Wednesday 30 September 2020

A good mother ...


A good mother, often called a Good Enough Mom, does her best to:

Teach her child how to live life to the fullest
Be there for her children when they need her
Teach her child the importance of self-worth
Provide food, shelter, and love
Be a good example to her children
Make time to have fun with her kids
Allow room for her children to make mistakes and learn from them
Teach her children how to love unconditionally

Friday 25 September 2020

Die hasie wat gebaretaal verstaan!

Ses jaar terug is daar 'n dierbare dogtertjie in die Goudvelde gebore. Hierdie mooi vriendelike dogtertjie het een sintuig minder as haar maatjies. Maar al haar ander sintuie werk so 'n klein bietjie harder sodat sy haar weg in die horende wêreld kan vind. 

Voordat sy aan die begin van hierdie jaar 'n leerder aan die Bartimea Skool, 65 km buite Bloemfontein, geword het, was sy in 'n hoofstroom kleuterskool in Welkom. Gebaretaal is egter een van Bartimea se vakke en daarsonder is kommunikasie baie moeilik. Dus moes Caitlynn Jacobs sommer vroeg in haar lewe die koshuislewe trotseer, 'n vreemde skool, vreemde omgewing, weg van familie en vriende wat haar in 'n veilige sirkel kon toevou. En toe kom Covid-19 ...

Skielik is skool weer by die huis en onbekend word bekend en Covid-19 maak 'n lang-weg-van-die-huis-jaar, korter. Maar grendeltyd kan ook te lank raak en dan mis 'n mens weer skool en die maatjies en die juffrou wat die geheime van leer vir jou moet oopsluit. En so drie weke terug, kry Caitlynn vir Jessie by tannie Caryn, wat die hart van 'n klein dogtertjie verstaan. Hierdie hasie het vir Caitlynn nodig en skielik is die rolle omgeruil. Jessie verstaan gebaretaal en ure se gesprekke word gevoer en toe op 'n dag raak Jessie weg ...

Die hele straat help soek, want almal ken vir Caitlynn en Jessie ... elke holte, hoek en huis word deursoek. Die verdriet is groot en bokse tissues word opgehuil. Die belangrikste wese in Caitlynn se bestaan is weg ...

En dan 'n straat verder word Jessie deur 'n seuntjie gekry ... opgewondenheid, vreugde en blydskap, want hier dra almal mekaar se belange op die hart en Caitlynn wat haar eie opdraande stryd in die lewe het, en Jessie, is in die harte van Bronville se gemeenskap. 

Daar is geen twyfel dat Jessie die slimste hasie in die Goudvelde is nie, want sy het die geduldigste leermeester aan haar sy.

Tuesday 22 September 2020

How To Ruin Your Children

Begin with infancy to give the child everything he wants.
In this way he will grow up to believe the world owes him a living.

When he picks up bad words, laugh at him ... this will make him think he's cute.
It will also encourage him to pick up "cuter" phrases that will blow off the top off your head late.

Never give him any spiritual training.
Wait until he is 21 and then let him "decide for himself."

Avoid use of the word "wrong." It may develop a guilt complex.
This will condition him to believe later, when he is arrested for stealing a car,
that society is against him and he is being persecuted.

Pick up everything he leaves lying around - books, shoes, clothes.
Do everything for him so that he will be experienced in throwing all responsibility to others.

Quarrel frequently in the presence of your children.
In this way they will not be too shocked when the home is broken up later.

Give a child all the spending money he wants.
Never let him earn his own. Why should he have things as tough as you had them.

Satisfy his every craving for food, drink, comfort.
See that every sensual desire is gratified.
Denial may lead to harmful restraint.

Take his part against neighbours, teachers, policemen.
They are all prejudiced against your child.

When he gets into real trouble, apologise for yourself by saying, "I never could do anything with him."

Tell them they are "No Good" often.
They will grow up trying to prove you are correct.

When they make a mistake,
criticise in front of others so everyone can see how disciplined you are.

If a child with ingenuity creates a useless (but original) "thing",
make a fool of him, he has to learn to be practical.

Prepare for a life of grief. You will be likely to have it.

[Original source unknown]

Saturday 12 September 2020

Stories van Hoop: Dis ʼn wonderwerk! Die Here is so goed!

Toe ek Viola Fransman ontmoet het, het sy pas uit die Kollege gekom. Sy is in Wellington opgelei as kinderwerker. Ek was toe nog in die VGK Riebeek-Wes. Ons het gepraat oor kinderbediening. Sy bring toe ʼn lang kers en ʼn kort kersie te voorskyn. “Watter een verteenwoordig die kind,” vra sy. Half outomaties wil mens sê: “Die kort enetjie.” Maar as jy goed dink, weet jy die lang kers is die kind. Hy het nog ʼn lang lewe voor waarin hy sy Lig kan laat skyn.

Sedertdien het sy as’t ware voor my grootgeword. Al die jare wat ek by Petra Instituut vir Kinderbediening was, was sy deel van die personeel. Daar is sy tot vandag toe nog.

As jy by ʼn “geloofsorganisasie” soos Petra, werk, kry jy nie ʼn salaris nie. Jy moet genoeg ondersteuners werf om vir jou lewensonderhoud te sorg. Sy kom uit ʼn gemeenskap waar die meeste mense dit nie breed het nie. So, die finansiële ondersteuning uit haar familie en vriende en selfs haar gemeente, was ver nie voldoende nie. Soos vir baie ander van die personeel is fondswerwing nie maklik nie. Die ondersteuning deur die jare dek net-net die basiese behoeftes.

