Showing posts with label Marguerite Pienaar. Show all posts
Showing posts with label Marguerite Pienaar. Show all posts

Saturday, 12 October 2024

56 000 e-besoeke


Koester Karos het die 56 000-kerf bereik. 'n  Koester Karos-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Stuur gerus idees en voorstelle in - ons luister graag. Dankie vir al die positiewe kommentaar wat sommer so padlangs gestuur word.

'n GROOT DANKIE aan elke medewerker wat só gereeld bydraes stuur. Julle sterk ons hande!
  • Katelyn Marais
  • Liz de Koker
  • Marguerite Pienaar
  • Portia Kgopodithata
  • Ruben (Binnekringjoernalis) 
  • Rosetta Venter
  • Valerie Kilian

Sunday, 22 October 2023

En as ... ?

Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, watn Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Josua 1:9)

Vader, U ken al die vrese van my gemoed.
Toe ek klein ws, was ek bang
vir die onbekende van die donker.
Nou worstel, twyfel en vrees ek
so baie dinge wat kan gebeur.
Tóg weet ek dat die meeste vreesdinge
nóóit sal gebeur nie;
dat vrees 'n verlammende en onnodige emosie is
wat geen waarde toevoeg tot my bestaan nie.

Vergewe my menslikheid en klein geloof, Vader.
Help my om U onvoorwaardelik te vertriy
in dié wete dat my eie lewe en die van ander
in U veilige, alomvattende hande is.
Laat U vrede my vrees oorspoel
sodat ek kalm my pad kan loop.

Help my doen wat U van my verwag:
vreesloos ...
in dié wete dat môre
vir homself sal sorg 

Bron: Woorde wat leef - Mini Bybeldagboek - Milanie Vosloo

[Dankie, Marguerite, dat jy sulke kragtige boodskappe met die personeel voor werk gedeel het.]

Sunday, 15 October 2023

Banghartmense

Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie. (Lukas 12:4)

Ons het vreesmense geword:
Ons vrees ons gisters,
vandags en môres.
En ons het rede daarvoor:
Die lewe wys ons dikwels
sy slegte kant.
Ongevraag. Onverwags. Onbeman.

Nou loop ons met ons bang harte
en leef net skuifel-skuifel
soos bietjies-bietjies mense,
té bang om voluit te lewe,
want sê nou net?

Vergewe ons ons vreesgelooflewens, Here, en help ons onthou:
Daar's 'n God - 'n almagtige God -
wat álles onderhou. My en jou!

Bron: Woorde wat leef - Mini Bybeldagboek - Milanie Vosloo

[Dankie, Marguerite, dat jy sulke kragtige boodskappe met die personeel voor werk gedeel het.] 

Friday, 22 January 2021

Leer my u liefdestaal

Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is (Johannes 13:34-35).

Here, ons word opgelei
om met ander te kompeteer,
trots te wees,
ons merk te maak in die lewe,
op ons regte te staan,
ons sin te kry.
Dis deel vanmensweeskultuur.

Tóg lyk die wêreld na 'n plek vol ongeskooldes.

Miskien moet ons 'n paar lesings
in U "skool-van-liefde" bywoon
sodat ons ook sukses behaal in die vakke:
Onvoorwaardelike liefde,
Doen-liefde en
Gee-liefde.

Skryf my asseblief in.

[Dankie, Marguerite Pienaar, wat hierdie gebed met ons deel.]