Showing posts with label Stories. Show all posts
Showing posts with label Stories. Show all posts

Monday, 10 February 2025

Ruben se Valentynsdagidees en -wense


Liewe Maats

Ek hoor die opgewonde gefluister en gegiggel in die stil gange oor Valentynsdag. Ek vermoed dit gaan seker oor hare, klere en natuurlik ouens. Die meeste skole het een of ander Valentynsfunksie gereël en dis waaroor die getjie-tjie gaan. Ek hoor die kleintjies praat van 'n Valentynsfliek en die groteres praat van 'n Valentynsbal en dan is daar die sportiewes wat 'n Valentynsrugbywedstryd gereël het. 

Ek hoor dat blomme, mooi beertjies, oulike versies, sjokolade en al daardie soort presente nie meer boaan die Valentynslysie is nie. Jy is glo nét die man as jy vir jou meisie data of lugtyd vir haar selfoon koop. Maats, ek weet nie waar ek agter geraak het nie, maar is dit romanties? Ek praat baie keer met myself om sinvolle antwoorde vir my probleme te vind en een van die onbeantwoorde vrae wat julle asseblief vir my moet antwoord is die volgende: Sê nou ek koop lugtyd, baie lugtyd vir die meisie wat ek in die oog het, want dis Valentynsdag en ek wil haar beïndruk en sy gebuik daardie lugtyd om ander ouens te bel. Is dit regverdig? Dan is ek mos in alle opsigte 'n verloorder. Ek het die meisie verloor, die data verloor, my geld verloor en die heel ergste ... ek het my hart verloor.

Op Petrusburg het tannie Baby die mooiste tuin gehad. Sy kon dit maklik vir die Bloemfonteinse  tuinboukompetisie inskryf en dit wen ook, maar die beoordelaars sou definitief nie so ver uitry om net een tuin te beoordeel nie. Tannie Baby het 'n bos grys hare, groen vingers en 'n hart van goud gehad. Jy kon enige tyd van die dag of nag aan haar deur klop as jy 'n blomnood gehad het en sy tower vir jou 'n present uit haar tuin op wat 'n bloemiste moeilik sal ewenaar. Al die seuns op die dorp het geweet dat 13 Februarie 'n heeldag deeldag by Magrietjiestraat 10 is. Met haar breërand strooihoed en gewillige snoeiskêr in die hand, kon jy enige blom(me) vir jou meisie kies en met 'n yslike rooi strik en 'n  "Baie dankie, tannie Baby," was jy reg vir 14 Februarie. 

Ek het baie en diep gedink oor die feit dat meisies deesdae op ouens se gevoelens speel om die regte presente te kry. Dit grens vir my aan emosionele afpersing. Duur geskenke is nie die idee nie. Dit steel die pret en lag uit die dag. Daar is net een wenner en dis die winkels wat die duurste presente die aanlokste uitstal.

My dierbare maats, daarom wil ek graag hê dat julle my laaste brief weer moet lees en nog 'n keer moet lees. Daarin het ek al Valentynsidees neergepen. Ek noem weer 'n paar hartspresente waarvan die waarde toeneem, al besef ons dit nie nou nie. Ons kan vir ons ouers, juffrouens en huisouers 'n lekker drukkie gee, 'n opregte briefie skryf en dit sommer self versier. Skryf  'n mooi gediggie en as jy daarmee sukkel, vra vir oom Google. Dis nou een oom wat kan toor met woorde, eintlik is dit sy vriend Ka-Ie wat die woordtowerstaf  besit. Stuur 'n WA-boodskap as jy data het of gee net vir iemand 'n mooi kompliment voor ander.

Maats, noem my maar outyds, maar hoe meer ons op hartsgeskenke konsentreer, hoe mooier tree ons teenoor mekaar op en hoe minder energie spandeer ons op stry, argumenteer en baklei.    
  
Ek het 'n Valentynsgediggie vir Charlotte van die Sandwich Shop geskryf om vir julle 'n idee te gee en aan die dink te sit. Tommie dink egter dis nie'n watwonderse gedig nie. Volgens hom - te soetsappig. Ek sal baie ernstig aan sy hart moet werk.

* Vir jou ...
Die reënboog in die blou-blou lug,
skenk oorvloed kleur aan die lewe.
Jy is die reënboog in ons lewe.
Kleurvol, sprankelend en uitbundig!
Gelukkige Valentynsdag.

Tommie het gevoel 'n mens moet kruisrym gebruik, omdat so baie mense jou pad elke dag kruis. Hier is sy Valentynsgedig.

* Valentynsliefde
Liefde is mooi en raar,
Liefde is verdraagsaam,
regverdig en ‘n pragtige gebaar.
Liefde is die lewe se raam.


Hoop julle hou van ons pogings!

Onthou, wat julle ookal Vrydag, 14 Februarie, doen, doen dit in ROOI!!

Valentynsgroete tot 'n volgende keer.


 








* Ns. Dankie, oom Google!!!

Sunday, 2 February 2025

Ruben is warm op die spoor van Februariemaand se doen en late


Liewe Maats

Januarie, die maand van nuwe dinge, lê op sy rug. Ons het reeds die deur vir Februarie oopgemaak - 'n maand propvol aktiwiteite. 

