Showing posts with label Vergelykings. Show all posts
Showing posts with label Vergelykings. Show all posts

Saturday, 4 October 2025

Ruben-humor: Vreemde vergelykings

* Hy is so bles ...
dat jy sy gedagtes kan lees.

* Die rugbyspeler is so onfiks ...
dat hy miltsteek kry as hy hik.

* Hy is so lank ...
dat as hulle hom in 'n rugbywedstryd duik, val hy eers tien minute later.

* Hy is so lelik ...
dat al die honde tjank as hy op pad skool toe in die straat loop.  

* Dié leerder is só lui ...
dat sy skaduwee vir hom wegloop.

[Hierdie gesegdes kom uit my Petrusburg-dae uit!]

Saturday, 27 September 2025

Ruben-humor: Vreemde vergelykings

 * Die Vrystaat is so plat ...
jy kan 'n week in jou tekoms sien.

* Hy is so kort ...
jy sien sy voete op sy ID-foto.

* Dit is so warm in die Kalahari ...
die kinders in die kleuterskool se melktande word suur.

* Sy sin vir rigting is so sleg ...
hy verdwaal in die aanpashokkie.

* Hy is nou op die stadium in sy lewe ...
waar hy begin vergeet om te onthou.

[Hierdie gesegdes kom uit my Petrusburg-dae uit!]

Saturday, 6 September 2025

Ruben-humor: Vreemde vergelykings

* Hy het wegstaan tande ...
soos 'n stalvurk.

* Hy het skurwe hakskene ...
soos 'n vleipatat.

* My oë is so skerp ...
ek kan twee dae in die toekoms in sien.

* Hy is so suinig ...
hy kou drie dae lank aan 'n toffie.

* Hy is so maer ...
as hy waterpokkies kry, kry hy dit een vir een.

[Hierdie gesegdes kom uit my Petrusburg-dae uit!]

Saturday, 23 August 2025

Ruben-humor: Vreemde vergelykings

* Hy het hol wange ...
soos 'n toegeslane brood.

* Hy het 'n plooigesig ...
soos 'n merinoskaap.

* Hy het deurskynende ore ...
soos 'n vlakhaas.

* Hy het 'n knopneus ...
soos 'n bakoond.

* Hy het 'n stem ...
soos 'n koffiemeule.

[Hierdie gesegdes kom uit my Petrusburg-dae uit!]

Saturday, 9 August 2025

Ruben-humor: Vreemde vergelykings

* Hy is so lank ...
dat as hy nog 'n half duim langer was, dan was hy lewenslank.

* Hy is so kort ...
dat as hy 'n half duim korter was, dan was hy 'n kortsluiting.

* Hy is so vet ...
hy loop nou agter sy maag aan.

* Hy is so maer ...
hy moet tweemaal staan om 'n skaduwee te gooi.

* Hy het sulke skewe tande ...
hy kan 'n appel deur 'n tennisraket eet.

Saturday, 26 July 2025

Ruben-humor: Vreemde vergelykings

* Hy is so maer ...
hy moet swart koffie drink om 'n skaduwee te gooi.

* Ek was so verbaas ...
jy kon my omslaan met 'n vaak vis.

* Hy het so vinnig omgedraai ...
dat hy in homself vasgeloop het.

* Hy is so skeel ...
as hy huil, loop die trane teen sy rug af.

* Hy is so maer ...
dat hy moet rondspring in die stort anders val al die druppels hom mis.