['n Pre-Vadersdaggedagte]
'n Stiefpa het 'n keuse om jou lief te hê, om jou te aanvaar soos sy eie.
Ek en my stiefpa het ons verskille. Ons kan baklei soos enige ander pa en dogter, alhoewel hy nie my biologiese pa is nie, is hy in my hart my biologiese pa en die enigste pa wat ek het. Hy is die manlike figuur in my lewe. Die man wat my groot gemaak het soos sy eie.
Hy het ingestaan wanneer die een wat daar moes wees, nie wou nie. Hy het my al embarress soos ons jong klomp sou sê. Hy het my by die skool afgelaai met musiek wat kliphard speel en nie enige musiek nie, BOEREMUSIEK! Hy het my al gelos sodat ek in die skuifdeur vasloop en glo my, hy het dit gesien kom.
Ek is trots om te sê my pa het ingestap toe die ander man uitstap. Dit beteken die wêreld vir my en ek sal hom altyd liefhê. Hoop net nie hy trip my op my troudag as pa en dogter saam moet inloop nie.
Bloed is dalk dikker as water, maar in my oë is die water nou my bloed!
[Dankie, vir die een wat dit gestuur het en baie dankie ook vir die een wat dit geskryf het. Ek plaas dit omdat dit in soveel huisgesinne die situasie is. En daar dikwels nie die erkenning aan die bloed-stiefpa's gegee word nie.]
No comments:
Post a Comment