Februarie blaas mos die beuel as dit kom by watter maand die rekord hou vir die hoogste temperature. Mensig maats, ons bak uit hier in die Noord-Kaap. Gelukkig is Februarie ook die kortste maand en is dit die grensmaand tussen somer en herfs. Ek moet erken ek wens vanjaar dat herfs en winter gouer sal kom. Maar tipies van ons spesie, sal ons weer iets anders kry om oor te kla.

Vandag wil ek met julle praat oor 'n ander aspek van Februarie. Februarie is mos Moedertaalmaand. Toe ek dit in die koerant lees dat Unesco dit op 17 November 1999 aangekondig het om onder andere veeltaligheid te bevorder, het ek dadelik aan my oupa Willie gedink. Kyk, oupa Willie was 'n man wat enige tyd vir die Valke kon werk of as 'n tolk in die hof sy woord gestand kon doen. Blafiaans is die amptelike taal van Petrusburg, maar oupa kan verskeie streekstale verstaan en praat. Ek is spyt dat ek nie na oupa Willie geluister het toe hy sê dat 'n mens nie net jou moedertaal moet kan praat nie. Geen hond kan van hom skinder nie, Toypommees, Labradees, Maltees, Pekinees en enige variant van Terriaans val goed op oupa se oor.

Op 21 Februarie gaan die hele wêreld Wêreldmoedertaaldag vier. Maar ons hier by Christina Kiddie gaan dit anders doen. Ek wil hê dat jy wat hier lees, vir my 'n gedig in jou moedertaal moet skryf. Julle kan dit onderdeur tannie Christelle se deur skuif. Ek sal dit met haar reël. Of e-pos dit sommer vir my of skryf jou gediggie by die kommentaarafdeling. Ek sal gereeld daar gaan loer.

Tommie blaf hier van die kantlyn af dat julle groot moet gaan met julle gedigte. Ek sien hy raak deesdae baie hans.

Ek wonder wie van julle luister nog radio. Ek het netnou gou vir ouma Annie gebel, om te hoor hoe dit met die Vrystaters gaan. Toe vra sy my om 'n bietjie later te bel, want sy en oupa luister na RSG se boekvoorlesing en hulle wil niks mis nie. Dit was vir my nuus. Ek gaan Google toe die belangstelling in radio en val amper op my rug. Besef julle maats dat daar wêreldwyd ongeveer 44 000 radiostasies is. In Suid-Afrika is daar 248 gemeenskapstasies en 40 kommersiële uitsaaistasies. Ek dink ons staar ons so blind teen die vierkantige kassie in die speelkamer en die klein skermpie in ons hand, dat ons vergeet dat daar 'n wêreld vol kennis op lug is. Hoekom soveel prysgesange vir die radio?

13 Februarie is Wêreldradiodag. Nog iets wat ek eers vandag geleer het. Ek het net geweet van Valentynsdag toe ek op skool was. 

Wel, Februarie is vir eeue die maand van liefde, omgee en spesiale dankies. Kom ons maak vanjaar deeglik daarvan gebruik. Valentynsdag in aksie hoef nie vir jou 'n sent uit die sak te jaag nie. Sê dankie met 'n drukkie vir julle huisouers en omgeepersoneel wat dinge vir julle soveel makliker probeer maak. 'n Briefie of kaartjie in eg Valentynse styl kan anoniem by die tafelsitplek gesit word en 'n mooi hartsgediggie is nie te versmaai nie. (Ek bied met liefde my digterlike hulp aan!!) 

En onthou, wat jy ookal doen op 14 Februarie, doen dit in ROOI!!

Rooi Ruben-groete tot 'n volgende keer!



Wednesday, 1 January 2025

Ruben se moeilike Nuwejaarsvoornemens en sy 2025-dilemma!


Liewe Maats

Vandag soek ek raad by julle. Tommie is nou so amper drie weke by ons en hy het nog só baie om te leer. As ouboet het ek besluit om nuwejaarsvoorneme namens Tommie te neem. Ek het besluit dat ons twee dieselfde doelwitte en voornemens gaan hê. En dit is net hier waar my dilemma begin. Dink julle dit is reg as ek ook vir Tommie besluit? Maar hy weet nog nie waaroor dit gaan nie en hy kan mos nie 'n jaar mors nie? 

Tommie gaan hierdie jaar vir die eerste keer kleuterskool toe. Hy is eintlik 'n bietjie te jonk, maar hy is leergierig en baie nuuskierig en met hierdie twee eienskappe kan enige peuter of kleuter 'n akademiese berg verskuif.

Ek deel graag met julle my en Tommie se doelwitte vir 2025 en miskien kan julle van ons doelwitte by julle s'n insluit. Ons wil graag hierdie jaar op 'n positiewe noot begin en daaarom begin ons klein - net eers 'n paar klein veranderinkies ...

* Ons moet minder knor en blaf en meer smile en stert swaai!

* Ons moet meer wakker en waaksaam wees en minder vakerig en slaperig!

* Ons manne moet, soos die vrouens, leer om ons sesde sintuig te vertrou. Daar sal baie minder moeilikheid in die wêreld wees as ons met verskerpte radarantennas elke nuwe saak benader.

