Saturday 27 April 2024

Ruben, die goeie luisteraar!?

Liewe nuwe Maats

Was ek nou bly om julle vanmiddag te sien. Dit doen my hondehart sommer baie goed om so tussen julle te beweeg en te hardloop. Ek kom natuurlik agter dat julle baie fikser as ek is en dat ek sommer gou uitasem raak. Daardie deel sal ons moet regstel as ek net eers 'n permanente inwoner is. As ek egter die dringendheid van die werkery so gadeslaan, dan besef ek dit sal eers na die vakansie kan wees. Dit lyk my niemand is meer haastig om 'n projek af te handel nie. Julle moet tog so af en toe vra dat ek vir julle moet kom kuier. Maar soos die spreek woord sê ... elke hond kry sy dag ... en ek glo dit!

Ek wil graag 'n geheim met julle deel. Ek was in gesprek met dr. Marieanna le Roux van die Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar doktorsgraad behaal met 'n studie oor dié troeteldier-ondersteunde terapie. Hierdie navorsing was daardie jare die eerste navorsingstudie van sy soort in die land en ek was nou werklik beïndruk toe ek met haar gepraat het. Jy kan maar sê al my inligting het ek uit die perd se bek gehoor. Nou nie dat almal hond haaraf gaan maak van hierdie inligting nie, maar skielik het ek myself in 'n ander lig gesien. Ek het nooit besef ek beskik oor sulke goeie kwaliteite nie. Ek wil nou nie my eie stert te veel prys nie, want ek het ook 'n paar foutjies.

Opgeleide terapiehonde kan help dat kinders wat baie swak lees, binne weke soveel verbeter dat hulle selfs beter vaar as wat van hulle vereis word. Studies het getoon dat 'n mens se bloeddruk daal en jou polsslag afneem wanneer jy aan 'n hond raak. Dit verminder ook 'n mens se angs en depressie en jy as mens presteer beter en dit alles is net omdat ek daar is vir jou. Ek is net my normale hondself. Dr. Marieanna het vir my 'n koerantberig gegee wat ek later met julle sal deel (ja, julle het reg gelees - ek kan lees en ek lees baie graag. Dis die enigste manier wat jy jou algemene kennis kan verbreed.) 

My een begeerte wat ek het, is dat julle vir my sal lees as ek eers inwonend is, maar net daar is daar 'n vlieg in my hulpvaardige self en lê dit een van my minder goeie karaktereienskappe bloot. Ek kan nie lank genoeg stillê om na 'n hele leesles te luister nie. So, ek is bereid om julle te help, met geduld, maar dan moet julle my ook help om my hope opgehoopte energie te bestuur. En dit verg oefening. Alles in die lewe moet geoefen word voordat jy dit suksesvol kan beoefen.

Ek moet oefen om fikser te raak en om langer rustig te wees. Jy moet, as jy in graad 3 is, teen die einde van die jaar 120 woorde per minuut met gemak kan lees. En dis hier wat ons mekaar gaan help.

Ek moet nou groet en die pad vat na die ouhuis - dis nou 'n regte hondelewe daar. As ek so na julle spelende en laggende outjies kyk, weet ek julle het Kanaän hier.

Ek sluit vir julle twee foto's van ons hartlike en spontane hardloopkuier in. Hard werk hierdie week en onthou om solank julle leeslesse te oefen. Ek hou veral van dierestories.

Ek het vir my 'n pootstempel laat maak, sodat ek al my briewe en kaartjies sommer kan stempel. My pote is nie altyd skoon genoeg vir 'n pootafdruk nie!!! (Kan julle glo dat ek linkspotig is?? Is daar enige van julle outjies wat ook linkshandig is? Skryf vir my en vertel my daarvan.)

Ruben-groete tot 'n volgende keer.

Thursday 25 April 2024

Verhaal: My lewensplan

My lewe sou goed kon wees ...
My lewe sou dalk beter kon wees ...
My lewe sou die beste kon wees as ek maar net 'n vriend in my klas kon hê ... iemand met wie ek kon praat en my vrese kon deel vir die kere wat my oupa nie daar was nie.

Ek was vyf jaar oud. My ouers het vir my 'n verjaardagpartytjie by my oupa se huis gereël en terwyl ek lekker met my nuwe maatjies gespeel het, het my ouers net verdwyn. Ek kan dit nie regtig onthou nie, maar dit is wat my oupa my vertel het. Hulle was glo baie arm, en hulle kon nie vir my sorg nie, toe word ek maar my oupa se verantwoordelikheid.

