Friday, 13 November 2026

Wednesday, 11 November 2026

Rosetta se Woensdag-wense

2 Korinthiërs 5:17 "Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."

Hou op om te glo wat mense en die duiwel vir jou sê, vergeet van die verlede en begin bely dat Jesus die Seun van God is, begin glo dat jy deur genade gered is, sien jouself vandag waar jy jouself met nuwe klere aantrek en soos 'n nuwe mens lyk.

Tuesday, 10 November 2026

GOD can lift you up from zero to HERO

A very poor young man has been looking for a job for years. One day when he was walking on the street he picked up an old news paper. When he was reading it, he came across an ADD. He needed that Job.The Add said, please bring you CV. The man had no money to type a CV. He didn't have a suit to
wear. He didn't have a car. But he said, with or without a suit I'm going. 

He picked up a dirty paper, he borrowed a pen, and he wrote his CV. The next day he woke up early because he had no money for transport, he put on his normal clothes, when he arrive there, 3 people were already there. 
They were wearing expensive suits and shoes. They mocked him, asking how he could possibly show up looking dirty and unkempt. He politely replied that he was there for the interview.
They laughed at him. The manager started with the first one. Manager: "If you get the Job what are you going to do with your first pay?"
First Man: "I will go overseas and I will go shopping."
Manager: "OK."
Manager to the second one: "If you get the Job what are you going to do with your first pay?"
Second Man: "I will take my wife on a honey moon."
Third Man: "I will buy a new car."
Then the manager called this poor man and asked him: "Why didn't you type your CV? Why are you not wearing a suit?" 
The young man replied: "I don't have money, I don't have a place to stay. I came here by foot.
The Manager stood up and said to the poor man, "The job is yours, Sir. You see that car parked out there, it's yours, here is the key to your house. We will pay for all your driving school expenses. For the time being, we will give a company driver, he will be taking you to and from home."

Never underestimate what God can do. He can turn your story from zero to hero in a moment. His plans are far greater than ours, and when we trust His process, we walk boldly in the direction of our true destiny.

God is always working behind the scenes. Keep the faith, stay obedient, and keep walking - your breakthrough is closer than you think. 

“For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you a future and a hope.” (Jeremiah 29:11)

Saturday, 7 November 2026

Ruben-humor: Nog raaisels

* Raaisel 1
Wat kan nie praat nie, maar sal antwoord as jy met hom praat?
Antwoord: 'n Eggo

* Raaisel 2
Wat vra geen vrae nie, maar moet beantwoord word?
Antwoord: Foon

* Raaisel 3
Wat kan jy vang, maar nooit gooi nie.
'n verkoue.

* Raaisel 4
Watter maand het 28 dae?
Almal

[Dankie aan al die maats wat vir my 'n klomp raaisels ingestuur het.]

Wednesday, 4 November 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Sien GOD se grootheid in die natuur rondom jou raak. 
Elke blom en blaar is so volmaak geskep, 
soos net ons Vader kan. 
So is ek en jy ook volmaak geskep
na GOD se beeld.

Wednesday, 28 October 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Baie sterkte aan al ons matrieks. 
Wees bereid om opofferings te maak, 
langer ure in te sit, geen skermtyd
en vroeër te gaan slaap.
Pak uitdagings met ywer aan 
en glo in jou vermoë. 
Hierdie eksamen is jou geleentheid 
om rigting te kry.
Gryp dit met albei hande aan 
en jy sal nooit spyt wees nie.

Thursday, 22 October 2026

Ruben gesels oor wilde diere langs die pad: Wildehond (Lycaon pictus)

Maats, die wildehond lyk baie soos 'n gewone hond, maar anders as die ander lede van die hondefamilie het die wildehond vier in plaas van vyf tone. Die wildehond het 'n massa van omtrent 25 kg, dit wil sê, omtrent soos dié van 'n redelike groot hond (die wildehond is meer Tommie se grootte - ek het 'n bietjie my gewigsgrense oorskrei, maar dit is omdat ek deesdae so lank voor die rekenaar sit.) 