* Ons moet elke dag ons groente met swaaiende sterte eet. Groente is goed vir groei!

* Ons moet proaktief leer optree. Voordat Tannie Christelle nog kan dink om 'n opdrag te gee, moet ons die takie reeds afgehandel het.


* Lees! LEES!! L E E S!!!

Probeer om 2025 'n leesfeesjaar te maak. (Ek en Tommie lees graag stories.) Elke Donderdag verskyn daar 'n een minuut storie van my. Klik HIER as jy dit nog nie raakgelees het nie. Dan is daar ook my drie minute dinkstorie en natuurlike ook my inspirerende verhale wat ekself gereeld lees vir innerlike versterking en motivering. 

En met hierdie SES voornemens volstaan ek eers. Ek en Tommie gaan dit een vir een inoefen totdat dit ons leefstyl geword het en 31 Desember 2025 gaan ons terugkyk en onsself eerlik evalueer. Ook hier vra ons julle hulp. Monitor asseblief vir my en Tommie en kyk of ons by ons voornemens gehou het.

Mag 2025 vir elkeen van julle 'n blomjaar wees. 

Nuwejaarsgroete tot 'n volgende keer uit 'n baie warm Kimberley.


Thursday, 4 July 2024

Verhaal: Wolf en jakkals

Jakkals het geweet dat Wolf vir hom smoorkwaad is; daarom het hy besluit om liewer uit sy pad te bly. Hy weet ook dat hyself die oorsaak daarvan is. Vermyding is 'n soort tydelike vrede, of dit is wat hy homself wysmaak. Maar hierdie taktiek werk ook nie vir altyd nie. Daarvoor is die wêreld heeltemal te klein. En so gebeur dit toe ook dat Jakkals onverwags in Wolf vasloop. Nogal op die wal van 'n rivier ... Wolf wys sy groot tande en sê wreed: "JOU LAE LUIS! Gewetenlose s-k-e-l-m! Vanaand gaan ek met jou afreken. Ek wag al baie lankal vir hierdie dag. Moenie dink jy gaan weer wegkom nie."  

Jakkals skrik groot, maar hy wys dit nie. Hy sit sy mooiste smile op sy gesig en sê: "My liewe oom Wolf, ek soek al twee dae lank na Oom. Koning Leeu vier fees hier oorkant die rivier, en hy het ons ook na die eetmaal genooi. Daar sal die heerlikste wildsvleis en bene wees om aan te smul. En as Koning Leeu feesvier, doen hy dit op groot skaal."

Toe Jakkals van die heerlike kos vertel, en hy is so oortuigend vriendelik, besluit Wolf om eers na die fees toe te gaan. Waarom sal hy nie eers pret hê en dan by plig uitkom nie? Daarna sou hy met Jakkals afreken. Tyd is mos aan sy kant. "Maar hoe sal ons deur die rivier kom?" vra Wolf baie versigtig. "Jy weet mos ek kan nie swem nie." Hy besluit dat Jakkals se antwoord ook sommer 'n toets vir Jakkals en sy gesindheid is.

"O, dis maklik," antwoord Jakkals. "Klim gou op hierdie stomp aan die kant van die water en hou aan my stert vas terwyl ek deurswem. Jy weet self ek is 'n baie goeie swemmer. Op dié manier is ons in 'n japtrap aan die oorkant van die rivier. Maklik! Ek sien al die vleis in my geestesoog."

Wolf spring op die stomp en ontdek tot sy ontsteltenis dat dit 'n krokodil is. Verskrik val hy in die water, waar Krokodil hom vinnig aan die stert gryp. Met 'n groot gesukkel en gespartel geluk dit hom om homself te bevry, maar 'n stuk van sy stert bly in die slag. Wolf is oombliklik kwaad, eintlik woedend, maar teen dié tyd was Jakkals skoonveld.  

Wolf besef te laat dat hy nie na die vriendelike praatjies van Jakkals moes geluister het nie. Jakkals is 'n vals vriend en gee nie regtig om vir sy medemens nie, verder is hy ook nie hulpvaardig nie - hy gee net voor. Dit gaan altyd net oor sy eie belange en wat hy uit die vriendskap kan kry! Jakkals is 'n vals vriend en hy wat wolf is, moet dit vir die res van sy lewe onthou. Jakkals is nie geloofwaardig nie.  

Die les: Moenie 'n jakkals wees nie.

Sunday, 16 June 2024

Verhaal: My pa

My pilaar  ...

Was ons pa-seun-verhouding ooit goed genoeg? 

My pa was die sterkste man wat ek geken het. Hy het 'n diep stem gehad ... mense het nogal geluister as hy gepraat het. Hy was die enigste mens wat iemand 'n gat in die kop kon praat, sonder dat jy dit besef het. Ek was bang vir hom ... Ek was as klein seuntjie sommer baie bang vir hom! Eintlik was ek doodbang vir hom.

My pa was ten alle tye die pilaar in ons familie.

