Showing posts with label Ds. Brahm Reyneke. Show all posts
Showing posts with label Ds. Brahm Reyneke. Show all posts

Sunday, 13 November 2022

Die storie van die Coca-Cola-blikkie

Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees na hierdie boodskap nie.


Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon meer soos hierdie seuntjie wees en die Here raaksien in elke liewe ding, maak nie saak wat nie. Hoop julle geniet dit wat hy raakgesien het, want ek het. Hy was 'n regte Jesus-kind en 'n voorbeeld vir ons almal.

Hierdie stukkie  goeie nuus is ter nagedagtenis van Abrie de Bruin.   

Abrie is gebore 16.07..79 en oorlede 28..02.92,  (13jr). Hy is deur 'n motoris doodgery.  'n Dag  voor sy tragiese dood het hy die volgende nota op sy  lessenaar gelaat: 

Hoeveel Coca-Cola's het jy al  gedrink en nooit eers gewonder hoekom die blikkie rooi is nie? 

Wel hier is die storie:
"Die rooi stel  die bloed van Jesus voor.
Die swart strepies is die  sonde wat jy doen. 
Die wit is reinheid, 
wanneer jy jou  sonde bely dan word jy rein." 

Coca-Cola staan vir  die volgende: 
     C-Come 
     O-on 
     C-children 
     A-Accept 
     C-Christ 
     O-our 
     L-Lord 
     A-Amen 

Die woorde Coke staan  vir: 
   C-Christus 
   O-ons 
   K-Koning 
   E-Ewig 

Agterop is daar 340ml, in Klaagliedere 3:40 staan daar dat jy  jou tot die Here moet bekeer. As jy dit doen, dan gooi  jy jou sondes weg soos die mannetjie agterop. Dan is  jy 'n koningskind. Dit word voorgestel deur die kroon. En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe is, dan  kyk jy na die SABS-handelsmerk. Dit is jou waarborg. Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom en maak hom  oop, dan kook hy oor, so is dit ook as jy tot bekering kom; dit borrel binne in  jou." 

[Dankie, ds. Brahm dat jy ons net weer herinner aan hierdie bekende verhaal.] 

Saturday, 12 September 2020

Stories van Hoop: Dis ʼn wonderwerk! Die Here is so goed!

Toe ek Viola Fransman ontmoet het, het sy pas uit die Kollege gekom. Sy is in Wellington opgelei as kinderwerker. Ek was toe nog in die VGK Riebeek-Wes. Ons het gepraat oor kinderbediening. Sy bring toe ʼn lang kers en ʼn kort kersie te voorskyn. “Watter een verteenwoordig die kind,” vra sy. Half outomaties wil mens sê: “Die kort enetjie.” Maar as jy goed dink, weet jy die lang kers is die kind. Hy het nog ʼn lang lewe voor waarin hy sy Lig kan laat skyn.

Sedertdien het sy as’t ware voor my grootgeword. Al die jare wat ek by Petra Instituut vir Kinderbediening was, was sy deel van die personeel. Daar is sy tot vandag toe nog.

As jy by ʼn “geloofsorganisasie” soos Petra, werk, kry jy nie ʼn salaris nie. Jy moet genoeg ondersteuners werf om vir jou lewensonderhoud te sorg. Sy kom uit ʼn gemeenskap waar die meeste mense dit nie breed het nie. So, die finansiële ondersteuning uit haar familie en vriende en selfs haar gemeente, was ver nie voldoende nie. Soos vir baie ander van die personeel is fondswerwing nie maklik nie. Die ondersteuning deur die jare dek net-net die basiese behoeftes.

Sy het deur die jare aangegaan met haar studies in teologie en pas ʼn doktorsgraad verwerf.

Ek gaan dat sy haar storie van Hoop self vertel. Ek plaas haar brief aan my net so.

Hallo Uncle, toe die jaar begin het, het ek nie geweet hoe ek vir my studies gaan betaal nie. Die Universiteit het my laat weet dat as ek voor einde Maart my tesis inhandig hulle die registrasiegelde met die helfte sal verminder van R20 000 na R10 000. Toe werk ek my vingers deur en slaap niks en is naar van moegheid en doodbang dat ek nie die deadline gaan haal nie.

Toe laat weet hulle my die tesis moet op ʼn sekere templaat in ʼn sekere formaat gedoen word en dat as ek my tesis van ongeveer 300 bladsye so wil hê, sal ek omtrent R15 per bladsy moet betaal vir formatering. Ek’t gedog ek sterwe, want ek’t nie ʼn sent op my naam nie. Toe kontak ek die vrou by die Universiteit en sy sê vir my, sy kan sien ek doen goeie werk in die Vallei. Die Here was so goed vir haar die laaste klompie maande, sy sal dit verniet vir my doen. Oom dis omtrent R4500 se werk wat sy sommer so verniet vir my gedoen het.

Toe moet die tesis ge-edit word en ek kontak die persoon wat my meesters tesis ge-edit het. Sy lag toe lekker toe ek haar bel en sê: “Jy werk mos vir Petra, het jy geld?” Toe lag ons albei, want ons ken die antwoord op daardie vraag. Toe sê sy vir my kom, laat ons doen wat ons kan jy werk vir die Here.

Toe gebeur dit so dat ek die eerste sperdatum vir die inhandiging van die volledige tesis mis en saam met dit mis ek die geleentheid om in Julie te gradueer. Dit het beteken dat ek R20 000 moes betaal wat ek nie gehad het nie. Twee weke voor die graduering in Julie kontak my mentor, dr. Jan Grobbelaar, my en vra of ek weet ek gradueer die 24ste Julie. Hulle wag nog net vir die veranderinge wat ek moes aanbring. Die dekaan het dit goedgekeur dat ek kan gradueer. Hulle weet nie hoe dit gebeur het nie, maar my naam is op die lys vir die 23ste Julie.

Ek was onder die indruk dat dit my ses weke sou neem om die veranderinge aan te bring, maar die ses weke se werk is toe binne een week voltooi. Ek weet nou nog nie hoe dit gebeur het nie, maar die veranderinge is aanvaar en op die 23ste Julie het ek my PhD graad ontvang.

Die Universiteit het ook ʼn beurs toegeken wat die studiegeld wat ek nog verskuldig was, gedek het. Ek skuld hulle niks!

Dis ʼn wonderwerk. Die Here is so goed.

[Dankie, ds. Brahm Reyneke, wat hierdie wonderwerk met ons Koester Karos-lesers deel.]