Die dier is 'n redelike groot vleiseter met 'n massiewe kop amper soos dié van 'n hiëna, dog met 'n slanker liggaamsbou. Die bene is lank en dun en die ore baie breed en rond amper soos dié van 'n vlêrmuis. Die snoet is gewoonlik swarterig met 'n mediane swart lyn op die voorhoof en tot agter die nek, dikwels met 'n ligte bruin kol. 

Die beharing is grof en kort en vertoon 'n eienaardige en treffende patroon. Hulle is oorwegend wit met geelwit, swart en skakerings van bruin vlekke oor die hele lyf. Die reuns is donkerder as die tewe. 

Die diere lewe in troppe van gewoonlik 10-15 diere wat saam jag en kossoek. Die prooi word gejag en in die hardloop verskeur. Hulle gebruik hoofsaaklik hul reuk- en sigsintuie vir jag en hulle val meestal hoefdiere aan. Die leier van die trop kies 'n prooi, meestal 'n swak of siek dier, uit, waarna die trop hom volg.

Wildehonde jag in goed georganiseerde troppe; sommige van hulle bly kort op die prooi se hakke, terwyl die oorblywende deel van die trop op hul gemak volg, totdat die voorstes begin moeg word, waarna hulle dan weer in beweeg totdat hulle die prooi bereik het en hap dan stukke vleis uit die moeë dier totdat dit val waarna dit dan lewendig verslind word.

Die wildehond is beide 'n dag- en 'n nagdier. Hierdie diere, wat neig om spesie-sosiaal te wees, kommunikeer deur 'n groot verskeidenheid geluide, waarvan die meeste 'n kort blaf van alarm of opgewondenheid is, of 'n sameroepende gehuil en baie mense beskou hulle as die wolwe van Afrika. 
Hulle maak ook 'n baie eienaardige kliek-geluid met die tong.

Die diere is nie territoriaal gebonde nie en verander gedurig van verblyfplek.

Die draagtyd is twee maande en die klein brakkies, gewoonlik 2-6, word in 'n beskutte plek, meestal in digte gras of bossies of in 'n skeur, rots of erdvarkgat gebore.

[Dr. JJ Malan]

Wednesday, 21 October 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Psalm 66:1-9 
So sterk is die Here dat Hy altyd in beheer van sake is. Hy gee aan ons lewe. Hy sorg ook dat niks ons onderkry nie.

Sunday, 18 October 2026

Spesiaal vir jou: Kosbare gedagte

Partykeer as die min-lief-vir-myself 'n vasklouplek in my soek, dan staan ek aspris langer voor die spieël.

Dan kyk EK en EK vir mekaar, want baie-Liefhê moet net weer vir min-Liefhê herinner dat binne-in my leef nie net een vrou nie.

Ek en jy is baie vroue in ons leeftyd. Die lewe gooi sy kaarte en jy kies jou paar skoene wat jy moet volstaan.

In my kas staan my beskerm-en-voorsienskoene. Daai sole is deurgeloop om alles kosbaar bymekaar te hou en te beskerm teen storms, koue, lelik en min. Ook 'n vrou wat uitgaan, bymekaar maak en voorsien aan alles en almal wat aan jou toevertrou is.

Langs hulle staan my liefhêskoene.
Ooo ... my liefhêskoene.
Daai onvoorwaardelike paar skoene wat ek en jy volstaan.
Ons het sò lief dat ons soms net met ons nerf-af harte in ons hande bly staan.

Daar binne is ook 'n vegtersvrou.
Die vrou wat baklei het vir alles wat sy wil hê. Wat moes leer baklei al wou sy nie. Die een wat haar swaard sal uittrek sonder om twee keer te dink. Die een met die blits in haar oë wat alles gelyk maak in haar pad.

Maar dan staan daar in my kas die paar skoene waarvan ek die heel meeste hou.
My oorlewingskoene.
Die duurste paar, afbetaal met elke les van die lewe, maar die paar wat ek dubbel en dwars verdien. Ek is spoggerig as ek hulle aantrek, want hulle is onbeskryflik mooi!

So ook is jy - die een in die spieël - as jy besef hoeveel kosbare vrouens jy binne jou dra.