My pa se goeie eienskappe was regtig wat hom die pilaar van sy gesin gemaak het. Hy was vriendelik. Hy het ons elke aand vir sy Here God geoffer. Ons kon hoor hoe hy vir elkeen van ons op ons naam bid. Dit het ons spesiaal laat voel. Elke keer as ek iets verkeerd gedoen het, het hy my gestraf. Ek het nie altyd met die straf saamgestem nie, maar hy het gesê ek sal dit eendag verstaan. Ons het soms baklei, maar hy het nooit vir my kwaad gebly nie, want my punte was elke kwartaal besonder goed. Solank ek onder die top 10 was, was my pa in sy element.

Toe word ek 14 jaar oud en my pa sterf onverwags. Ek was ontsteld, geskok,van die spoor af ... my rigtingwyser was skielik nie meer daar nie. Al het ons soms baklei en baie keer verskillende sienswyses gehad, was ons soos twee koppe in een mus. As hy hier was, sou ek duidelik geweet het of hy tevrede was met my lewe. Hy sou vir my gesê het dat ek nou groot genoeg is om te leer motor bestuur, en dan sou hy my geleer het, soos my beste vriend, Thabo, se pa hom nou leer.

'Skuus, Pappa ... ek was nie altyd die seun wat ek graag vir jou wou wees nie. Ek het opgehou bid - eintlik bid ek nooit meer nie. Maar ek belowe dat ek sal verander. Ek kyk nou met meer respek na mamma. Sy sukkel regtig sonder jou ... ek sal haar beslis meer help.

Ek is nou die grootmenskind in die huis ... maar ek is nog steeds jou kind.
Ek het nou 'n diep manstem ... want ek is mos pa se kind.    
Ek bid byna nooit nie ... soos die dogter in Ma van Antjie Krog.
Ek mis my pa ... maar vir pa sal ek nooit vergeet nie.

Pa se voetspore is duidelik in my lewe, en vandat ek ouer is, besef ek dit meer. Tienerwees is om rebels te wees en om verkeerdelik te dink jy is slim.

Ek weet dat ek eendag vir pa sal sien, miskien in die paradys ... Ons verhouding was goed genoeg ... Dit kon beter gewees het, as ek net altyd na pa se raad wou luister ... want pa was die beste vader wat enige kind voor kon vra!

Ek besef vandag, noudat dit te laat is om dit vir pa te sê, dat pa my hero is.

Dankie, Pa!

[Bongani Khambule - graad 12-leerder 2015]

Wednesday, 5 June 2024

Die gedagtes van 'n tiener: Wysheid waar is jy?

Wysheid is die ma van groot nasies ...

Die bymekaarmaker van ons wêreld. Jy is ons vreugde ... ons ... jou kinders. 

Jy is die rede dat ons glo ons kan enige iets doen. Met jou aan ons sy, is daar nie iets soos 'n verlore siel nie. Jy is 'n vredemaker. 'n Boekmerk vir al ons probleme ...

Jy is nederig ... elkeen weet van jou en is bewus van jou, maar jy beweeg graag anoniem. Jy is die oorsaak en die beginpunt van baie gedagtes en gesprekke. Met jou nie in ons midde nie, is ons taamlik stomgeslaan, en vang ons allerhande stommiteite aan. Daar is selfs mense wat na ons as stommerike verwys. Vrae maalkolk deur my moeë brein ...

In alles is daar wysheid, maar alles het nie wysheid nie. 'n Mossie het mossie-wysheid, maar hy het nie die wysheid van 'n arend nie. Elkeen het die potensiaal om jou te hê, maar kla en ontevredenheid is nie is nie vriende van wysheid nie. En die meeste van ons is uitstekende klaers. Ons is ontevrede oor alles. Niks is volgens ons nukke en grille nie. 

Ouer mense sit met 'n klomp wysheid, maar ons wil nie daarna luister nie - ons noem dit oumenspraatjies - en ons is tog mos jonk en modern. Hierdie is die vrae wat deur my kop maal en wat ek nie durf waag om my maats te vra nie - hulle sal dink dat ek iewers 'n skroef los het.

Ek kom agter dat wysheid nie meer so logies deel is van mense nie. Met jou nie deel van die mensdom nie, kan baie min hul eie probleme oplos. Probleme word net al meer, maar ook al minder oplosbaar. Het die mensdom die insig om met wysheid na 'n probleem te kyk, verloor?

Die wêreld is sonder 'n boekmerk. Die melancholiese eentonigheid van 'n wêreld sonder jou is duidelik sigbaar. Jy is belangrik in ons lewe. Ons hoop maar dat ons ook belangrik is in joune ... Maar waar is jy?

Die wêreld is sonder insig en eentonig kleurloos. Mense weet niks nie. Hulle ploeter voort sonder 'n rots waarop hul kan staan. Hulle is 'n ankerlose bootjies in die suidewind van die lewe. 

Depressief is die wêreld waarbinne ek staan. 'n Wêreld waar elkeen jou nie wil hê as metgesel nie. Baie is bang vir jou ... bang vir die waarheid, bang om hierdie wêreld se ballades in die oë te kyk. 

Die wêreld is bittersoet vir hulle wat nou daarin leef. Elkeen sien die soet raak, maar soet is nie die waarheid nie ...        

Thursday, 16 May 2024

One minute story: The wolf and the seven little goats


A mother goat has seven little goats. She must leave them home alone while she goes out to find food, so she warns them to be careful and not to let anyone in.

