Showing posts with label Leerders. Show all posts
Showing posts with label Leerders. Show all posts

Sunday, 9 November 2025

Ekstra klasse voor die eindeksamen!


Skoolhoof van Christina Kiddie Primêre Skool aan die woord:
"Ons het besluit om d
ie skool toe te rus met 'n alarmstelsel en CCTV-kamerastelsel voor die skool se formele opening. Sekuriteitskameras in skole en publieke areas het die hedendaagse norm geword. Leerders voel veiliger en ons het lankal aanvaar dat kameras deel van ons daaglikse lewe is. Dit is met groot genoegdoening dat ons kan sê dat op dag 2 het die leerders reeds vroeg al ekstra klasse bygewoon om hulle punte vir hierdie eksamen 'n hupstoot te gee. Sommer hope sterkte vir julle eksamen en mag julle die vrugte van julle harde werk pluk."  

Foto's: Christelle Hattingh

Nuwe skool in Kimberley: Die Christina Kiddie Primêre Skool

Ontmoet die skoolhoof en adjunkhoof van Christina Kiddie Primêre Skool
Die veelsydige sekretaresse en van die leerders!
Een van die onderwyseresse en kinders hard aan die werk!
Die kinders hard (en minder hard) aan die werk!

Foto's: Christelle Hattingh

Tuesday, 10 January 2023

2023-skoolwense aan al die leerders

Die vakansie het te gou verbygegaan en môre moet julle blink geskrop in julle skoolklere by julle onderskeie skole aanmeld.  

Terug by die skool, kan julle al julle vriende sien, wat julle nie gedurende die vakansie gesien het nie. Julle kan nuwe vriende maak en 'n nuwe buitemuurs probeer, maar elkeen van julle moet ook oor jou houding teenoor skool dink. Hoe gaan jy hierdie skooljaar aanpak??

Onthou, skool het die potensiaal om jou te verander en in die beste JY te ontwikkel. Iemand wat diep spore in die gemeenskap en in die wêreld sal kan trap. Dan kan jy eendag terugkom na jou dorpie in die warm droë NK en as motiveerder en mentor vir die gesigte voor jou vertel dat jy ook eens op 'n tyd daar gesit het waar hulle nou sit.

'n Skool kan jou help bou aan jou karakter. Dit kan vir jou help om rigting in jou lewe te kry. Gryp dit met passie aan en geniet elke oomblik.

'n Heerlike skooljaar vir elkeen van julle.