Showing posts with label Kommunikasie. Show all posts
Showing posts with label Kommunikasie. Show all posts

Sunday, 9 November 2025

Ekstra klasse voor die eindeksamen!


Skoolhoof van Christina Kiddie Primêre Skool aan die woord:
"Ons het besluit om d
ie skool toe te rus met 'n alarmstelsel en CCTV-kamerastelsel voor die skool se formele opening. Sekuriteitskameras in skole en publieke areas het die hedendaagse norm geword. Leerders voel veiliger en ons het lankal aanvaar dat kameras deel van ons daaglikse lewe is. Dit is met groot genoegdoening dat ons kan sê dat op dag 2 het die leerders reeds vroeg al ekstra klasse bygewoon om hulle punte vir hierdie eksamen 'n hupstoot te gee. Sommer hope sterkte vir julle eksamen en mag julle die vrugte van julle harde werk pluk."  

Foto's: Christelle Hattingh

Nuwe skool in Kimberley: Die Christina Kiddie Primêre Skool

Ontmoet die skoolhoof en adjunkhoof van Christina Kiddie Primêre Skool
Die veelsydige sekretaresse en van die leerders!
Een van die onderwyseresse en kinders hard aan die werk!
Die kinders hard (en minder hard) aan die werk!

Foto's: Christelle Hattingh

Monday, 29 April 2024

Jou kind se goeie selfbeeld

Kinders word nie met 'n goeie selfbeeld gebore nie. Ouers moet daagliks bou aan hulle selfbeeld. Daarom moet volwassenes baie versigtig wees met verbale en nieverbale kommunikasie.

* Leer jou kind om tyd te maak om te werk ... dit is die prys van sukses. 
* Leer jou kind om te dink ... dit is die bron van krag.
* Maak tyd om te speel ... dit is die geheim van ewige jeug.
* Maak tyd vir gesinspeletjies ... dit is 'n bindende faktor vir die gesin.
* Maak tyd om te lees ... dit is die fontein van wysheid.
* Wees altyd vriendelik ... dit is die pad na geluk.
* Maak tyd om te lag ... dit is musiek vir die siel.
* Maak tyd vir God ... dit is die enigste standhoudende belegging.

[Bron: Kinderkrag - gee jou kind vlerke deur Ester Steyn, Augustus 2009]