Sy het deur die jare aangegaan met haar studies in teologie en pas ʼn doktorsgraad verwerf.

Ek gaan dat sy haar storie van Hoop self vertel. Ek plaas haar brief aan my net so.

Hallo Uncle, toe die jaar begin het, het ek nie geweet hoe ek vir my studies gaan betaal nie. Die Universiteit het my laat weet dat as ek voor einde Maart my tesis inhandig hulle die registrasiegelde met die helfte sal verminder van R20 000 na R10 000. Toe werk ek my vingers deur en slaap niks en is naar van moegheid en doodbang dat ek nie die deadline gaan haal nie.

Toe laat weet hulle my die tesis moet op ʼn sekere templaat in ʼn sekere formaat gedoen word en dat as ek my tesis van ongeveer 300 bladsye so wil hê, sal ek omtrent R15 per bladsy moet betaal vir formatering. Ek’t gedog ek sterwe, want ek’t nie ʼn sent op my naam nie. Toe kontak ek die vrou by die Universiteit en sy sê vir my, sy kan sien ek doen goeie werk in die Vallei. Die Here was so goed vir haar die laaste klompie maande, sy sal dit verniet vir my doen. Oom dis omtrent R4500 se werk wat sy sommer so verniet vir my gedoen het.

Toe moet die tesis ge-edit word en ek kontak die persoon wat my meesters tesis ge-edit het. Sy lag toe lekker toe ek haar bel en sê: “Jy werk mos vir Petra, het jy geld?” Toe lag ons albei, want ons ken die antwoord op daardie vraag. Toe sê sy vir my kom, laat ons doen wat ons kan jy werk vir die Here.

Toe gebeur dit so dat ek die eerste sperdatum vir die inhandiging van die volledige tesis mis en saam met dit mis ek die geleentheid om in Julie te gradueer. Dit het beteken dat ek R20 000 moes betaal wat ek nie gehad het nie. Twee weke voor die graduering in Julie kontak my mentor, dr. Jan Grobbelaar, my en vra of ek weet ek gradueer die 24ste Julie. Hulle wag nog net vir die veranderinge wat ek moes aanbring. Die dekaan het dit goedgekeur dat ek kan gradueer. Hulle weet nie hoe dit gebeur het nie, maar my naam is op die lys vir die 23ste Julie.

Ek was onder die indruk dat dit my ses weke sou neem om die veranderinge aan te bring, maar die ses weke se werk is toe binne een week voltooi. Ek weet nou nog nie hoe dit gebeur het nie, maar die veranderinge is aanvaar en op die 23ste Julie het ek my PhD graad ontvang.

Die Universiteit het ook ʼn beurs toegeken wat die studiegeld wat ek nog verskuldig was, gedek het. Ek skuld hulle niks!

Dis ʼn wonderwerk. Die Here is so goed.

[Dankie, ds. Brahm Reyneke, wat hierdie wonderwerk met ons Koester Karos-lesers deel.]

Tuesday 8 September 2020

Internasionale geletterdheidsdag

Lees oefen jou brein
Hoe meer jy lees hoe minder spelfoute sal jy maak. Dit bou ook sommer jou konsentrasievermoë.
Lees laat jou rustiger voel
Afhangende natuurlik van wat jy lees.

Lees verryk jou taal en woordeskat.
Skrywers gebruik woorde wat jy kan byvoeg by jou bestaande woordeskat. Lees altyd iets wat jou bietjie uitdaag.

Lees verbreed jou kennis
Mense kan nooit jou kennis van jou wegneem nie. So bou elke dag 'n bietjie aan jou algemene kennis.

Lees verbeter jou skryfvaardighede
Dink aan al daardie opstelle wat jy in die skool moet skryf.

Lekker gratis ontspanning en vakansie
Jy kan in jou kop reis net waarheen jy wil en jy hoef nie 'n sent vir petrol uit te haal nie.
Lees ontwikkel jou kreatiwiteit
Baie goeie idees - miskien kry jou toekomsdroom ook sommer so 'n hupstootjie uit 'n boekidee uit.
Lees word 'n lewenslange vriend
Lees bly een van jou heel beste vriende - eensaamheid is nie deel van jou woordeskat nie.
Lees maak van jou 'n ryker mens as die een wat nie lees nie. Lees verander jou toekomsvisie en maak van jou wenmateriaal - selfs daar waar dit onmoontlik lyk, word dinge moontlik. Word 'n leser en bly 'n leser. 

International Literacy Day











Gee kinders vlerke ...



International Literacy day

Each year September 8th marks UNESCO’s International Literacy day, raising awareness globally on the issues surrounding adult and child literacy.

First held in 1966 and now part of the UN’s sustainable development goals program adopted in 2015, International Literacy day highlights the changes and improvements being made worldwide in literacy development.

UNESCO has been central to improving global literacy since 1946 and promotes International Literacy day in partnership with governments, charities, local communities and experts in the field worldwide. Using themes and programs the day aims to turn attention on literacy in all its forms in a changing world. Recognising literacy encompasses more than the written word in societies today the theme for 2017 was Literacy in the Digital World’.

International Literacy Day is a day to remind world leaders, influencers and the general public of the current status of adult literacy and learning.