Mag jy altyd weet hoe kosbaar en spesiaal jy is.
Mag jy volkome geluk en vreugde ondervind in elke nuwe dag!
Mag jy in die guns van die Allerhoogste stap -
elke dag van jou lewe!!!

[Aangestuur deur Nerine Oosthuizen]

Saturday, 17 October 2026

Ruben-humor: Ouma se raaisels

* Raaisels 1

Vraag: Twee wit perde gaan heen, twee bruin perde kom terug. Wat is dit? 
Antwoord: Twee brode wat in die oond gebak word.

* Raaisels 2
Vraag: Wat het sleutels maar geen slotte nie.
Antwoord: 'n Klavier

* Raaisels 3
Vraag: Wat was was, voordat was was was?
Antwoord: ‘n Kers! 

* Raaisels 4
Hierdie is my ouma Annie se gunsteling, want niemand kon dit nog ooit regraai nie.
Vraag: ‘n Mier loop ‘n myl in ‘n uur. Hoeveel pitte het ‘n pôpô? 
Antwoord: ‘n Piesang die grootte van 'n waatlemoen

Wednesday, 14 October 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Die les wat *GOD* my hier wil leer: 
* al maak die pad vol klippies seer en
* al moet jy op jou knieë rondgaan, 
* sal jy eendag ook op die kruin kan staan. 
* en ook die mooi beleef. 

Saturday, 10 October 2026

Ruben se brief aan alle hondeliefhebbers

Liewe Maats

Ek het lanklaas die pen opgeneem om vir julle te skryf, maar 'n saak wat my baie na aan die hart lê, is fondse vir die DBV of  die SPCA soos wat ons gewoonlik daarna verwys.

Oor 'n maand, 7 November, kan jy en jou hondevriend die spesiale markdag kom bywoon. Ek wil nou nie katterig klink nie, maar as jy 'n gehoorsame kat het, wat soet in die mandjie sal bly, kan dié seker ook maar die markdag kom bywoon. Ek wil nou nie van partydigheid beskuldig word nie, maar ek voel ons honde kan 'n statement maak!

Daar gaan verskeie kategorieë wees waaraan julle kan deelneem. En hope heerlike pryse is op die spel. Bring jou hond: groot of klein, oud of jonk, slim of dom, dapper of bang, vet of maer, gehoorsaam of ongehoorsaam - daar is 'n kategorie vir elkeen van hulle. Saterdag is julle kans om met jou hond te spog soos nog nooit tevore nie.

Wat kan julle Saterdag by die Duggan-Cronin Gallery verwag:
🐶 Hondeskou-toegang is gratis.
🐶 'n Familie-vriendelike uitstappie.
🐶 Vrolike musiek en 'n ontspanne atmosfeer.
🐶 Heerlike kosstalletjies wat jou mond gaan laat water.
🐶 Stalletjies met innoverende geskenke vir die hele gesin. (Onthou: Kersfees is om die draai!!)  

As julle enige navrae het, 
kan julle die volgende nommer skakel: 084 395 7297 

Sien julle vriendelike lesers daar - moet my nie teleurstel nie.

Ruben-groete tot 'n volgende keer.


Wednesday, 7 October 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag jy so na aan Hom loop,
dat jy altyd bokant die storm beweeg. 
Mag HY jou optel uit daardie storms 
waarin jy geval het, 
en dalk vasgevang voel.
Onthou net, jy kan val,
maar jy sal nooit laer as jou knieë val nie, 
en daar op jou knieë,
dalk met trane oor jou wange, 
daar wag Jesus vir jou. 
Met SY arms wawyd oop. 
Daar sal jy vertroosting vind.

Thursday, 1 October 2026

Bottels vol liefde

Hierdie is die ideale lentedag-, verjaardag-, en einde-van-die-jaar-present wat jy vir iemand kan gee. Die ontvanger bêre die boodskap op die bottel in sy of haar hart en herkou gereeld daaraan en die soetigheid in die bottel - is elke koutjie werd.   

35 boodskapbottels met koekies vol liefde het gister hul weg gevind na die een wat dit bestel het.

