Kindersorg Fraserburg

Terug na HOME PAGE

FRASERBURG


Fraserburg is in die Hantam Distrik en deel van Namakwaland in die Noord-Kaap.  

Volgens Statistiek SA daar is ongeveer 3 020 mense in die dorp en op die plase rondom Fraserburg.  Die meeste van hierdie mense (1 436 / 47.4 %) is in die ouderdomsgroep van 20 tot 59 jaar, terwyl die tweede meeste ongeveer 1 224 (40.4 %) in die ouderdomsgroep van geboorte tot 18 jaar is. Hoewel Kindersorg se fokus op kinders onder 18 jaar en gesinne is, word persone bo 60 jaar nie uitgesluit in dienslewering en hulpverlening nie.  (In Fraserburg is ongeveer 370 (12.2 %) persone bo die ouderdom van 60 jaar - wat die tendens bevestig dat ouer mense eerder in die gemeenskap bly as om na ouetehuise in ander dorpe te gaan.)

Die vlak van opvoeding en kwalifikasies het gewoonlik 'n impak op die werksgeleenthede en beroepe waartoe persone toegang het, wat verder 'n invloed het op die inkomste van 'n persoon.  Die meerderheid van Fraserburg se inwoners het aan Statistiek SA aangedui dat hulle "mate van sekondêre skool-onderrig" as hoogste kwalifikasie het, naamlik 20.6 % van die populasie.

Afrikaans is die huistaal van die meeste inwoners (95.8 %), met Xhosa (1.3 %) en Engels (1 %) as ander huistale.

Die werkloosheidsvlak in die Karoo Hoogland Munisipale Distrik, waarbinne Fraserburg geleë is, word op 14.6 % gerapporteer - 20 % van die jeug in die hierdie distrik is werkloos.
Volgens Statistiek SA het 7 % van die inwoners geen inkomste, terwyl die volgende statistiek as bevestiging dien van die hoë vlakke van armoede :-
  • R9 601 - R19 600  :  21.7 %
  • R19 601 - R38 200  :  22.8 %
  • R38 201  -  R76 400  :  16.2 %.
Net soos in ander dorpe, veroorsaak armoede, alkoholmisbruik, gesinsgeweld en ander maatskaplike uitdagings groter kwesbaarheid van die kinders in Fraserburg. Hierdie uitdagings verhoog ook die risiko van gesinsverbrokkeling.

KINDERSORG SA FRASERBURG


No comments:

Post a Comment