Showing posts with label Groen Strikkie-dankie. Show all posts
Showing posts with label Groen Strikkie-dankie. Show all posts

Tuesday, 9 June 2026

Hoërskool Noord-Kaap is trots groen


Landswyd het mense dié afgelope week 'n groen strikkie vir bewusmaking gedra. Dit simboliseer dat die draer omgee vir kinders, slagoffers van geweld en dat hulle d.m.v. hierdie strikkie die gemeenskap bewus wil maak van kinders se regte en die veiligheidsmaatreëls om hulle te beskerm.


Die groen strikkie is 'n simbool van hoop, ondersteuning en HNK se verbintenis om hierdie boodskap uit te dra tot die beskerming van elke kind. Kom ons reik uit en gee beskermende liefde.


Kyk gerus na die pragtige video HIER om hulle entoesiasme te hoor. Saam is hulle trots groen!! 

Sunday, 7 June 2026

Elke Staats-hart klop groen vir Kinderbeskermingsweek


Dankie, Staats, dat julle foto's met ons deel wat geneem is tydens die groen strikkieprojek. Die projek dien as 'n sigbare simbool van hoop en verbintenis tot die skep van 'n veilige, liefdevolle omgewing waar kinders kan floreer.

Dit herinner individue dat ons saam moet staan om ons kinders teen gevare te beskerm en 'n veiliger toekoms vir elke kind te verseker. Maar die projek vra ook gemeenskappe, skole en ouers om oop gesprekke oor kinderregte en veiligheid te voer.

Kinderbeskerming gaan nie net oor fisiese mishandeling nie, maar dit herinner ons ook aan die kind wat stil swaarkry, die een wat uitgesluit voel, emosioneel seergekry het of die onsigbare kind wat daagliks tussen ons beweeg. 

Ons moet elke dag met groen harte na die kinders om ons kyk, nie net vandag nie, maar elke dag van die jaar. Dankie, Staats, dat julle met groen harte aan hierdie projek deelgeneem het.

Sterkte met julle eksamen. Ons weet sommer dat dit baie goed sal gaan.

Tuesday, 2 June 2026

'n Groen strikkie-uitnodiging

Donasies maak 'n tasbare verskil in die lewens van diegene in nood. Jou R5-bydrae bring hoop en 'n  blywende verandering.

Onthou altyd, jy kan 'n verskil maak. Maak nie saak hoe groot of hoe klein jou bydrae is nie, dit kan iemand se lewe fisies verander.

Dankie aan elke skool* wat deelgeneem het aan dié groen strikkie-projek - julle bydrae dien as 'n baken van hoop in die gemeenskap.

* Laerskool Eureka
* Newton Laerskool
* Laerskool Staats
* HTS Kimberley
* Hoërskool Noord-Kaap
* Adamantia Hoërskool
* TD Akademie
* Kleinkindontwikkeling & Tehilla

Daar is nog tyd om deel te neem aan hierdie groen strikkie-projek. Ons nooi ander skole uit om julle deel te doen in hierdie verdienstelike projek. Daagliks word leerders gekonfronteer met mishandeling, verwaarlosing en misbruik. Op vindingryke maniere het hulle leer om dit weg te steek vir diegene wat daagliks hulle pad kruis. Leer om hulle wat probeer onsigbaar tussen ons beweeg, raak te sien en maak 'n verskil aan hulle lewens.
Tydens Kinderbeskermingsweek kan jy met 'n R5
'n reuse verskil maak!!!

'n Groen strikkie-DANKIE vir Laerskool Eureka

'n Groen strikkie-DANKIE vir Newton Laerskool