Hy het gesê dat 'n mens se lewe soos 'n huis is en die manier waarop jy aan hierdie huis bou, bepaal hoe jou huis op storms gaan reageer. Ek het dit nie so goed verstaan nie, maar my oupa het voortdurende en geduldig vir my vertel dat ons elke dag aan my huis bou.

My oupa was glad nie ryk nie. Hy het in 'n baie klein huisie langs die rivier gebly. Daar was nie elektrisiteit nie, maar daar was hope liefde in die huisie. My oupa was 'n baie sterk man met 'n baie sterk persoonlikheid. Almal het respek vir my oupa gehad. En die lekkerste van alles is dat ek vir my oupa belangrik was. Ek het nooit soos 'n las gevoel nie. Ek was só trots op my oupa ...

Eendag was hy in 'n taxi-ongeluk. Hy het sleg seergekry en moes vir twee maande in die hospitaal bly.

In daardie twee maande het my bekommernisse begin ... Wie sal vir my sorg as my oupa sterf? Ek was verskriklik bekommerd. Ek kon snags nie slaap nie. En as ek aan die slaap geraak het, het ek nagmerries gekry. Ek was alleen en daar was niemand wat vir my lief was en vir my omgegee het nie. Ek het bitter min geslaap, geëet en ek kon ook nie my huiswerk doen nie. Ek was dwalend ...

Terwyl hy in die hospitaal was, het my klasmaats my begin koggel, want ek het gesukkel met my skoolwerk ... eintlik met alles. Daar was niemand by die huis wat my kon help nie.

Ek bly alleen by die huis en ek is alleen by die skool!

Ek voel sommer soos 'n alleenplasing in een van die gedigte wat ons doen.

My hart is altyd seer en dit lyk vir my asof my moeilikheid nie einde het nie. 

Ek het vir my oupa in die hospitaal gaan kuier. Hy kon sommer op 'n distansie sien dat dinge nie goed gaan nie. Nadat hy die storie uit my geryg het, was sy kommentaar: "My Seun, ek gaan nêrens heen nie. Ek gaan by jou bly totdat jy oud is. Jy is 'n baie sterk kind. Ek weet dit. En ek glo in jou. As jou klasmaats vir jou koggel oor jou omstandighede, sê vir hulle jy gee nie om nie, want jy weet presies wie jy is en waarheen jy op pad is!"

Die volgende dag was ek baie positief en baie opgewonde om skool toe te gaan ... vir die heel eerste keer in my lewe. My lewenshuis het skielik 'n sterker fondasie gekry en die suidewind wat aanhoudend waai, kon my nie ontstel nie, want ek het geweet my lewenshuis is sterk genoeg.

Dankie, Oupa ...  

[Bongani Khambule - 2015]

Wednesday 24 April 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag die lied vandag in jou hart en mond
'n nuwe lied tot Sy eer wees.
Genade en seën.

 

Friday 19 April 2024

Die nuwe inwoner wat nog nie 'n inwoner is nie ...

Liewe Lesers

Ek val sommer met die deur in die huis. Ek was eerlik onder die indruk dat ek die einde van Maartmaand myself  'n KJSS-inwoner kan noem. Julle weet self hoe opgewonde ek was. Ek het selfs foto's van my en die ander inwoners geplaas ... maar helaas ... ek is nog by die ou huis. Ek het natuurlik verlede naweek weer 'n draai by die Christina Kiddie Huis gemaak. Dit is belangrik dat 'n mens jou eie belange moet beskerm en ek weet julle wag dat ek iets van my moet laat hoor. Daarom gaan ek julle inlig sodat julle kan weet ek is nie 'n leuenaar nie en ek is ook nie 'n outjie wat my mantel na die wind draai nie.

Verlede naweek hoor ek toe 'n gesprek wat natuurlik rondom die uwe se verblyf handel. Ek het onmiddellik in my spore vasgesteek en my ore gespits en wat sal ek hoor??

Ek is te vol energie, ek loop oor van entoesiasme, ek is 'n uitgelate emosionele ekstrovert en ek lewe te uitbundig en my beker loop oor van lewensblyheid. Ek was verstom. Jy kon my letterlik met 'n veer omtik. Ek het gedink hierdie is almal goeie eienskappe en ek wil dit graag deel met almal wat my pad kruis, maar dit is net hier waar die paw paw die fan strike. Dit is goeie eienskappe en as net 5% van die bevolking hierdie eienskappe gehad het, dan het die aarde nie so gesukkel om uit sy versmorende situasie te kom nie, daar sou baie meer groen-denkende-mense gewees het. 

