Showing posts with label Skenkings. Show all posts
Showing posts with label Skenkings. Show all posts

Friday, 22 May 2026

Dankie vir die verskil wat Helpende Hand maak


Dankie, Helpende Hand dat julle met jul Helpjag-projek, altyd  vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum onthou.

Julle gesindheid, uitreik en vrygewigheid maak van die wêreld 'n beter plek. 

Dankie dat julle hartspore los. Hartspore sit 'n glimlag op die ontvangers se gesig en gee vlerke aan die woord HOOP.

Wednesday, 6 August 2025

Besoek van die St Cyprians-engele



Dankie, Coleen, dat jy die groot skenking namens die St Cyprians Guilde kom aflewer het. Julle vriendelike omgee is 'n riem onder ons hart! Mag julle van krag tot krag gaan. KJSS-vreugde!

Monday, 4 August 2025

'n Besoek van die FNB-vrywilligers-engele


'n Groot dankie vir die 20 groot kospakkies, o.a. 2 liter olie, 20x10 kg mieliemeel en 20x10 kg stampmielies. Dis 'n yslike groot present wat die FNB-vrywilligers kom aflewer het. Ons waardeer dit uit ons hart uit. Seën op julle goeie werk. KJSS-vreugde!

Saturday, 2 August 2025

Ons kan julle nie borg nie, maar ons kan help adverteer!! Sterkte!


Die eksklusiewe HelpJag Legendes Gholfdag vind op 25 September 2025 by Serengeti Golf and Wildlife Estate plaas.
 
Hierdie dag gaan nie net oor die spel nie, maar ook oor die verskil wat jy in ons gemeenskap kan maak om hoop te bring waar dit die nodigste is.

Raak betrokke as borg of adverteerder: https://helpjag.co.za/gholfdae/

Dis is meer as net gholf...elke hou maak ‘n verskil!

Dankie vir die verskil wat Helpende Hand maak

HelpJag, 'n inisiatief van Helpende Hand, maak daagliks 'n verskil aan mense en kinders se lewens. Christina Kiddie Jeugsentrum was vandag aan die ontvangkant van hierdie wonderlike inisiatief. Woorde skiet te kort as so 'n pakkie stil-stil sy weg tot by die voordeur van die jeugsentrum vind.

Dankie vir die ongelooflike geskenk van 200 kg wildsvleis en 30 sakke aartappels. Hierdie is 'n heerlike bederf. Dankie dat julle in ons kinders glo en vir elke instansie waarby julle betrokke is, toekomshoop gee.

Thursday, 27 March 2025

Advertensie: Besoek Beefmaster gerus in Maart


Bestel jou vleis vir die res van die maand op die iBEEF-toep van Beefmaster. Laai die iBEEF-toep af op die App Store of Google Play Store. #vleis #braai #Beefmaster #bestbeef #ibeef

Klik HIER vir meer inligting.
Ons maak 'n BEEFMASTER-aankope doodmaklik! 

Thursday, 20 March 2025

Advertensie: Besoek Malu gerus in Maart


Besoek ons Facebookblad en laai die nuutste pryslys af! Maart-winskopies maak vleisaankope maklik!      

Klik HIER vir meer inligting.

Thursday, 13 March 2025

Advertensie: Besoek West End Slaghuis gerus in Maart

Klik HIER en besoek gerus ons Facebookblad vir Maart-winskopies.

Daar is nou gereserveerde parkering vir West End Kliënte by die Hadisonpark Sentrum!

Onthou: Goed - Beter - West End!

Thursday, 6 March 2025

Advertensie: Besoek Sandwich Shop gerus in Maart

Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Maart by Sandwich Shop.

Onthou: Sandwich Shop maak Maartmaand se kosmaak maklik. Kom kuier vir ons of gee ons 'n luitjie by 053 832 4440 of 053 832 4149.

Thursday, 20 February 2025

Thursday, 13 February 2025

Thursday, 6 February 2025

Advertensie: Besoek West End Slaghuis gerus in Februarie


Dis naweek! Kry al jou braaibenodighede by West End Vleismark!! Klik HIER vir meer inligting!

Onthou: GOED - BETER -  WEST END

Wednesday, 5 February 2025

Advertensie: Besoek Sandwich Shop gerus in Februarie

Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Februarie by Sandwich Shop.

Onthou: Sandwich Shop lewer gratis af in CBD en vra 'n skrale R20 vir aflewering in die woonbuurtes! Waarvoor wag?? Skakel dadelik 053 832 4440

Thursday, 16 January 2025

Advertensie: Besoek West End Slaghuis gerus in Januarie

Besoek ons gerus  HIER  om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Januarie
by West End Vleismark. 