While the mother goat is away, a wolf comes to the door and tries to trick the little goats into opening the door and letting him in. The little goats, remembering their mother’s warning, refuse to open the door. The wolf gets angry and tries to break down the door, but the little goats are able to hold it shut.

The mother goat returns and sees the wolf trying to break down the door. She uses her clever wit to trick the wolf into falling into a pit and captures him. The little goats are safe, and they learn the importance of listening to their mother and being careful.

The moral of The wolf and the seven little goats story is: Listening to advice and being cautious can protect us from danger.

Thursday, 25 April 2024

Verhaal: My lewensplan

My lewe sou goed kon wees ...
My lewe sou dalk beter kon wees ...
My lewe sou die beste kon wees as ek maar net 'n vriend in my klas kon hê ... iemand met wie ek kon praat en my vrese kon deel vir die kere wat my oupa nie daar was nie.

Ek was vyf jaar oud. My ouers het vir my 'n verjaardagpartytjie by my oupa se huis gereël en terwyl ek lekker met my nuwe maatjies gespeel het, het my ouers net verdwyn. Ek kan dit nie regtig onthou nie, maar dit is wat my oupa my vertel het. Hulle was glo baie arm, en hulle kon nie vir my sorg nie, toe word ek maar my oupa se verantwoordelikheid.

Hy het gesê dat 'n mens se lewe soos 'n huis is en die manier waarop jy aan hierdie huis bou, bepaal hoe jou huis op storms gaan reageer. Ek het dit nie so goed verstaan nie, maar my oupa het voortdurende en geduldig vir my vertel dat ons elke dag aan my huis bou.

My oupa was glad nie ryk nie. Hy het in 'n baie klein huisie langs die rivier gebly. Daar was nie elektrisiteit nie, maar daar was hope liefde in die huisie. My oupa was 'n baie sterk man met 'n baie sterk persoonlikheid. Almal het respek vir my oupa gehad. En die lekkerste van alles is dat ek vir my oupa belangrik was. Ek het nooit soos 'n las gevoel nie. Ek was só trots op my oupa ...

Eendag was hy in 'n taxi-ongeluk. Hy het sleg seergekry en moes vir twee maande in die hospitaal bly.

In daardie twee maande het my bekommernisse begin ... Wie sal vir my sorg as my oupa sterf? Ek was verskriklik bekommerd. Ek kon snags nie slaap nie. En as ek aan die slaap geraak het, het ek nagmerries gekry. Ek was alleen en daar was niemand wat vir my lief was en vir my omgegee het nie. Ek het bitter min geslaap, geëet en ek kon ook nie my huiswerk doen nie. Ek was dwalend ...

Terwyl hy in die hospitaal was, het my klasmaats my begin koggel, want ek het gesukkel met my skoolwerk ... eintlik met alles. Daar was niemand by die huis wat my kon help nie.

Ek bly alleen by die huis en ek is alleen by die skool!

Ek voel sommer soos 'n alleenplasing in een van die gedigte wat ons doen.

My hart is altyd seer en dit lyk vir my asof my moeilikheid nie einde het nie. 

Ek het vir my oupa in die hospitaal gaan kuier. Hy kon sommer op 'n distansie sien dat dinge nie goed gaan nie. Nadat hy die storie uit my geryg het, was sy kommentaar: "My Seun, ek gaan nêrens heen nie. Ek gaan by jou bly totdat jy oud is. Jy is 'n baie sterk kind. Ek weet dit. En ek glo in jou. As jou klasmaats vir jou koggel oor jou omstandighede, sê vir hulle jy gee nie om nie, want jy weet presies wie jy is en waarheen jy op pad is!"

Die volgende dag was ek baie positief en baie opgewonde om skool toe te gaan ... vir die heel eerste keer in my lewe. My lewenshuis het skielik 'n sterker fondasie gekry en die suidewind wat aanhoudend waai, kon my nie ontstel nie, want ek het geweet my lewenshuis is sterk genoeg.

Dankie, Oupa ...  

[Bongani Khambule - 2015]

Thursday, 21 March 2024

Verhaal: My lewe sal beter wees as ...

Ek het jou in my lewe nodig!

Liewe Pa

Ek wens dat ek Pa elke dag kon sien - van aangesig tot aangesig, maar ek hoor een maal 'n maand van Pa. Dit is al wat ek ken. Ek hoor mense sê: "'n Seun het 'n pa in sy lewe nodig." Ek het dit nooit in my lewe ervaar nie. Die soort verhouding wat ek ken, is 'n finansiële verhouding. 

Pa, ek glo in liefde, nie in geld nie. 

Mamma is die heel beste. Sy is meer as net 'n moeder vir my. Sy is elke dag aan my sy. Sy is my pa en my ma. Sy is my silwer en my goud. Weet Pa dit?

Ek droom altyd oor hoe ons verhouding moes wees. 'n Pa-seunverhouding. Die liefde, die lekker geselsies, die goeie raad en sommer net die dáár wees vir ons gesin. Maar dis net drome, ek sal nooit die voorreg hê om dit te sien nie. Pa, ons het soveel tyd gemors. Ek is jou oudste kind ... jou oudste seun, maar ons ken mekaar nie. En hiervoor, Pa, moet ek vir jou dankie sê! Jy sal op papier my vader wees tot aan die einde van tyd.