Die probleem is dat ek gedurende die week soort van deel van die vrywillige inwonende personeel gaan wees. En dan mag ek nie besoekers, kollegas en kuiergaste so baldadig groet nie. Maar omdat almal weet dat ek eers doen en agterna dink, wil hulle voorkom dat ek in die verleentheid kom, gevolglik word daar 'n spesiale heining opgerig, vanwaar ek die besoekers deeglik kan en moet deurkyk, sonder dat hulle bewus is van my opdrag. Jy kan maar sê ek is 'n spesiale agent wat vermom as 'n hond is.

Nou, my liewe leser, wag ek maar geduldig en ek sal julle laat weet wanneer ek 'n permanente inwoner gaan word. Intussen berei ek my solank voor om nie almal nat te lek en in te sluk nie. Dit dra blykbaar nie almal se goedkeuring weg nie. Maar glo my, as dit deel van jou DNA is, dan is verandering nie so maklik nie, maaaaar ek weet dit is moontlik.

Wees gegroet tot 'n volgende keer.  

Portia's advice

Thursday 18 April 2024

One minute story: Two friends and the bear


Once there were two friends who were crossing the jungle. After some time they saw a bear coming towards them.

Then, one of the friends quickly climbed the nearby tree and the other one did not know how to climb the tree. So he lays down on the ground holding his breath.

The bear reaches near him and sniffs him in the ear. After some time bear left the place, thinking the man is dead.

Now the other friend climbs down and asked his friend, what did bear said to him in his ear? He replied, "to be safe from the fake friends."

Moral: Beware of fake friends.

Wednesday 17 April 2024

Thursday 11 April 2024

One minute story: The hunter and the pigeons


One day a hunter sets a net to catch birds and placed grains and rice over the net. After some time a flock of pigeons comes by and start eating grains and get caught in the net.

After some time they started losing hope, then their leader asks them to fly together up in the sky. They did as they were told and carried the net away.

The hunter runs after them but they flew away to their friend’s mouse hole. Then the mouse cuts the net and freed the pigeons.

Moral: Unity is strength.

Wednesday 10 April 2024

Thursday 4 April 2024

Brief: 'n Brief van een vriend aan 'n ander.

[Dink gerus hieroor en skryf jou gedagtes neer oor ware vriendskap en oppervlakkige vriendskap.] 

Liewe John

Baie keer wonder ek hoekom ons vriende is ...?

Dan onthou ek al die tye wat jy daar vir my was. Toe my ouers in daardie ernstige ongeluk was, toe ek amper graad 11 gedruip het en nog 'n ... duisend ander kere. Nog nooit was ek só jammer oor iets in my lewe nie. Woorde steek soos 'n mes in my hart en dit is hoekom ek al daardie aaklikge dinge vir jou gesê het. As ek moet kies tussen 'n vriendin en die beste vriend in die wêreld, sal ek nie 'n oomblik huiwer nie.

Só, ek vra jou, asseblief, ek weet jammer koop nie 'n brood nie, maar probeer om my te vergewe. As ek jou verloor verloor ek 'n diamant. Sonder jou is ek net 'n ou stuk steenkool. Moenie dat 'n meisie tussen twee pêlle wat mekaar al twaalf jaar ken, kom nie.

Jou beste maat
Piet

[Theano Oosthuizen - Junie 2022] 

Wednesday 3 April 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag jy vandag handevol geluk
en vrede in jou hart
en strome van seëninge
uit ons Vader se skatkamers geniet.
 

Thursday 28 March 2024

One minute story: The crow and the peacock – Who is happy?


Once there was a crow who wishes to be colorful and beautiful like other birds. He then went to the parrot and shared his thoughts.

But parrot said peacock is most beautiful bird so talk to him. Then the crow went to the peacock and told him about his looks.

Then the peacock replied, "You are the luckiest bird that has been never caged in life and we because of our beauty stay caged, and you are always free."

After listening to this, crow realized his mistake and thanked God for making him like this and he flew away happily.

Moral: Never compare yourself to others. Be happy with what you have and what you are.

Wednesday 27 March 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag jy aan die einde van die dag
weer bewus word van die wondermooie
Skepping en Sy hand
wat ons elke dag veilig bewaar. 

