Sekretaresses en administratiewe personeel is die stille helde en heldinne wat die werk se balle in die lug hou. Dankie aan almal wat 'n bydrae lewer om Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se admin op datum te hou. Vandag betuig ons ons dankbaarheid. Hulle is die ruggraat van die werkplek en sonder hulle sou ons nie so vlot kon funksioneer nie.
Wednesday, 4 September 2024
Nasionale sekretaressedag
Sekretaresses en administratiewe personeel is die stille helde en heldinne wat die werk se balle in die lug hou. Dankie aan almal wat 'n bydrae lewer om Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se admin op datum te hou. Vandag betuig ons ons dankbaarheid. Hulle is die ruggraat van die werkplek en sonder hulle sou ons nie so vlot kon funksioneer nie.
Sunday, 18 December 2022
Feesdrukkies vir die Goudvelders
'n Spesiale dank aan Karin Herbst (van Riebeeckstad) en haar vriendinne wat elke jaar tyd en geld spandeer om kinderharte en oumaharte bly te maak. Dankie vir die boks vol glase - dit is werklik handig met opleiding en uitreike. Dankie vir die innoverende Kersgeskenkies vir die kersmark, skryfbehoeftes, boekies wat vir die kleuters herwin is deur Portia Kgopodithata en haar niggie van Pampierstad. Vele hande maak baie harte bly. Mag julle 'n geseënde 2023 hê en moenie van ons vergeet in die nuwe jaar nie.
Sunday, 3 January 2021
'n Koester Karos-dankie vir elkeen se betrokkenheid
'n Baie groot dankie aan elke leser wat betrokke gelees en gereageer het.
Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte, idees, planne en foto's gestuur het om hierdie blog van KOESTER KAROS aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie ouers se planne het opgeraak hoe om hulle kleuters en kleintjies besig te hou, maar deur te deel, het almal daarby gebaat. .
2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, sal voortgaan om nuus, idees, foto's en inspirerende boodskappe te stuur. Ons sien uit daarna.
Koester 2021 en maak hierdie 'n jaar wat oorloop van hoop.