Verlede jaar toe Pa in die hospitaal was, het ek gesien hoeveel liefde daar eintlik tussen ons kon wees. Drie maande later is ek ook in die hospitaal opgeneem, ook hartprobleme, maar myne was nie so erg soos Pa s'n nie.

Ek is lief vir Pa, ek sal altyd lief bly vir Pa. Ek is dankbaar vir die finansiële bystand wat ek elke maand van Pa ontvang het. Dit het die las op ma ligter gemaak. Ek is baie dankbaar vir die R200 000 wat Pa nou vir my gegee het. Ek belowe dat ek net so 'n suksesvolle man soos Pa sal wees, maar ek wil eendag 'n baie beter pa as Pa wees ...

My lewe sou baie beter gewees het, as ... as ek net 'n pa gehad het, 'n omgee-pa, nie 'n OTM-pa nie.

Pa se dankbare seun.   

[Anoniem 9 Februarie 2015]

Thursday, 15 February 2024

Verhaal: My lewe sal beter wees ...

Ek het alles gehad ... 'n Huis, karre en duur klere. Ek was ryk ... baie ryk ... skatryk! Almal wou my vriend wees ... tot die dag waarop ek alles verloor het.

Die mense wat ek gedink het my ware vriende was, het my in die donkerste uur van my lewe op die heel donkerste plek van my lewe gelos. Op daardie stadium was ek nie net brandarm nie, maar ook skielik  stoksielalleen. En ek het tot die besef gekom dat hoe donkerder jou dae word, hoe minder word jou vriende.

Ek het van die heel beste deel van die stad getrek na die heel slegste buurt in die stad ... mense het na die krotbuurt verwys. Dit het gestink. Die reuk het oral om die geboue gehang ... Die reuk van riool, papier en plastiek wat brand, dagga, ou kos en kool ... sommer net een groot bedompige wolk wat die woonbuurt omgewe. Kakkerlakke was orals. Rotte het tussen die swart sakke rondgeskarrel, maar ek was te moeg om regtig aandag hieraan te gee.

Ek het nie geld nie. Niks. Nie 'n sent op my naam nie. Ek het besef dat ek iewers 'n los werkie sal moet kry. Nie een mens wat ek in my dae van oorvloed gehelp het, gaan my help nie. Dit is die rede hoekom ek by die kinderhuis gaan werk het, want hulle het 'n gratis bord kos gegee en 'n klein donasie vir die werkers. Ek het geen geld of kos gehad nie, dit beteken ek het geen keuse gehad nie.

Ek het die hoof van die kinderhuis ontmoet. Melissa ... 'n lang, skraal en mooi meisie, met groen oë wat eerder in die modewêreld hoort as hier.

Ek het elke dag teruggegaan om in die kombuis te werk en die skottelgoed te was. Elke dag voel ek ellendiger as die vorige dag, moeg na siel en liggaam. Ek sal nie vir lank hier kan werk nie, daar is geen kans vir vooruitgang nie en ek het sekuriteit so dringend nodig dat ek ander planne kan maak vir vorentoe. Die krotwoonbuurt is die eerste ding op my lysie wat moet verander.

Ek het vir Melissa dopgehou. Sy het altyd geglimlag as sy een van die kinders sien of met hulle 'n gesprek aanknoop. Sy het die kinderhuis haar roeping genoem - maar ek het haar nie geglo nie.

Een Saterdagaand, nadat ek al die skottelgoed gewas het en die kombuis aan die kant gemaak het, sit ek vir 'n wyle met haar en gesels. Ek wou by haar weet hoekom sy nie iets anders met haar lewe doen nie. Daar is 'n hele wêreld wat lê en wag vir jou talente. Hoekom is hierdie kinders só belangrik vir jou? Jy is 'n mooi mens, wat baie geld in die modewêreld kan maak. Hoekom kies jy hierdie plek om jou lewe weg te gooi? 

Na 'n paar oomblikke van stilte het sy die volgende gesê: "Elke mens maak op 'n stadium in sy lewe 'n keuse. Vir 'n loopbaan verdien jy 'n salaris, maar nie noodwendig geluk nie. 'n Roeping is die keuse wat jou gelukkig maak. Nie alles in die lewe gaan oor geld en roem nie."

Daardie aand het ek die grootste les geleer. Ek was ongelukkig, want ek het gedink dat geld geluk kan koop.

My lewe sal beter wees ... as ek ander se lewe beter kan maak!

[Lefa Mofokeng 2015]

Thursday, 8 February 2024

Try to please everybody, and you will please nobody


A merchant along with his son was going to the market on a donkey to sell his wares. On their way, a man passed by them and said, “How can they be so cruel to make the donkey carry both of them.” The merchant heard this and immediately alighted from the donkey, letting his son ride on it. Soon, he came across a group of men, who commented, “See how lazy is that boy, he is letting his father walk while he is riding.” The merchant immediately asked the boy to get off the donkey, and he got on.

They would have walked no further when he saw two women saying to each other that the merchant should feel ashamed to let the boy walked in the hot sun. The merchant got confused and asked the boy to get on the donkey while they went on town.