 

Sunday 24 March 2024

Ek bid - maar niks verander nie

Dit voel partykeer asof die lewe besig is om my fyn te maal. Alles word net te veel! Dan bid ek maar weer, en tog bly my omstandighede dieselfde. Hoekom help God dan nie?”

Jy ken die dae wanneer dit voel asof jy in ’n enorme stamper beland het. En iemand is besig om jou met ’n vysel by te kom, tot jy later net ’n hopie poeier is! En dan, as jy die dag op jou blouste voel, kom Manlief ook nog by die huis met slegte nuus. Hy moet ander werk soek, want die maatskappy het gerasionaliseer. Jy wil skree, huil en lag tegelyk.

Dan begin jy bid. Smeek. Soebat. Pleit. Maar verniet; julle situasie verander nie.
Julle sny die riempies dun en draai die sente om. Jy krap kop om interessante etes te kook - elke keer met maalvleis. Kosblikke is ’n uitdaging, want die kinders kla hulle is nou al moeg vir konfytbroodjies. Daar is altyd ’n goeie rede waarom jou gebede nie beantwoord word nie. Kyk watter een van die volgende moontlik op jou situasie van toepassing is.

Jy glo nie regtig dat Hy jou sal help nie:
Jy bid, maar diep binne-in jou hart glo jy nie dit sal help nie. God wil sien dat jy regtig geloof het en dat jy vertrou dat Hy iets omtrent jou situasie kan doen. Hy dring Hom nooit aan iemand op nie; daarom wag Hy geduldig vir jou. Gelukkig is die geloof van ’n piepklein mosterdsaadjie al wat jy nodig het. Dit gaan nie oor hoeveel geloof jy het nie, maar in Wie jy glo.

Geloof is amper soos ’n spier wat jy oefen, wat naderhand al sterker en sterker word. Hartseer en moeilike omstandighede dwing jou om na Hom toe te draai. Elke keer wat jy sien hoe Hy jou help, groei jou geloof nog ’n bietjie. Voor jy jou kom kry, is daar ’n lang lys beantwoorde gebede waarop jy kan terugkyk. Dit maak dit makliker om te bly glo, selfs al kry jy nie hierdie slag die oplossing waarvoor jy vra nie. Dit is nie nou die beste vir jou nie Jy wil dalk tot elke prys uit die situasie kom. Jy gee nie om wat op die lange duur die beste sal wees nie; jy wil ’n uitkoms hê en jy wil dit nóú hê.

Dis soos om draadjies aan jou tande te hê. Elke keer stel die tandarts dit stywer en dis dae lank seer. As jy nou dadelik van die pyn ontslae wil raak, kan jy dit laat afhaal, maar dan gaan jou tande nog steeds skeef wees - vir die res van jou lewe!

Dink aan die lang termyn en wees geduldig. Jy moet op jou tyd deur hierdie moeilike ding werk. Daar is ’n les wat jy eers moet leer. As jou man sy werk verloor, leer julle op ’n praktiese en spesifieke manier dat julle elke dag kry wat julle nodig het. Met ’n koliekbaba leer jy geduld en onselfsugtigheid. Het jy moeilike kollegas? Dan leer jy om met sagter oë na ander mense te kyk.

Begin vandag om in plaas van “Hoekom?” eerder te vra: “Wat?” Kyk of jy nie kan agterkom wat jy uit elke moeilike situasie kan haal nie. God sal jou nie “red” voor jy nie eers geleer het wat Hy graag wil hê jy moet leer nie. Dis dalk moeilik om dit nou so in te sien, maar daar word regtig mooi dinge vir jou lewe beplan.

Jou geloof word sterker en groei deur ander te help

Jy word soms deur moeilike omstandighede geneem sodat jy ander kan troos wat deur dieselfde krisis gaan. Party vroue wat mishandel is of wie se kind ’n stryd met dwelms het, begin ’n ondersteuningsgroep. Ander lewer motiveringspraatjies. Dis gelukkig nie nodig om iets drasties te doen nie. As jy net iemand bel en sê: “Ek weet waardeur jy gaan”, het jy klaar gehelp.

Omdat jy self ervaar het hoe jy in jou moeilike tye gedra is, kan jy weer ander troos en moed inpraat. Wanneer die mat onder jou voete uitgeruk word en jy voel jy het net vir God oor, is jy presies waar jy moet wees! Dan sal jy ná die tyd weet dit was eintlik goed, want jou geloof is sterker.

