug," antwoord die plaasbrak.
'n Halfuur later kom hy benoud teruggedraf.
"En nou?" vra die stadsbrak.
"'n Boom! Ek kan nêrens 'n boom kry nie."
"Pleks dat jy eerder gevra het, hier gebruik ons sommer wieldoppe."

Saturday, 29 March 2025

Ruben-humor: Diereraaisels met 'n kinkel

* Hoe blaf 'n Franse poedel? 
"Le woef!"

* Hoekom is visse so besonder slim?
Hulle swem altyd in skole.

* Wat het die seekat vir sy meisie gesê?
Vat my hand, hand, hand, hand, hand, hand, hand, hand, 

* Wat noem 'n mens 'n wolskaap sonder bene?
'n Wolkie.

Saturday, 15 March 2025

Ruben-humor: Diereraaisels

* Hoekom loop 'n skilpad nooit agteruit nie?
Hy is bang hy stamp teen iets omdat hy nie 'n truspieëltjie het nie.

* Wat is stadiger as 'n tiener-skilpad?
Sy oupa

* Wat sê die slak vir die skilpad toe hy wou gaan swem?
"Hou my dop."

* Wat sê die kangeroe-ma vir haar tiener?
"Ek gee nie om dat ander kinders dit doen nie, maar jy plak nie prente in jou kamer nie."