Later, passers-by scolded them saying they were abusing the donkey by riding on it. Frustrated, both the boy and merchant got off the donkey, cut down a pole, tied the donkey’s feet to the pole, and carried it on their shoulders. Seeing this, people started laughing.

While crossing a bridge, the donkey got one of his feet loose, kicked out, forcing the boy to drop his end of the pole. In the commotion, the donkey feels over the bridge and drowned, and they tied together with its forefeet. A wise man, who was watching all this said, “Try to please everybody, and you will please nobody.”

This life lesson teaches us that even if we encounter criticism that is unfair and spiteful, we should ignore it and do things the way we deem to be correct.

Thursday, 1 February 2024

True story: There are teachers, and then there are educators ...


According to a news report, a certain private school in Washington recently was faced with a unique problem. 

A number of 12-year-old girls were beginning to use lipstick and would put it on in the bathroom. That was fine, but after they put on their lipstick they would press their lips to the mirror leaving dozens of little lip prints. Every night, the maintenance man would remove them and the next day, the girls would put them back. 

Finally the principal decided that something had to be done. She called all the girls to the bathroom and met them there with the maintenance man. She explained that all these lip prints were causing a major problem for the custodian who had to clean the mirrors every night. To demonstrate how difficult it had been to clean the mirrors, she asked the maintenance man to show the girls how much effort was required. He took out a long-handled squeegee, dipped it in the toilet, and cleaned the mirror with it. Since then, there have been no lip prints on the mirror. 

There are teachers, and then there are educators ...

[Internet]

Monday, 22 January 2024

A very short story about four people


This is a very short story about four people named Everybody, Somebody, Anybody and Nobody. Everybody said Somebody would do it. Anybody could have done it, but Nobody did it. Somebody got angry about that because it was Everybody’s job. Everybody thought Anybody could do it but Nobody realised that Everybody wouldn’t do it. It ended up that Everybody blamed Somebody when Nobody did what Anybody could have done.

This is a story about four people named, Everybody, Somebody, Anybody, and Nobody. There was an important job to be done and Everybody was sure that Somebody would do it. Anybody could have done it, but Nobody did it. Somebody got angry about that, because it was Everybody’s job. Everybody thought Anybody could do it, but Nobody realized that Everybody wouldn’t do it. It ended up that Everybody blamed Somebody when Nobody did what Anybody could have. 
(Author Unknown)        

Wednesday, 25 October 2023

Die pop en die wit roos


Ek was besig om inkopies te doen in die supermark toe ek sien hoe een van die kassiere aan ’n klein seuntjie sy geld teruggee. Die seun kon nie meer as vyf of ses jaar oud wees nie. 

Die kassier het gesê: “Ek is jammer seun, maar jy het nie genoeg geld om die pop te koop nie.”

Toe draai die seun na die ou dame wat langs hom staan en vra: “Ouma, is jy seker ek het nie genoeg geld om vir die pop te betaal nie?” Die ou dame antwoord: “Jy weet jy het nie genoeg geld om die pop te koop nie, my skat.”

Sy vra die seun om daar vir haar te wag vir ’n wyle want daar is nog ’n paar goedjies wat sy moes kry. Sy is haastig daar weg, terwyl sy met haar hand oor haar wang vee.

Die jong seun het steeds die pop in sy hande vasgehou. Ek kon myself nie keer nie en stap na hom en vra vir wie wil hy so graag die pop gee. 

“Dis die pop wat my suster die meeste begeer het en sy wou dit graag vir haar verjaardag gehad het. Sy was seker sy sou dit die jaar met haar verjaardag kry.” 

Ek antwoord toe dat miskien sal mamma en pappa dit dalk nog vir haar die jaar met haar verjaardag gee. 

Maar hy antwoord my met ’n groot hartseer in sy stem: ”Nee, pappa sal nie die pop vir haar kan gee daar waar sy nou is nie. Ek moet die pop vir my mamma gee sodat sy dit vir my sussie kan gee wanneer sy soontoe gaan.”

Sy ogies skiet vol trane terwyl hy my vertel. “My sussie is weg om saam met Liewe Jesus te wees. Pappa sê dat mamma ook binnekort na Liewe Jesus toe sal gaan, so ek het gedink dat sy die pop saam kan neem om vir my sussie te gee. Pappa kan my nie kom help met die pop nie, want hy is die hele tyd langs mamma se bed.” 

My hart het ineen gekrimp en amper gaan staan. Die klein seuntjie kyk op na my en sê: “Ek het vir pappa gesê dat hy vir mamma moet sê dat sy nie nou dadelik moet gaan nie. Sy moet so bietjie wag totdat ek terugkom van die supermark af.”

Hy wys my toe ’n baie mooi foto van homself waar hy uitbundig lag. Hy vertel my toe: “Ek wil hê mamma moet die foto van my saamneem sodat sy my nooit sal vergeet nie. Ek is lief vir my mamma en ek wens dat dit nie nodig was dat sy moet gaan en my agterlaat nie, maar pappa sê dat sy moet gaan om saam met sussie te wees.” Hy kyk weer af na die pop in sy hande met hartseer oë vol trane.