Onthou: Plankie Steak (sous) is by West End Vleismark beskikbaar! Hierdie geurige sous voeg waarde by tot 'n heerlike stukkie braaivleis.

Thursday, 9 January 2025

Advertensie: Besoek Beefmaster gerus in Januarie

Besoek ons gerus HIER  om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Januarie by Beefmaster. 
En KLIK  HIER om heerlike liplekker resepte af te laai en te beproef. En onthou: ons laat beslis nie die geheime bestanddeel uit nie - ons sit dit juis in. Maak 'n draai by BEEFMASTER!

Thursday, 2 January 2025

Advertensie: Besoek Malu gerus in Januarie

Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Januarie by MALU.

Onthou: MALU Prego Spice (Gentle Blend) is relatief nuut op die mark! Dit is by Malu se fabriekswinkel beskikbaar! Moenie hierdie geurige kans deur jou vingers laat glip nie.

Thursday, 19 December 2024

Dankie, Tannie Anoniem

Dankie! Dankie!! Dankie!!!

Ons kan nie wêreld om ons verander nie, maar ons kan die wêreld van iemand om ons verander. En dit is presies wat Tannie Anoniem gedoen het. Sy het 26 bakke koekies afgelaai by Christina Kiddie. ’n Luuksheid wat enige kinderhart begeer. ’n Bak koekies per kind beteken dat die soet lekker nie gou sal opraak nie en dat dit nie met iemand gedeel hoef te word nie. 
Dankie vir die Kerstyd-mededeelsaamheid en 
dat Kersfees vir u ’n werkwoord is! 

'n Spesiale DANKIE, Beefmaster!!


Kersvader daag in verskillende gedaantes by Christina Kiddie op. Vandag het Kersvader opgedaag vermom as Beefmaster!! Ons Kerskous loop oor! Dankie dat julle ten spyte van 'n besige Kerstyd, vir Christina Kiddie op julle uitreiklysie het. Ons kan met vrymoedigheid die lesers aanraai om te gaan snuffel tussen al die spesiale Kersaanbiedings by Beefmaster.  


Dankie, Kersvaders, vir Christina Kiddie se Kersgeskenk!

Klik  HIER  vir meer inligting!

Tuesday, 17 December 2024

'n Spesiale DANKIE, Malu!!


Malu is 'n familiebesigheid wat met hart en siel die ekstra myl loop! Dankie vir julle omgeeharte en dat Christina Kiddie op julle uitreiklysie is. Ons adverteer Malu met die grootste liefde en vrymoedigheid. Gaan maak voor Kersfees 'n draai by Malu wat die kuns verstaan om 'n begroting te laat klop. Ons plaas ook hulle besigheidsure hier!!  


Dankie vir Christina Kiddie se Kersgeskenk!

Monday, 14 October 2024

Stephan Joubert sê: Moenie arm mense twee keer beledig nie

By een van die hulpprojekte, waarby e-kerk betrokke is, vertel die bestuurder van ’n kinderhuis een keer vir my vrou dat mense graag ou klere aan hulle skenk. Hulle is so dankbaar as dit skoon en nog in ’n goeie toestand is. Die meeste mense doen dit so. Nou en dan moet sy sulke klere egter weggooi. Iemand het al komberse daar afgelaai, waarop huisdiere geslaap het. Dit was oortrek van hulle honde se hare. Iemand anders het gebruikte klere afgelaai, wat ongewaste onderklere ingesluit het. Boonop het hy later gebel om te vra hoekom hy nie vir sy skenking bedank is nie. Dit is hartseer dat armes partykeer twee keer beledig moet word. Hulle moet maar vat wat hulle kry, of dit nou stukkend, vuil of onbruikbaar is. Dan moet hulle boonop dankie sê ook.

In Lukas 14 verduidelik Jesus vir ons wat die regte roete is, wanneer ons weggee. Dit gebeur, wanneer Hy vir Sy gasheer tydens ’n ete sê dat as hy weer ’n feesmaal hou, dan moet hy nie sy eie vriende, broers, familielede en ryk mense uitnooi nie. Die gasheer moet dan eerder ’n feesmaal vir vier ander groepe, naamlik armes, kreupeles, verlamdes en blindes hou. Hierdie mense kan hom nooit terugnooi nie. God sal dit egter raaksien en Hy sal dit vir ewig onthou. Doen asseblief wat Jesus hier vra - doen goed aan armes. Seën hulle met goeie klere, goeie kos en met onverwagse vreugdes. Dan leef jy Jesus se woorde na wat Paulus in Handelinge 20:35 aanhaal. Ek praat van sy woorde dat dit beter is om te gee as om te ontvang.

[Dankie, ds. Stephan, dat ons hierdie kosbare, maar ongelooflik belangrike gedagte kan deel. Klik gerus HIER om noodsaaklike waarhede te lees.]