Showing posts with label Vrede. Show all posts
Showing posts with label Vrede. Show all posts

Wednesday, 24 June 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag hierdie oggend vir jou
VREDE in jou hart
DANKBAARHEID in jou siel 
en SEËNINGE
in elke oomblik bring.  
Loop met HOOP
Leef met LIEFDE 
en VERTROU dat God
jou elke tree BESKERM.

Wednesday, 19 November 2025

Rosetta se goeie wense: "n Seker wete ...

Jou Vader is getrou in sy liefde en beskerming teenoor jou. Dit is sy belofte aan ons. Gaan leef vandag en elke dag hierna met dié stuk vrede in jou hart. Hou my styf vas, asseblief, Here.

Wednesday, 22 October 2025

Rosetta se goeie wense: Toe die dag begin ...


het ek in stilte gebid, 
want die SONSOPKOMS sê vir my:
"Ons Skepper het nog 'n dag se GENADE oor ons uitgestort."

Wednesday, 15 October 2025

Rosetta se goeie wense: Toon liefde aan mekaar


Hoe klein is ons aardse wêreld nie teen U Groot Skepping, 
hoe sinloos is ons gejaag 
en hoe kortstondig is ons lewens.
Leer ons waaroor die lewe en die Ewigheid werklik gaan,
laat ons die klein dingetjies meer begin waardeer.
Kom ons toon net liefde aanmekaar, 
die lewe is kort. 
Die dag van môre is nie vir almal bestem nie, 
maar hoe sal ons weet?

Wednesday, 2 July 2025

Rosetta se goeie wense: Droom groot ...


Mag die vrede en varsheid
van die Heilige Gees
jou drome en gedagtes oorheers.
Mag daar rustigheid in jou hart wees
en antwoorde op jou gebede.
Mag God se liefde jou koester
en al jou drome waar word.
Droom groot, want jou God is groot.

Wednesday, 28 May 2025

Wednesday, 2 April 2025

Rosetta se goeie wense: Soet vrede vir vandag


Mag die soet vrede
van ons Vader jou
vandag omring.
Sy blydskap jou wese vul en
in jou hart 'n loflied weerklink!

Wednesday, 26 March 2025

Wednesday, 19 March 2025

Rosetta se goeie wense: Krag in Sy Heilige Naam


Daar is soveel krag
in die Heilige Naam
van Jesus!
In sy Naam is daar genesing
herstel, vrede en liefde!
Mag hierdie krag 
ook vandag deel word
van jou lewe!

Wednesday, 12 February 2025

Rosetta se goeie wense: Hoop


Mag jou hart gevoed 
word met liefde,
jou siel met geloof,
en jou binneste met vrede,
dan sal jou menswees
versadig wees met hoop.  

Wednesday, 11 December 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons vandag die diepte van Sy raad,
die krag van Sy heerskappy,
die liefde van ons ewige Vader,
en die vrede wat Hy alleen kan bied, ervaar.

Wednesday, 7 February 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag die vars bries
nuwe krag, moed en hoop
saam met vreugde en vrede
by jou venster inwaai.