Hierdie "soet" presente is op bestelling beskikbaar. Moenie te lank wag nie! 

Bestellings kan via WA geplaas word:
Christelle 060 882 9291
DANKIE vir die ondersteuning!!

Wednesday, 30 September 2026

Friday, 25 September 2026

Saterdaguitstappie: 'n Koskarnaval


Christina Kiddie se inwoners het 'n heerlike Saterdagbederf ontvang. 
Hulle is uitgenooi na die koskarnaval by St Mary Saal.

Kom wees deel van hierdie vreugdes vanaf 09:00 tot 15:00!
Gelukkige mense is mense wat hul honger gestil het by die koskarnaval.

Thursday, 24 September 2026

Erfenisdag 2026


Foto's: Sanette Hansen

Ruben gesels oor wilde diere langs die pad: Tierboskat (Leptailurus serval)

Maats, hierdie dier lyk nogal baie soos 'n tamaai-groot huiskat. Die tierboskat is baie lenig gebou en die kop is proposioneel klein met groot, ovaal regop ore. Sy bene is besonder lank en die stert kenmerkend kort, nie langer as 'n derde van die liggaams- en koplengte nie. Die stert het, soos die jagluiperd, swart ringe vir die grootste gedeelte behalwe naby die aansluiting by die liggaam, waar daar meer swart kolle voorkom. Sy lyf is versier met kolle op 'n dof-bruin pels; die kolle verander in strepe op sy rug en bene.

Die tierboskat is oorwegend 'n nagdier, maar word ook soms in die dag aktief aangetref. Hulle lewe van verskeie klein diertjies soos soorte akkedisse, knaagdiere, rietmuise, hase, voëls, veral tarentale, tot selfs duikers en oorbietjies.

Ongelukkig kan die tierboskat geweldige skade onde pluimvee en kleinvee aanrig en word dan meedoënloos gejag of vergiftig.

'n Wyfie se werpsel bestaan gewoonlik uit ±3 kleintjies. Daar word gewoonlik geboorte gegee in 'n ou erdvarkgat of ystervarkgat of in 'n redelike diep skeur in die rotse.

Die roep van die tierboskat is 'n hoë-noot, kla-agtige geskreeu - "how-how-how-how." 

[Dr. JJ Malan]

Wednesday, 23 September 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Asem vrede in
en asem stres uit!
Laat jou glimlag
vandag so groot
soos jou drome wees!

Thursday, 17 September 2026

Ruben se een minuut gedig: Kies geel? Kies rooi?

Geel is lukwart en appelkoos
Wat my laat watertand,
Maar rooi die kroon van waatlemoen
Wat bros breek in my hand.

Bloedrooi roep die ryp granaat
Wat oor die heining hang
En met soetrooi tande lag
In sy gesplete wang.

Rooivleiskoejawel vet geswel
Van reën , en persrooi adamsvy,
En soetlemoen oranje-geel
Van son – altwee kan my kry!

Spanspekke lok my bottergeel,
Aarbei beloer my spikkelrooi,
Hoe kan ek kies al wil ek ook,
Tussen ewe lekker, ewe mooi?

(Uit: Mallemeule: Pieter W. Grobbelaar deur Freda Linde)

Wednesday, 16 September 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag die Here jou pad
vandag gelykmaak
en vir jou krag gee 
om elke uitdaging 
met 'n glimlag aan te pak! 

Sunday, 13 September 2026

Sommige dae staan jy nie op nie ...

Sommige dae staan jy nie op nie.
Jy rol om, kyk na die muur en wonder of God se stem nog steeds die kant van die bed bereik waar jy opgehou het om voor te gee.

Jy het nie die woorde nie.
Nie die dapperes nie.
Nie die "Ek is oukei"-es nie.
Net die soort wat bewe en in die middel van 'n sin wegraak omdat hartseer nie sy gedagtes voltooi nie.

Jy blaai verby verse wat voorheen soos suurstof gevoel het.

Jy krimp ineen by die klank van aanbidding omdat dit jou herinner aan 'n weergawe van jouself wat jy nie nou kan bereik nie.