Ek haal vinnig my beursie uit en sê vir die seun: “Kom ons kyk weer na jou geldjies, net ingeval jy dalk genoeg het vir die pop?” 

“OK,” sê hy. “Ek hoop ek het genoeg.” 

Ek het van my geld bygelas sonder dat hy dit opmerk en ons begin te tel. Daar was genoeg vir die pop en ook nog bietjie kleingeld. Die klein seuntjie sê: “Dankie, Liewe Jesus, dat U aan my genoeg geld gegee het!” Hy kyk toe na my en voeg by: “Ek het laas nag voordat ek gaan slaap vir Liewe Jesus gevra om seker te maak dat ek genoeg geld sal hê om die pop te koop sodat mamma dit vir my sussie kan saamneem. Hy het na my geluister!” “Ek wou ook nog ’n ekstra geldjie gehad het om vir mamma ’n wit roos te koop, maar ek het nie gewaag om te veel van Liewe Jesus te vra nie. Maar Hy het my genoeg gegee om die pop te koop en ’n wit roos vir mamma. My mamma is baie lief vir wit rose.”

’n Paar minute later het die ou dame terug gekeer en ek is daar weg met my inkopiemandjie. Ek het my inkopies klaargemaak in ’n heeltemal ander gemoedstoestand as dit waarmee ek begin het. Ek kon nie die klein seuntjie uit my gedagtes kry nie. Toe onthou ek van die artikel in die plaaslike koerant, so twee dae gelede, wat melding gemaak het van die dronk bestuurder in sy vragmotor wat die motor getref het waarin ’n jong vrou en haar dogter was. Die klein dogtertjie is opslag dood en die moeder was in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Sy was gekoppel aan ’n hart- longmasjien en was in ’n koma. Daar was nie veel hoop vir haar gewees nie.

Was dit dalk die familie van die jong seun?

Twee dae na my ontmoeting met die seun in die supermark, lees ek in die koerant dat die jong vroutjie oorlede is. Ek kon myself nie keer toe ek ’n groot bos wit rose koop en na die kapel neem waar die roudiens vir die jong vroutjie sou plaasvind nie. Sy het so vreedsaam gelyk terwyl sy die mooiste wit roos in haar hand het met die foto van die jong seun en die pop wat op haar bors geplaas is.

Ek is daar weg met trane wat kort-kort opwel en ’n gevoel dat my lewe vir ewig verander het. Die liefde wat die klein seuntjie vir sy moeder en sussie gehad het, is tot vandag toe, ingeëts in my geheue.

Die waarde van ’n man of vrou is geleë in wat hy of sy gee en nie wat hul in staat is om te ontvang nie!

[Onbekend]

Tuesday, 22 August 2023

A man finds a wallet with R700 in it

A man found a wallet with R700 in it. However, after returning it to the owner, he was accused of stealing 50 rand. 

A man named Steven found a wallet with R700 in it. Some days later, he saw a notice stating that a rich man had lost his wallet and was willing to offer R50 to anyone who returned it.

Steven soon returned it to Henry, the wallet owner who counted the money and accused the man of taking the reward already. According to him, the wallet had R750 when he lost it.

This caused an argument between the two men. Eventually, they headed to court to sort out their differences. They both presented their case before a magistrate judge, with Henry accusing Steven of stealing R50 from the wallet.

Henry concluded by asking the judge to believe his claims, and in response, the judge replied, saying he believed him, leaving Steven devastated.

The judge asked to see the wallet. He then took the wallet from the rich man and handed it to Steven. Confused, Henry asked the judge what he was doing.

The judge looked at the rich man and explained that even though he believes what he said about having R750 in his wallet, the claims would affect his final judgment.

He continued by saying if Henry insists that he had R750 in his wallet, the missing wallet Steven returned must belong to somebody else.

The magistrate also said if Steven was a liar and thief like Henry claimed, he would not have returned the wallet to him in the first place.

By now, Henry was getting agitated by the judge’s approach to the matter. Still, he listened keenly, wondering what would happen next. He hoped the magistrate would rule in his favor.

The judge called Henry and Steven to come closer to him before giving his judgment. The two men were undoubtedly anxious to know their fate.

With both men standing in front of him, the magistrate explained that if the wallet did not belong to Henry, Steven would have to keep the wallet until the actual owner steps forward.

Disappointed by the judgment, Henry asked what would happen to his money. The judge looked at him and sarcastically replied saying:

“Well, we’ll just have to wait until somebody finds your wallet with the R750 in it.”

Tuesday, 8 September 2020

International Literacy day

Each year September 8th marks UNESCO’s International Literacy day, raising awareness globally on the issues surrounding adult and child literacy.

First held in 1966 and now part of the UN’s sustainable development goals program adopted in 2015, International Literacy day highlights the changes and improvements being made worldwide in literacy development.

UNESCO has been central to improving global literacy since 1946 and promotes International Literacy day in partnership with governments, charities, local communities and experts in the field worldwide. Using themes and programs the day aims to turn attention on literacy in all its forms in a changing world. Recognising literacy encompasses more than the written word in societies today the theme for 2017 was Literacy in the Digital World’.

International Literacy Day is a day to remind world leaders, influencers and the general public of the current status of adult literacy and learning.