Daar is baie redes hoekom God kies om nie jou omstandighede te verander nie. Bly maar net glo dat Hy regverdig en almagtig is. En weet wat die beste vir jou is. (Vroue wat Glo)

Mag jy die liefde en nabyheid van die Here vandag oor jou lewe ervaar. Geniet jou Sondag.

[Dankie, Estelle, klik HIER om gereelde nuusbrokkies te kry en na die radiostasie te luister.]

Thursday 21 March 2024

43 000 besoeke


Sommer so stil-stil het Koester Karos die 43 000-kerf bereik. 'n Koester Karos-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Stuur gerus idees en voorstelle in - ons luister graag.

Verhaal: My lewe sal beter wees as ...

Ek het jou in my lewe nodig!

Liewe Pa

Ek wens dat ek Pa elke dag kon sien - van aangesig tot aangesig, maar ek hoor een maal 'n maand van Pa. Dit is al wat ek ken. Ek hoor mense sê: "'n Seun het 'n pa in sy lewe nodig." Ek het dit nooit in my lewe ervaar nie. Die soort verhouding wat ek ken, is 'n finansiële verhouding. 

Pa, ek glo in liefde, nie in geld nie. 

Mamma is die heel beste. Sy is meer as net 'n moeder vir my. Sy is elke dag aan my sy. Sy is my pa en my ma. Sy is my silwer en my goud. Weet Pa dit?

Ek droom altyd oor hoe ons verhouding moes wees. 'n Pa-seunverhouding. Die liefde, die lekker geselsies, die goeie raad en sommer net die dáár wees vir ons gesin. Maar dis net drome, ek sal nooit die voorreg hê om dit te sien nie. Pa, ons het soveel tyd gemors. Ek is jou oudste kind ... jou oudste seun, maar ons ken mekaar nie. En hiervoor, Pa, moet ek vir jou dankie sê! Jy sal op papier my vader wees tot aan die einde van tyd.

Verlede jaar toe Pa in die hospitaal was, het ek gesien hoeveel liefde daar eintlik tussen ons kon wees. Drie maande later is ek ook in die hospitaal opgeneem, ook hartprobleme, maar myne was nie so erg soos Pa s'n nie.

Ek is lief vir Pa, ek sal altyd lief bly vir Pa. Ek is dankbaar vir die finansiële bystand wat ek elke maand van Pa ontvang het. Dit het die las op ma ligter gemaak. Ek is baie dankbaar vir die R200 000 wat Pa nou vir my gegee het. Ek belowe dat ek net so 'n suksesvolle man soos Pa sal wees, maar ek wil eendag 'n baie beter pa as Pa wees ...

My lewe sou baie beter gewees het, as ... as ek net 'n pa gehad het, 'n omgee-pa, nie 'n OTM-pa nie.

Pa se dankbare seun.   

[Anoniem 9 Februarie 2015]

Wednesday 20 March 2024

'n Nuwe entoesiastiese inwoner stel homself bekend


Die einde van die maand trek 'n opgewonde viervoetige en vlugvoetige inwoner in. Ruben kan nie wag om deel te word van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum nie. Hy het die afgelope Sondag homself kom bekendstel aan al die inwoners en hulle het 'n heerlike kuiermiddag gehad. Uitasem en opgespeel is hy terug huis toe tot die einde van die maand.

Koester Karos het 'n eksklusiewe onderhoud met Ruben gevoer waarin hy sy planne vir die toekoms bekend gemaak het. Hy besef dat hy 'n mate van verantwoordelikheid op die terrein het, maar in ruil daarvoor is hy bereid om hope vreugde en geselskap te bring. Hierdie eksklusiewe onderhoud sal later verskyn. Hou gerus die spasie dop.

Social Work Day


Thank you to all our social workers in the Northern Cape for their life-saving hard work and dedication to making this world, the country and our province a better place. You are truly changing the world!

According to the Wold Federation of Social Workers:
"Social work is a game changer. Social workers work in communities with people finding positive ways forward in the challenges they face in their lives. They help people build the kind of environments in which they want to live, through co-determination, co-production and social responsibility. Economic health cannot be achieved without social health."

Rosetta se goeie wense:


Glo aan God se plan vir jou.
Die mens wat hoop,
wys hy glo in God.
Laat jou dag in God se hande
want Hy is in beheer van ons lewe.

 

Monday 18 March 2024

Thank you, social workers!