En steeds is jy nie vergeet nie.
Nie verlate nie.
Nie minder geliefd omdat jou arms te lam is om dit op te lig nie.
 
Hy sien jou.
Nie die Sondag-jy nie.
Nie die bediening-jy nie.
Die jy wat in die stort huil en fluister
"Ek weet nie meer hoe om dit te doen nie."

Jesus deins nie terug vir jou eerlikheid nie. Hy sit in die stilte saam met jou, onverskrik vir jou vrae, onbewus deur jou gemors.

Jy is steeds Syne.
 
Wanneer jou geloof gebreek voel.
Wanneer jou hoop op "life support" is. Wanneer jou hart 'n slagveld is en jou liggaam te moeg is om te veg.
 
Steeds Syne.
Steeds uitverkore.
Steeds vasgehou.
Steeds die moeite werd om lief te hê op die dae wat jy jouself nie herken nie.

Jy hoef nie oukei te wees om aan God te behoort nie.

Jy hoef nie oukei te wees om deur Hom vasgehou te word nie.

Jy hoef nie deur die pyn te glimlag of Skrif aan te haal deur die stilte nie.
Jy hoef nie te verduidelik hoekom jou hart voel asof dit breek selfs wanneer niks dramaties gebeur het nie.

Soms is die hartseer stil.
Soms is die moegheid onsigbaar.
Soms voel jou geloof soos 'n flikkering en jy wonder of Hy teleurgesteld is in jou.

Hy is nie.

Jesus meet nie jou waarde aan jou krag nie.

Hy sit langs jou op die plek wat jy gedink het te donker vir Hom is.

Hy spoor jou naam in die stof na.
Hy hou jou hand vas selfs wanneer jy opgehou het om na Syne te soek.

Jy is steeds Syne.

Steeds Syne wanneer jy in die stort huil.
Steeds Syne wanneer jy planne kanselleer omdat jy nie vandag kan voorgee nie.
Steeds Syne wanneer jou gebede klink soos "Ek kan nie meer nie."

Jy is nie 'n mislukte gelowige nie.
Jy is nie 'n teleurstelling nie.
Jy is nie te gebroke om liefgehê te word nie.

Jy is die een vir wie Hy gekom het.
Die een wat Hy weier om te verlaat.
Die een wat Hy dogter noem, selfs wanneer jou aanbidding net - net oorleef.

So wees net jouself.
Wees net die rou jy.
Laat Jesus toe om jou lief te hê sonder die masker, sonder die draaiboek en sonder die druk om te probeer sterk wees.

Jy is steeds Syne.

Jy moet net jy wees.
En dit is genoeg.

©2025 Pragtige JY - Is Genoeg Kopiereg ~ Juanita Grobler

[Aangestuur deur Christelle Hatting]

Saturday, 12 September 2026

Ruben-humor: Ouma se raaisels

Maats, ek weet julle is al moeg vir al ouma Annie se raaisels. Maar ek besef dis eintlik 'n skat wat verlore sal gaan, as ons dit nie êrens opteken nie. Ouma Stompie en ouma Annie het een Saterdagmiddag by ons hier in Kimberley kom kuier en daar hoor ek toe nog 'n klomp raaisels ... so uit die perd se bek.

* Raaisel 1: 
Wat het 'n nek, maar geen kop nie.
Antwoord: 'n Bottel

* Raaisel 2: 
Wat breek jy as jy my naam noem?
Antwoord: Stilte

* Raaisel 3: 
Wat het een oog, maar kan nie sien nie?
Antwoord: 'n Naald

* Raaisel 4: 
Hoeveel eiers kan ‘n reus eet op ‘n leë maag voor sy maag nie meer leeg is nie? 
Antwoord: Een. Daarna is sy maag nie meer leeg nie!

Wednesday, 9 September 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag hierdie dag 
die deure van seëninge
in jou lewe oopsluit.
Mag die Here 
jou gebede verhoor
en jou help om deur
al die probleme te kom
wat jou tans in die gesig staar.
'n Geseënde en wonderlike dag.