Showing posts with label Wense. Show all posts
Showing posts with label Wense. Show all posts

Wednesday, 2 September 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Hy weet: 
hoe mooi jy is,
wanneer jy lelik voel. 
Jou onskuld ...
wanneer jy skuldig voel. 
Jou lag ...
wanneer jy kwaad word. 
Jou mooı glımlag ...
wanneer jy hartseer is. 
Jou blink oë ...
wanneer trane dit verdof. 
Jou bruisende energie ...
wanneer jy afgerem en moeg voel. 
Jou waarde ...
wanneer jy misbruik voel. 
Jou lıefde ...
wanneer jy niks voel nie. 
Jou doel ...
wanneer jy wonder wat jy hier 
maak
Jou geloof ...
wanneer jy twyfel. 
Jesus KEN jou.

Wednesday, 26 August 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Versamel vandag 
al die mooi en 
positiewe dinge en
bêre dit op 
'n spesiale plek
in jou hart!
Seën vir jou dag! 

Wednesday, 19 August 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag God se LIEFDE 
jou omring.
Sy SEËNINGE 
jou verstom.
Sy GENADE 
jou verbly! 
Vreugde vir jou!

Wednesday, 12 August 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Jy kan vandag rustig wees,
want jy is 
WAARDEVOL,
DUUR gekoop,
HOOG geag,
KOSBAAR,
want Jesus het jou
LIEF! 

Wednesday, 5 August 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag God 'n veilige heining 
om jou en jou hartsmense
plaas.
Mag Hy jou huis vol vrede
en lag maak en jou seën
met gesondheid.
Mag Hy jou omring
met sy onvoorwaardelike
liefde! 

Wednesday, 29 July 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Geloof 
is nie 'n 
vrywaring
teen moeilike tye nie.
Dit verseker net dat
jy makliker
daardeur sal gaan. 

Wednesday, 22 July 2026

Rosetta se Woensdag-wense

In elke nuwe dag
lê nuwe krag.
Mag vandag 
jou siel voed
en jou hart 
met vrede omvou! 

Wednesday, 15 July 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag vandag 'n herinnering wees
aan God se
eindelose SEËNINGE.
Mag jy elke oomblik, 
Sy TEENWOORDIGHEID en
LIEFDE aanvoel rondom jou. 
Stap vorentoe met MOED,
want jy is nooit ALLEEN
op hierdie lewensreis nie!

Wednesday, 1 July 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Leef dankbaar. Dankbaarheid verskuif ons fokus van wat ons kortkom na wat ons het. In 1 Tessalonisense 5:18 moedig die apostel Paulus ons aan met hierdie woorde: "
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle."  

Wednesday, 24 June 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag hierdie oggend vir jou
VREDE in jou hart
DANKBAARHEID in jou siel 
en SEËNINGE
in elke oomblik bring.  
Loop met HOOP
Leef met LIEFDE 
en VERTROU dat God
jou elke tree BESKERM.

Wednesday, 17 June 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Mag die Here 
se VREDE
wat alle verstand te bowe gaan,   
jou HART en
GEDAGTES 
vandag bewaar!

Wednesday, 3 June 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Leef en beleef elke dag 
soos 'n kind vol blydskap 
en met vertroue. 
Koester elke oomblik, 
versamel herinneringe 
en plaas hierdie geheuefoto's
in jou skatkis van die lewe.
As jy dié dag ontsteld is,
nie lekker voel nie,
of eensaam is,
haal hierdie foto's uit jou skatkis.

Wednesday, 27 May 2026

Rosetta se goeie wense

Liefde ontstaan uit 'n gevoel van 
barmhartigheid, 
medelye, 
van waarlik omgee vir andere, 
en 'n diep begeerte om hulle gelukkig te sien.

Wednesday, 20 May 2026

Rosetta se goeie wense

Vriendelikheid kos so min, 
en is tog so kragtig 
dat dit mense se woede kan stil, 
hul pyn kan versag, 
en hul help om hulself as waardevolle kinders 
van 'n Hemelse Vader te sien.

Wednesday, 13 May 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Geluk kan altyd gevind word, 
selfs in die donkerste tye, 
as jy net onthou om die lig aan te skakel.

Wednesday, 6 May 2026

Rosetta se Woensdag-wense

"Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle."
 
Hierdie vers herinner ons daaraan dat ons midde in ons teenspoed dankbaarheid moet en kan kweek. Dankbaarheid stel ons in staat om die talle maniere te erken waarop God Sy liefde en voorsiening daagliks aan ons openbaar.

Wednesday, 29 April 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Die wonderwerke waarvoor ons wag om te gebeur, hang grootliks van onsself af. As ons die eerste stap in geloof neem, sal God die geloof wat handelend optree en op Hom alleen vertrou, raaksien en eer en op 'n buitengewone wyse daarop reageer.

Wednesday, 22 April 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Daagliks kom daar uitdagings op jou pad. 
Jy moet dit altyd as 'n geleentheid sien om te groei.
 

Wednesday, 15 April 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Niemand kan 'n liefdesdaad te gou bewys nie; want 'n mens weet nooit hoe gou dit te laat kan wees nie.