What amazing things social workers do. Thank you to all of you for your action, compassion, empathy, respect and admiration, for your clients, their families, your colleagues and the profession. 

Maandagmotivering

Thursday 14 March 2024

One minute story: Put down the negativity

When I first watched the video about the professor poured water into a glass, I expected him to ask the typical “glass half empty or glass half full” question. Instead, the professor asked, “How heavy is this glass of water?” Students shouted out answers ranging from eight gram to sixteen gram.

He replied, “The absolute weight of this glass doesn’t matter. It all depends on how long I hold it. If I hold it for a minute or two, it’s fairly light. If I hold it for an hour straight, its weight might make my arm ache a little. If I hold it for a day straight, my arm will likely cramp up and feel completely numb and paralyzed, forcing me to drop the glass to the floor. In each case, the weight of the glass doesn’t change, but the longer I hold it, the heavier it feels to me.”

As the class shook their heads in agreement, he continued, “Your stresses and worries in life are very much like this glass of water. Think about them for a while and nothing happens. Think about them a bit longer and you begin to ache a little. Think about them all day long, and you will feel completely numb and paralyzed - incapable of doing anything else until you drop them.”

This is a true analogy for many millennials including myself. I want to remind ourselves to take a chill pill. I know dozens of people in their mid-20’s who are literally working away the best decade of life because they want to be a hustler and achieve financial freedom.

While there’s nothing wrong with working hard, you shouldn’t sacrifice your quality of life for a big paycheck.

Moral: It’s important to remember to let go of your stresses and worries. Live life!

Klik HIER om die video te sien.

Wednesday 13 March 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag Jesus jou vandag
jou hartsemmer vul
met sy liefde
en seën.
Mag Sy genade saggies
oor jou reën.

Monday 11 March 2024

Die verskil tussen 'n "job" en 'n roeping

'n Mens het al dikwels die opskrif in vraagvorm gehoor en baie keer ook 'n afgewaterde antwoord. Maar op die heel onwaarskynlikste plek van alle plekke, word hierdie stelling duidelik beantwoord.  

Klik HIER vir die antwoord - 30 Maart 2023.

Maandagmotivering

Sunday 10 March 2024

My gedagtes: Die toekoms is 'n reis

Toekomsplanne is die begin van ons reis - ons lewensreis!

Matriek is baie belangrik vir jou toekoms. Jou punte sal die pad aandui wat jy gaan loop. My ma herinner my altyd: "Jou matriekpunte is die sleutel tot jou toekoms. Daardie sleutel sluit jou spesifieke deur oop. Jou toekoms is letterlik in jou eie hande."

My toekoms is belangrik ... so my fokus is op my punte. Al is ek moeg of doodmoeg ... ek sal werk. Die rede is omdat ek die beste toekoms wil hê wat ek kan kry. Ek sien te veel mense rondom my wat nie hard genoeg in hulle matriekjaar gewerk het nie.

Maar ek is bang ...

As jy nie goeie matriekpunte het nie of as jy glad nie matriek het nie, is jy werkloos. Slegte punte beteken dat jy nie baie of miskien nie die beste geleenthede gaan kry nie Jy kan nie na 'n universiteit toe gaan nie. Jy kan nie 'n goeie werk kry nie en dit alles is die gevolg omdat jy nie lus was om in matriek hard te werk nie. En hierdie een verkeerde besluit sal maak dat jy vir die res van jou lewe gaan rondval en sukkel. Niemand is bereid om jou te help as jy jouself nie op skool gehelp het nie. Terwyl jy in die skool is, is daar altyd onderwysers of sportafrigters wat bereid is om jou te help en só dikwels maak 'n leerder nie daarvan gebruik nie.

Sal my harde werk en slapelose nagte die moeite werd wees?  Het ek hard genoeg vir my eindeksamen gewerk of is ek besig om met my toekoms te speel? 

Ek weet nie, maar my PUNTE sal dit wys. Ek wil graag 'n baie stabiele en goeie werk hê, sodat ek vir my ouma kan help. Ek hunker na 'n goeie lewe, maar drome sonder aksies is net nog 'n wens. Ek moet hard werk, ek moet goeie punte kry, sodat ek die sleutel wat my toekoms gaan oopsluit, in my hande kan vashou en ek wil graag my ouma trots op my maak! Die een mens wat haar knieë vir my deurgebid het en dit nog steeds doen!

Ouma is die padaanwyser op my lewensreis. 

Hendrew Rantsie - 1 Junie 2022